Inside Collection (Course): Kuns en Kultuur Graad 4
Nadat jy opgewarm het, is jy gereed om te begin met die volgende aktiwiteit – die pragtige kuns van Ballet.
Ballet is ‘n kunsvorm wat baie mooi, ekspressief en dramaties kan wees. Dit het sy oorsprong aan die Italiaanse howe in die 15de eeu gehad. Die prinse het skouspele opgevoer wat poësie, musiek, sang en dans ingesluit het. Ballet het ontwikkel tot ‘n aparte dansvorm en vasgestelde passies en professionele balletdansers het te voorskyn gekom in die 17de eeu. Koning Lodewyk XIV van Frankryk was baie lief vir dans en Frankryk het die middelpunt van ballet geword. Dit is waarom die ballettaal vandag nog Frans is.
Soek prente van balletdansers en bring dit na die klas.
Soek balletmusiek en bring dit na die klas, bv. Tchaikovsky.
Vors die styl van die dansvorms, kostuums en musiek na.
Skryf jou notas hier neer.
…………………………………………………………………………………………..
…………………………………………………………………………………………..
…………………………………………………………………………………………..
…………………………………………………………………………………………..
…………………………………………………………………………………………..
…………………………………………………………………………………………..
…………………………………………………………………………………………..
…………………………………………………………………………………………..
Vergelyk ballet met ander vorms van dans, bv. Afrika-, Indiese en moderne danse, Jazz, ens.
…………………………………………………………………………………………..
…………………………………………………………………………………………..
…………………………………………………………………………………………..
…………………………………………………………………………………………..
…………………………………………………………………………………………..
Elke nuwe oefening en passie wat jy leer, sluit die basiese balletposisies in. Alle dansers, selfs die beste, gebruik hierdie posisies elke dag.
![]() |
![]() |
![]() |
Pliés (om te buig) en relevés (om te lig) is die eerste bewegings wat ‘n balletdanser leer. Dit is ook die fondament waarop omtrent elke beweging in ballet gebou is.
![]() |
![]() |
Ballet is ‘n kuns wat geweldige eise aan jou liggaam stel. Om te dans, moet jy soepel, sterk en goed gekoördineerd wees. Jy moet kan spring en jou bene kan uitdraai sodat jy jouself maklik kan lig. Onthou, ballet is ‘n kunsvorm. Wanneer jy buig of enige ander oefening doen, probeer dink hoe dit jou sal help as jy dans.
![]() |
![]() |
Spronge is ‘n opwindende deel van die oefening. Jou spronge kan wissel in hoogte en spoed. Jy kan op een plek spring en land of in ‘n bepaalde rigting beweeg wanneer jy spring. Jy moet egter sterk en kragtig wees wanneer jy spring.
LEERUITKOMS 2:REFLEKSIEDie leerder kan krities en skeppend op kuns- en kultuurprosesse, -produkte en -style in vergange, asook huidige kontekste reflekteer.
Assesseringstandaard
Dis duidelik wanneer die leerder:
2.1 gepaste woorde gebruik om eie danse te beskryf wat in die klas ontwikkel word of uit die gemeenskap kom en wat met die benutting van ruimte, kostuum, musiek en rekwisiete te make het.