VISUELE KUNS
Aktiwiteit 1 (individueel)
Om vooroordeel en stereotipering in die massa-media te herken
STAP 1
Kyk na die illustrasie op die volgende bladsy.
STAP 2
Voltooi die prent sodat die hele raam gevul is. Enige medium, en selfs kleurbyvoeging, kan gebruik word. Wanneer jy klaar is, skryf ‘n gepaste opskrif om betekenis aan die voltooide prent te gee.
STAP 3
Die onderwyser gaan nou vir julle wys hoe die oorspronklike prent en opskrif lyk.
STAP 4
Vergelyk dit met jou interpretasie en beantwoord die volgende vrae:
![]() |
Aktiwiteit 2 (individueel)
Om ‘n verband tussen advertensies en geslagsaspekte te ondersoek
Plak ‘n advertensie in julle joernale. Die advertensie moet òf op mans/seuns òf op vrouens/meisies gemik wees en moet ten minste een foto bevat. Beantwoord dan die volgende vrae:
Aktiwiteit 3 (groepwerk)
Om voorbeelde van stereotipering te identifiseer
Inleiding: Wanneer ons onsself nie aanvaar nie, kan dit tot ernstige probleme lei. Om so gespierd soos Arnold te wees of so slank soos Naomi kan ons in die moeilikheid laat beland as ons liggaamstipe nie by hierdie beelde aanpas nie. Maar stereotipering is baie meer subtiel as spiere en liggaamsmassa. Die beelde wat in die media van mans en vroue voorgehou word, projekteer ook hulle eie sielkundige misterie. Namate ons grootword, beïnvloed ons kultuur ons deur sulke beelde, gewoonlik sonder dat ons dit agterkom. Dus gaan daar gekyk word na wat dit in ons gemeenskap beteken om soos ‘n man of soos ‘n dame op te tree.
Beantwoord eers die volgende:
Die onderwyser gaan voor in die klas twee groot velle ongedrukte koerantpapier vasplak. Die een se opskrif is: OM SOOS ‘N MAN OP TE TREE en die ander: OM ‘N DAME TE WEES.
Wat beteken dit om soos ‘n man op te tree? Watter woorde of verwagtinge kom by julle op? Sê vir die onderwyser sodat dit op die vel papier geskryf kan word. Hierdie beskrywing sal dan dien as die ‘om soos ‘n man op te tree’- stereotipe. Die binnekant van die vel papier sal dui op die gesindhede en gedragskodes wat deur die samelewing van seuns verwag word om aan te neem gedurende die grootwordproses.
Nou kan dieselfde proses met die tweede vel papier herhaal word wanneer daar gekyk word na wat dit beteken om soos ‘n dame op te tree.
Waar leer ons hierdie geslagsrolle? Watter mense leer vir ons hierdie stereotipes? Watter rol speel die vermaaklikheidswêreld, sport en die media? Gee voorbeelde van televisieprogramme of films.
Die onderwyser sal hierdie voorbeelde buitekant die rame skryf.
Watter name word seuns en meisies genoem wat nie aan hierdie norme voldoen nie?
Vrae om te beantwoord:
ONTHOU: Dit is nie verkeerd van seuns om van sport te hou, of van dogters om te hou van kook nie. Die probleem is dat ons voorgesê word om hierdie rolle aan te neem om sodoende in te pas in die samelewing. (Dink byvoorbeeld aan loopbaankeuses vir seuns en dogters.) Dit is egter belangrik vir elke persoon om self te besluit wat om te doen en hoe om op te tree!
Aktiwiteit 4 (individueel/groepwerk)
Om voorbeelde van diskriminasie in die media uit te wys
Inleiding: Noem voorbeelde van die media en maak ‘n lys.
Tref nou ‘n vergelyking tussen die advertensie wat julle in Aktiwiteit 4.1 ontleed het en die inligting op die velle papier oor die geslagsrolle se stereotipering.
Kyk dan, nadat julle in groepe verdeel is, na mekaar se advertensies en stereotipering-vergelyking en beantwoord die volgende vrae:
Kies een persoon in die groep om terug te rapporteer aan die klas.
Elke groep moet nou ‘n collage van foto’s saamstel wat ‘n nuwe mans- of vroue-produk adverteer.
| Leeruitkomstes(LUs) |
| LU 4 |
| skepping, interpretasie en aanbiedingDie leerder is in staat om werk in elk van die kunsvorme te skep, te interpreteer en aan te bied. |
| Assesseringstandaarde(ASe) |
| Dit is duidelik wanneer die leerder: |
| MUSIEK |
| 4.5 geslags- en/of kulturele stereotipering in lirieke en die gebruik van instrumente in die verlede en die hede kan identifiseer en verduidelik; |
| DRAMA |
| 4.3 stereotipering volgens ouderdom, geslag, klas en kultuur in stories, teater, film, op televisie en oor die radio in die verlede en die hede kan identifiseer; en |
| 4.4 ‘n kort skets of toneeltjie kan ontwikkel om die probleme van stereotipering, diskriminasie en vooroordeel in die skool of plaaslike gemeenskap te beklemtoon; |
| DANS |
| 4.1 anders geskikte mense en inklusiwiteit in dans verstaan en daaroor kan praat; |
| 4.2 die rolle tradisioneel aan verskillende geslagte in dans toegeken, kan debatteer deur verskillende oogpunte te herken en uit te druk; |
| VISUELE KUNS |
| 4.6 kommunikasie binne die verskillende vorms van massa-media kan sien en analiseer en ooglopende en versteekte boodskappe, vooroordele, stereotipering of propaganda kan identifiseer. |
![]() |