Skip to content Skip to navigation

Connexions

You are here: Home » Content » Dans: Opwarming

Navigation

Lenses

What is a lens?

Definition of a lens

Lenses

A lens is a custom view of the content in the repository. You can think of it as a fancy kind of list that will let you see content through the eyes of organizations and people you trust.

What is in a lens?

Lens makers point to materials (modules and collections), creating a guide that includes their own comments and descriptive tags about the content.

Who can create a lens?

Any individual member, a community, or a respected organization.

What are tags? tag icon

Tags are descriptors added by lens makers to help label content, attaching a vocabulary that is meaningful in the context of the lens.

This content is ...

In these lenses

  • GETIntPhaseAC display tagshide tags

    This module is included inLens: Siyavula: Arts & Culture (Gr. 4-6)
    By: Siyavula

    Review Status: In Review

    Click the "GETIntPhaseAC" link to see all content selected in this lens.

    Click the tag icon tag icon to display tags associated with this content.

Recently Viewed

This feature requires Javascript to be enabled.

Tags

(What is a tag?)

These tags come from the endorsement, affiliation, and other lenses that include this content.
 

Dans: Opwarming

Module by: Siyavula Uploaders. E-mail the author

KUNS EN KULTUUR

Graad 4

SKEPPING, INTERPRETASIE EN AANBIEDING

Module 23

DANS: OPWARMING

Dans

Voordat jy enige van die aktiwiteite kan doen, moet jy jou liggaam opwarm. Die opwarmingsoefening sal verhoed dat jy gedurende die danse seerkry en sal die aktiwiteite makliker maak om uit te voer.

Aktiwiteit 1

Om op te warm en vaardigheid te ontwikkel [LU 1.1]

Dit sal makliker en meer pret wees as jy die opwarming met musiek doen. Moenie musiek kies wat te vinnig is nie.

Voorbereiding - staan met jou voete heupwydte van mekaar af, voete wys vorentoe, arms af.

  • Dit is belangrik om jou liggaamslyn te behou om die spesifieke spiere wat opgewarm word te isoleer.
  • Korrekte liggaamslyne sal beserings verhoed.
  • Beweeg slegs die liggaamsdele en spiere soos voorgeskryf.

Asemhalingsoefening

  • Haal asem in deur die neus vir vier tellings en lig die arms geleidelik sywaarts op.
  • Strek jou ruggraat.
  • Asem uit deur jou mond vir vier tellings en laat sak jou arms geleidelik.
  • Herhaal asemhalingsoefening.
  • Staan met jou voete heupwydte van mekaar af – knieë effens gebuig – arms af langs jou sye.

Kop- en nek - isolasies

  • Staan met jou voete heupwydte van mekaar af, voete vorentoe, arm langs sye.
  • Laat sak jou kop en beweeg dit dan van, kant tot kant (herhaal agt keer).
  • Maak halfsirkels met jou kop van regs na links, dan links na regs (herhaal agt keer):
  • moenie enige ander deel van jou liggaam beweeg nie.
  • hou voete stewig op die vloer.
  • moenie jou knieë sluit nie.

Figuur 1
Figuur 1 (graphics1.png)

Skouer -isolasies

  • Lig jou regterskouer, sak, lig dan jou linkerskouer, sak (herhaal agt keer).
  • Draai regterskouer, dan linkerskouer (herhaal agt keer).
  • Kombineer kop- en skoueroefeninge:
  • kop op, af, regs, links, draai
  • skouers op, af, draai
  • herhaal agt keer
  • Hou die res van jou liggaam stil.
  • Probeer jou skouers so hoog as moontlik oplig sodat die strek effektief kan wees.
  • Moenie jou kop beweeg nie; kyk vorentoe.
Figuur 2
Figuur 2 (graphics2.png)

Armopwarming

  • Voorbereiding: staan met jou voete heupwydte van mekaar af – arms langs sye – moenie jou knieë sluit nie – skouers vierkantig vorentoe – trek maagspiere in – hou boude in:
  • ons gaan slegs die arms opwarm – moenie enige ander deel van jou liggaam beweeg nie;
  • beheer die beweging van jou arms.
  • Lig reguit arms op na die kante – skouerhoogte – en laat sak arms (herhaal agt keer).
  • Lig arms reguit voor op – skouerhoogte – laat sak arms (herhaal agt keer).
  • Kombineer armbewegings (herhaal agt keer).

Figuur 3
Figuur 3 (graphics3.png)

  • Buig arms by die elmboog – vorentoe – en sak (herhaal agt keer).
  • Lig arms vorentoe op – buig arms by die elmboë en maak arms reguit (herhaal agt keer).
  • Kombineer armbewegings (herhaal agt keer).
Figuur 4
Figuur 4 (graphics4.png)
Figuur 5
Figuur 5 (graphics5.png)

Bolyfopwarming

  • Voorbereiding: staan regop – arms langs sye – knieë effens gebuig –maag in – boude in
  • Maak seker jou heupe wys vorentoe.
  • Moenie jou bene of heupe beweeg nie.
  • Hou jou voete stewig op die vloer.

Buig jou bolyf na die regterkant – kyk vorentoe (herhaal agt keer).

Figuur 6
Figuur 6 (graphics6.png)

  • Buig bolyf na links – kyk vorentoe (herhaal agt keer).
  • Swaai jou bolyf van regs na links – begin beweging regop en beweeg afwaarts in ‘n semi-sirkel – eindig weer regop links. (herhaal agt keer):
  • beheer jou swaaie.
  • hou jou balans.

Heupopwarming

  • Voorbereiding: staan regop – voete heupwydte van mekaar af – hande op jou heupe:
  • isoleer jou heupe.
  • moenie enige ander deel van jou liggaam beweeg nie.
  • hou bene en voete stil.
  • Druk jou regterheup uit na die kant.
  • Druk jou linkerheup uit na die kant.
  • Herhaal agt keer.
  • Roteer jou heupe van links na regs – volle sirkel (herhaal agt keer).
  • Roteer jou heupe van regs na links – volle sirkel (herhaal agt keer).
Figuur 7
Figuur 7 (graphics7.png)

Beenopwarming

  • Stap op die plek in tyd met die musiek vir agt mate.
  • Stap vorentoe vir vier mate.
  • Stap agtertoe vir vier mate.
  • Herhaal agt keer.
  • Voeg beheerde armbewegings by soos uitgevoer in die armopwarming.
  • Herhaal agt keer.

Quadricepsopwarming

  • Bly op een plek en lig jou knieë om die beurt op en af.
    Figuur 8
    Figuur 8 (graphics8.png)
  • Herhaal agt keer:
  • hou jou hande op jou heupe.
  • hou jou maag in.
  • hou jou liggaam regop.

Hampeesopwarming

  • Tree na die regterkant – kyk vorentoe – lig linkerbeen op agter jou – buig jou knie.
  • Tree na links – kyk vorentoe – lig jou regterbeen op agter jou – buig jou knie.
  • Herhaal agt keer.
  • Moenie vorentoe leun wanneer jy jou been agtertoe oplig nie.
  • Hou jou liggaam te alle tye reguit.

Boudopwarming (Gluteus Maximus):

  • Voorbereiding. Staan met jou voete heupwydte van mekaar af – arms langs sye.
  • Buig jou knieë – druk jou boude uit na agter en leen effens vorentoe – lig jou arms vorentoe op.
  • Maak jou bene reguit.
  • Herhaal agt keer.
  • Maak seker dat jou knieë in lyn is met jou tone wanneer jy jou bene buig.
  • Hou jou hakke op die vloer.
  • Moenie jou rug krom maak nie – hou jou rug reguit wanneer jy vorentoe leun.
  • Hou jou kop in lyn met jou ruggraat.
Figuur 9
Figuur 9 (graphics9.png)

Spronge:

  • Voorbereiding: druk met jou hele voet, veral jou hakke, op die vloer.
  • Dit sal jou die krag gee om in die lug te spring.
  • Strek jou bene en voete.
  • Hou jou skouers oop en vierkantig.
  • Hou jou liggaam regop.
  • Gebruik elke spier in die sool van jou voet.
  • Werk van die hakke deur na die tone.
  • Wanneer jy land moet jou tone eerste die grond raak.
  • Sit stadig jou voet geleidelik neer totdat jou hak die grond raak.
  • Buig jou knieë wanneer jy land.
  • Spring vanaf twee voete.
  • Buig knieë voordat jy spring.
  • Maak knieë reguit soos jy opspring.
  • Kom af op altwee voete met gebuigde knieë.
  • Spring vorentoe, agtertoe, links, regs.
  • Spring op die maat van die musiek.
  • Spring van een voet na die ander.
  • Kombinasie:
  • spring vier keer op altwee voete
  • spring twee keer op die regtervoet
  • spring twee keer op die linkervoet
  • spring vorentoe op alternatiewe voete (vier keer)
  • spring agtertoe op al twee voete (vier keer)
  • herhaal kombinasie agt keer
Figuur 10
Figuur 10 (graphics10.png)

Voetopwarming:

  • Voorbereiding: staan met voete heupwydte van mekaar af – liggaam regop –arms langs sye.
  • Lig jou hakke stadig en laat sak (herhaal agt keer).
  • Lig jou tone – hakke op die vloer – en laat sak (herhaal agt keer).
  • Kombineer toon- en hakoefeninge om die beurt agt keer.
  • Hou liggaam regop te alle tye.
  • Hou jou balans.
  • Hou jou kop op en kyk vorentoe – moenie afkyk nie, anders gaan jy vorentoe val!

Figuur 11
Figuur 11 (graphics11.png)

Assessering

LEERUITKOMS 1: SKEPPING, INTERPRETERING EN PRESENTERING

Die leerder kan in elk van die kunsvorme skep, interpreteer en werk presenteer.

Assesseringstandaard

Dis duidelik wanneer die leerder:

  • by die voorbereiding van die liggaam, met die leiding van die opvoeder opwarmings- en vaardigheidsontwikkelingsbewegings kan uitvoer, met die klem op die veilige gebruik van die liggaam, byvoorbeeld:
  • by buigings die knieë in lyn bokant die tone;
  • artikulering van die voete (toon-hakskeen-buiging) en kniebuiging by landing na ‘n sprong;
  • goeie houding deurgaans.

Content actions

Download module as:

Add module to:

My Favorites (?)

'My Favorites' is a special kind of lens which you can use to bookmark modules and collections. 'My Favorites' can only be seen by you, and collections saved in 'My Favorites' can remember the last module you were on. You need an account to use 'My Favorites'.

| A lens I own (?)

Definition of a lens

Lenses

A lens is a custom view of the content in the repository. You can think of it as a fancy kind of list that will let you see content through the eyes of organizations and people you trust.

What is in a lens?

Lens makers point to materials (modules and collections), creating a guide that includes their own comments and descriptive tags about the content.

Who can create a lens?

Any individual member, a community, or a respected organization.

What are tags? tag icon

Tags are descriptors added by lens makers to help label content, attaching a vocabulary that is meaningful in the context of the lens.

| External bookmarks