KUNS EN KULTUUR
Graad 4
SKEPPING, INTERPRETASIE EN AANBIEDING
Module 26
MUSIEK: JOU EIE MUSIEK
JOU EIE MUSIEK
Aktiwiteit 1
Om jou eie instrumente te maak [LU 1.8]
![]() |
Wat word van my verwag?
Die eindproduk moet klank kan produseer (maak), anders is dit nie ‘n instrument nie!
Gebruik enige beskikbare of afvalprodukte – blikke, stokkies, papierborde, klippe, leë toiletrolle, skulpies, koeldrankdoppies, koperpypies, droë bone en spykers is maar enkele voorbeelde!
MOET NIE ENIGIETS AANKOOP NIE.
Eksperimenteer met KLANK:
Watter tegnieke kan ek gebruik?
(skud, kap, skraap, ens.)
Hoe kan ek die klank verander? (hoog/laag; hard/sag; helder/gedemp)
Voorbeeld 1
![]() |
Gebruik twee potlode as ritmestokkies. Tik die potlode/stokkies teen mekaar en maak jou eie afleiding van hoe die klank verander.
Sal dikker stokkies dieselfde klink as dunner stokkies? ....................................
Hoe verskil die klank? ........................................................................................
Sal die klank verander as jy die stokkie op verskillende plekke tik? ..................
Hoe verskil die klank as jy dit op die punt tik teenoor wanneer jy dit in die middel tik?
............................................................................................................................
Voorbeeld 2
![]() |
‘n Leë blikkie met plastiek deksel
Hoe kan jy die blikkie gebruik as die volgende instrumente?
Trom.................................................................................................................
Marakka...........................................................................................................
Hoe kan jy die klank verander by elk van hierdie instrumente?
Marakka ............................................................................................................
Trom .................................................................................................................
Nog moontlikhede:
![]() |
Kyk om jou rond! Wat kan gebruik word om klank mee te produseer?
Jy kan bykans elke voorwerp waaraan jy raak, gebruik!
Wees oorspronklik!
Aktiwiteit 2
Om te onderskei tussen klank en stilte [LU 1.6, 1.7]
Die opvoeder sal naamspeletjies met julle speel.
Voltooi die volgende deur jou naam daarna in Morsekode by te voeg.
| Wat is jou naam.▬ ▬▬▬▬ | is my naam.4 |
As ons ‘n noot met stilte vervang, noem ons dit ‘n .
| Voltooi: | ||
| Skryf die note oor in Morsekode: | Wat word die note genoem: | |
|
||
|
||
|
||
Aktiwiteit 3
Om te onderskei tussen hoog en laag [LU 1.7, 1.9]
Toonhoogte beteken hoe hoog of laag ‘n noot is
Voltooi die volgende:
| Jan is my naam.▬ ▬▬▬▬ | Wat is jou naam ? |
Skryf nou jou naam neer soos wat dit gesê word – onderskei tussen hoog en laag:
Voorbeeld:
| Ger – da ▬ ▬ | of | Ger – da▬ ▬ | of | Ger – da ▬ ▬ |
...............................................................................................................
Speletjie :
Plak hier die twee patrone wat jy moet oefen en voordra:
Skryf jou eie patroon neer in Morsekode of notasie
Aktiwiteit 4
Om ‘n klankstuk te skep [LU 1.6, 1.7, 1.9]
Lees die volgende volksverhaal uit Nigerië:
Die storie van Donderweer en Weerlig
![]() |
Lank gelede het Donderweer en Weerlig op die aarde tussen die mense gewoon. Donderweer en Weerlig was skape. Donderweer was die ma en Weerlig, haar seun, ‘n ram.
Hierdie twee diere was nie gewild onder die mense nie, aangesien Weerlig graag skoor gesoek het met die mense. Sodra hulle hom teengaan, het hy kwaad geword en alles afgebrand wat voor hom kom, selfs hutte en groot bome.Hy het dikwels die oeste op die plase vernietig en soms is selfs mense wat in sy pad gestaan het, ook so gestraf.
Wanneer Donderweer agtergekom het dat Weerlig hom so gedra, het sy so hard as wat sy kon op hom geskree – dit was baie, baie, baie hard! Die bure was natuurlik elke keer erg ontsteld: eerstens oor die skade wat deur Weerlig veroorsaak is en tweedens oor die ondraaglike lawaai van sy ma wat altyd op sy uitbarstings gevolg het.
Die inwoners van die dorp het gereeld by die koning gekla, totdat hy die twee uiteindelik weggestuur het na die uithoeke van die dorp met die opdrag dat hulle nie meer met die inwoners van die dorp kontak mag hê nie.
Dit het egter nie gehelp nie, aangesien Weerlig nog steeds die mense kon sien rondloop in die dorp se strate en so kon aanhou skoor soek.
Die koning het die twee weer ontbied en vir hulle gesê:
“Ek het julle baie kanse op ‘n beter lewe gegee, maar ek kan sien dat dit tevergeefs is. Julle sal van nou af weggaan uit ons dorpie en in die wildernis gaan bly. Ons wil julle nooit weer hier sien nie!”
Donderweer en Weerlig kon nie anders as om die koning te gehoorsaam nie en berus in die koning se beslissing. Hulle het wel die dorpie verlaat , maar hulle was kwaad vir die inwoners.
Daar het egter nog baie moeilikheid op die inwoners van die dorp gewag!
Weerlig was so kwaad omdat hy verban is, dat hy die hele bos aan die brand gesteek het. Aangesien dit baie droog was, het die vlamme versprei na die naburige klein plasies en selfs tot by sommige hutte. Die mense het weer eens gewanhoop. Hulle het die ma se magtige stem gehoor in haar poging om hom te keer, maar soos altyd was dit te laat, aangesien die skade reeds aangerig is.
Die koning het al sy raadslede bymekaar geroep en hulle raad gevra. Na ‘n lang debat het hulle uiteindelik op ‘n idee besluit. Hulle sou vir Donderweer en Weerlig heeltemal van die aarde af verban. Die twee moes bo in die hemelruim gaan woon. Die koning het dit dan ook so aan hulle bekend gemaak.
Donderweer en Weerlig is weggestuur om in die hemelruim te gaan woon waar hulle nie meer skade aan die mense kon aanrig nie. Of so het die mense gehoop! Maar dinge het nie heeltemal so uitgewerk nie.
Weerlig verloor nog steeds sy humeur van tyd tot tyd en kan dit nie weerstaan om vuur af aarde toe te stuur nie. Dan kan jy hoor hoe sy ma hom berispe met ‘n harde gerommel.
Die klas verdeel in vier groepe: elke groep word deur ‘n spesifieke simbool verteenwoordig. Dui aan in watter groep jy is.
Donderweer
Weerlig en vuur
My patroon:
...................................................................................................................................
Gebruik nou die simbole om die verhaal te vertel.
Sodra julle die verhaal in musiek ken, kan julle weer die verhaal lees en besluit waar julle hard of sag moet speel. Hoe verder Donderweer en Weerlig weg gestuur word, hoe sagter sal die klank wees; hoe kwater die mense raak hoe harder sal die klank wees! Maak gebruik van die afkortings wat hieronder gegee word en voeg dit by.
![]() |
pp = baie sag
ff = baie hard
mp = matig sag
mf = matig hard
Assessering
LEERUITKOMS 1:SKEPPING, INTERPRETERING EN PRESENTERINGDie leerder kan in elk van die kunsvorme skep, interpreteer en werk presenteer.
Assesseringstandaard
Dis duidelik wanneer die leerder:
1.6 die stem, liggaam, klank voorwerpe en self vervaardigde instrumente gebruik om klank en stilte te ondersoek wat verband hou met stap, hardloop en huppel nootwaardes, en sodoende ritmes ondersoek en klankstukke skep;
1.7 ‘n kort ritmiese patroon bestaande uit kwartnote, kwartruste, halfnote en halfruste kan komponeer en voordra m.b.v. liggaamsperkussie;
1.9 die stem, klank voorwerpe en natuurlike instrumente gebruik om melodieë te skep en aan te bied wat verskille in toonhoogte en nootwaardes demonstreer.