VISUELE KUNS
Die woord POPULÊR kom van die Latynse woord ‘popularis’ en beteken ‘wat aan die mense behoort’. Gedurende die twintigste eeu is populêre musiek en kuns egter verkort na popmusiek en popkuns.
Populêre kultuur is wat elke dag om ons gebeur – of dit nou klere, films, musiek of motors is, dit is alles deel van populêre kultuur. Dit maak nie saak waar jy gaan of wat jy doen nie, jy sien oral om jou wat populêr is: handelsname van klere, titels van films en advertensies wat jou gunsteling televisieprogramme of eetgoed wys. Populêre kultuur verteenwoordig ook die jongste style en giere waarvan tieners hou. Aangesien populêre kultuur met massaproduksie gepaard gaan, bepaal die massamedia en die algemene koperspubliek wat populêr is. Dit is hoekom populêre kultuur met verloop van tyd verander.
Die media, soos televisie, radio en tydskrifte, bombardeer die publiek met advertensies vir nuwe produkte wat almal laat dink dat ‘n sekere produk wonderlik is. Tieners koop gewoonlik eerste die nuwe CD-vrystellings, terwyl invloedryke en beroemde mense modegiere of gewilde liedjies skep, en ons verslaaf maak aan hulle televisieprogramme of films. So het elkeen byvoorbeeld ‘n gunsteling musiek- of sportster, model of akteur. Groot maatskappye plaas sekere mense in die kollig met geld wat deur daardie selfde publiek verskaf word. Al bogenoemde faktore skep saam ‘n populêre kultuur.
STAP 1
VOORBEELDE VAN MY POPULÊRE KULTUUR
| VERMAAK | MODE | KOS | LEWENS-STYL | MUSIEK | UITHANG-PLEKKE | SPORT |
STAP 2
Artefakte is voorwerpe wat deur die mens gemaak is, byvoorbeeld wapens, gereedskap, kleding, juweliersware, maskers en houers vir kos, water, ensovoorts. In argeologie verskaf artefakte belangrike leidrade tot die ontrafeling van die menslike evolusie, ekologiese toestande, asook prehistoriese beskawings. Van die oudste artefakte is ruwe klipimplemente wat tot drie miljoen jaar terug dateer.
Artefakte is dus mensgemaakte voorwerpe wat in die verlede gemaak is, maar in die hede behoue gebly het en as verteenwoordigend van sekere kulture gesien kan word. Tot so ver terug as 50 000 jaar gelede is hierdie vorm van kuns gebruik tydens rituele en seremonies waar daar byvoorbeeld van die geeste suksesvolle jagtogte gevra is. Wat ons vandag as antieke artefakte beskou, was vir daardie kulture alledaagse gebruiksvoorwerpe vir oorlewing en is beslis nie beskou as antiek of ‘n vorm van kuns nie.
Elke dag word nuwe artefakte geskep. Dink byvoorbeeld aan borde met Charles en Diana se gesigte daarop, foto’s en plaatomslae van die Beatles, klere wat deur Madonna op die verhoog gedra is, namaaksels en nuwe skeppings van Afrika-kuns, ensovoorts.
![]() |
Antieke artefakte
| WAPENS | GEREEDSKAP | KLEDING | JUWELIERS-WARE | MASKERS | HOUERS |
Moderne artefakte
| WAPENS | GEREEDSKAP | KLEDING | JUWELIERS-WARE | MASKERS | HOUERS |
Voeg nog items of artefakte van die twintigste of een-en-twintigste eeu by onder elke kolom in die MODERNE ARTEFAKTE-TABEL. Dink aan voorbeelde afkomstig uit die populêre kultuur of die massa-media: gewilde popsterre, sepiesterre, filmhelde, ensovoorts.
STAP 1
Teken EEN voorbeeld vanuit elkeen van die sewe kolomme wat jy onder VOORBEELDE VAN MY POPULÊRE KULTUUR in Aktiwiteit 3.1 ingevul het. Probeer om soveel moontlik van die papier met die sewe afbeeldings te vul. Hierdie afbeeldings (byvoorbeeld ‘n bofbalkolf, ‘n motor, ‘n selfoon, ensovoorts) moet verteenwoordigend van JOU wees.
STAP 2
Trek met ‘n liniaal drie vertikale kolomme van 7 cm elk, en ses horisontale lyne van 5 cm elk, bo-oor jou tekening, soos ‘n skaakbord se blokkies.
STAP 3
Gebruik nou kleurpastelle of verf om alle spasies in die eerste blokkie te vul, deur eers aan die vorm of voorwerp in die blokkie ‘n warm kleur te gee, en dan aan die agtergrond ‘n koue kleur. In die volgende blokkie ruil jy die warm en koue kleure om en vul eers die vorm of voorwerp met koue kleur en dan die agtergrond met warm kleur. So word daar met elke nuwe blokkie warm en koue kleure omgeruil.
![]() |
STAP 1
Bring ‘n kartonhouer klas toe. Die grootte maak nie saak nie, solank die houer ‘n deksel het.
STAP 2
Skeur nou stukkies papier uit ou tydskrifte om op die houer te plak, maar besluit eers watter twee komplementêre kleure jy gaan kies vir jou houer, byvoorbeeld ROOI en GROEN of GEEL en PERS of BLOU en ORANJE. Die deksel kan met een kleur bedek word en die houer self met die ander kleur OF die houer en deksel kan met albei kleure afgewissel word om patrone en/of vorms te skep.
STAP 3
Plak nou die video-omslag wat jy in die vorige aktiwiteit gemaak het, bo-op die deksel.
STAP 4
Laastens moet jy ten minste vyf persoonlike artefakte, wat eie aan JOU is, binne-in die houer plaas. Hierdie artefakte kan ook gemaak word of jy kan klaargemaakte artikels gebruik. Die hele klas se houers kan dan uitgestal word in ‘n beskikbare lokaal in die skoolgebou.
| Leeruitkomstes(LUs) |
| LU 1 |
| skepping, interpretasie en aanbiedingDie leerder is in staat om werk in elk van die kunsvorme te skep, te interpreteer en aan te bied. |
| Assesseringstandaarde(ASe) |
| Dit is duidelik wanneer die leerder: |
| DANS |
| 1.1 danse uit populêre kulture leer en opvoer; |
1.2 die volgende doen om die liggaam voor te berei:
|
| 1.3 improviseer, komponeer en kombineer bewegingsmotiewe deur die gebruik van:1.3.1 bewegings of gebare;1.3.2 herhaling en stiltes;1.3.3 kontrasterende dinamika. |
| 1.4 danspassies en kombinasies daarvan uit minstens twee style of tradisies van Suider-Afrika opvoer. |
| DRAMA |
| 1.5 ‘n eenvoudige opwarmingsroetine, gebaseer op die onderwyser se oefeninge, saamstel om met die klas te deel; |
| 1.6 met die onderwyser se bystand deelneem aan die skep en aanbieding van ‘n geskrewe skets of afgeronde improvisasie wat op populêre kultuur gebaseer is. Hierdie item behoort: |
| 1.6.1 kennis van die teikengehoor te toon; |
| 1.6.2 hulpmiddels wat tot die stuk bydra, te gebruik; |
| 1.6.3 gepaste dramatiese elemente te gebruik; |
| 1.6.4 ander kunsvorme in te sluit; |
| MUSIEK |
| 1.8 liedjies of musiek uit die populêre of plaaslike kultuur leer en aanbied; |
| VISUELE KUNS |
| 1.12 ‘n artefak aanbied waarin idees uit die populêre kultuur of massamedia gebruik word; |
| 1.13 kuns, kunshandwerk of ontwerpstukke skep wat die volgende toon: |
| 1.13.1 differensiasie tussen die organiese en nie-organiese aspekte van die geboude en natuurlike omgewing in die ontwerp, waarnemingstekenwerk en tweedimensionele en driedimensionele werk; |
| 1.13.2 interpretasie en uitdrukking van eie begrip van kultuur en erfenis; |
| 1.14 onafhanklik eie kunswerke vir ‘n skoolaanbieding selekteer, aanbied en monteer. |