Inside Collection (Course): Kuns en Kultuur Graad 8
DANS
In hierdie module word jy aan jazz-dans voorgestel. Dis ‘n opwindende dansstyl wat van tradisionele dans afkomstig is. Jy sal improviseer, skep en bewegings kombineer sodat jy uiteindelik jou dansroetine voor ‘n gehoor kan aanbied. Moenie bang wees nie – jy sal dit nie alleen doen nie! Die hele klas sal betrokke wees, en jul onderwyser sal vir julle leiding gee. Dit gaan ‘n wonderlike, opwindende ervaring wees.
Die opwarmingsoefennge sal die risiko van besering verminder en sal dit makliker maak om die danse uit te voer.
Dit sal makliker wees – en ook baie meer pret – as jy die opwarming op die maat van musiek doen. Kies musiek met ‘n tempo wat nie te vinnig is nie.
Voorbereiding:
Staan met voete ‘n heupwydte uitmekaar, voete vorentoe, arms langs die sye.
L oop- en armopwarming:
L oop en beweeg:
S tap terwyl knieë gelig ( knee lifts) en dyspiere opgetrek word dyspierbuiging (hamstr ing curls )
Opwarming van binne- en buitedy:
Hurkbeweging (squats):
Vorentoebewegings (Lunges):
Sywaartse opwarming:
Herstel:
Jy is nou gereed om met die volgende aktiwiteite voort te gaan.
Jou onderwyser sal die agtergrond van jazz-dans kortliks verduidelik. Onthou, jy hoef nie noodwendig ‘n danser te wees om hierdie volgende aktiwiteit te kan geniet nie – al wat jy hoef te doen, is om die bewegings te verken en te ontdek wat jou liggaam alles kan doen. Jy sal verbaas wees! Probeer dit.
Jy moet heel eerste die musiek leer ken.
Enige musiek van die jazz-genre is geskik vir hierdie aktiwiteit.
Aantekeninge oor improvisasie:
Let wel: Die musiek het ‘n vier-op-vier-maatslag. Elke maat van die musiek duur agt tellings. Een beweging per telling is aangewys om dit vir jou maklik te maak om te tel en die beweging uit te voer.
| DIE TELLINGS | DIE BEWEGINGS |
| 1,2 | Leun na regs |
| 3,4 | Leun na links |
| 5,6,7,8 | Herhaal |
| 1 | Leun na regs en lig die regterhak |
| 2 | Laat sak die hak |
| 3 | Leun na links en lig die linkerhak |
| 4 | Laat sak die hak |
| 5,6,7,8 | Herhaal |
| 1 | Lig die linkerarm en leun na regs terwyl die hak gelig word |
| 2 | Maak sirkels voor met die arm en laat sak die hak |
| 3 | Lig die regterarm en leun na links terwyl die hak gelig word. | |
| 4 | Maak sirkels voor met die arm en laat sak die hak. | |
| 5,6,7,8 | Herhaal. | |
| 1 | Lig die linkerarm en terwyl jy met die regtervoet vorentoe tree, begin om sirkels bo jou kop te maak. | |
| 2 | Voltooi jou sirkel terwyl jy jou linkervoet inbeweeg na die regtervoet. | |
| 3 | Tree weer na regs uit en begin weer met jou bo-arm sirkels maak. | |
| 4 | Hierdie keer moet jy die uitgestrekte arm dwarsoor die liggaam bring, terwyl jy die regterknie buig en vorentoe leun. | |
| 5,6,7,8 | Herhaal met die regterarm na bo gestrek terwyl jy na links tree. | |
In die volgende vier mate sal ons met ‘n skop en ‘n draai eksperimenteer.
| DIE TELLINGS | DIE BEWEGINGS |
| 1 | En tree vorentoe met die regtervoet, bring linkervoet agter op en tree terug op die bal van die voet soos jy weer ... |
| 2 | ... vorentoe tree op die regtervoet, terwyl die knie in ‘n leunhouding gebuig word. (Dit is makliker om hierdie beweging uit te voer as om dit te lees. Dit word stap-bal-wysig (“step-ball-change”) genoem. Daar is ‘n klein sprongetjie op die moment wanneer jy die gewig van regs na links verplaas en dan weer terug na regs; amper soos ‘n galop.) |
| 3 | Draai om na links in ‘n halfsirkel, terwyl die voete bly waar hulle is, sodat die linkervoet voor is, met die gewig nog op die regtervoet, EN stap-bal. |
| 4 | Verander met linkervoet wat lei, en sluit af met ‘n leunmet arms na die kant. |
| 5,6,7,8 | Herhaal. |
| 1 | Laat sak arms en draai torso (lyf) na regs, sodat die regtervoet voor is. Verplaas gewig na regtervoet ... |
| 2 | ... lê terug, skop been vorentoe uit, terwyl arms in ‘n lae V oopgemaak word. |
| 3 | Terwyl hande opgehou word, plaas voet weer op die vloer, en ... |
| 4 | ... verplaas dan die gewig. Met die regtergroottoon op die linkerknie, draai deur 360° na regs, terwyl jy die arms laat sak. |
| 5 | Tree na regs met regtervoet. |
| 6 | Swaai heup na regs, arms teenoorstaande. |
| 7 | Trek ribbekas in (asof jy ‘n hou in die maag gekry het) terwyl die arms boontoe gebring word, kop na onder en met regtervoet gepunt. |
| 8 | Trek hande oor linkervoet tot onder, met die kop agtertoe. |
Met die volgende vier mate sal jy ‘n vlakverandering verken. Ja, ons beweeg nou vloer toe! Maak seker dat jy nog steeds goed opgewarm is voor jy dit probeer.
| DIE TELLINGS | DIE BEWEGINGS |
| 1,2 | Laat sak linkerarm en lig regterarm, terwyl jy vorentoe vanuit die heupe beweeg, en laat die regtervoet vorentoe gly terwyl jy die agterste been buig. |
| 3 | Terwyl jy laer sak, berei jou voor om die gewig op jou linkerhand te neem en laat die linkerknie op die vloer rus. |
| 4 | Terwyl jy na links rol om te gaan sit, ontspan jou regterknie indien nodig. (Let wel: As jy jou hand gebruik om jou gewig te ondersteun, sal jy verhoed dat jou spiere seerkry of jou heupe beseer word. Moet nooit meer doen as wat jy met gemak kan baasraak nie.) |
| 5 | Terwyl regterheup gelig word, druk op met linkerhand terwyl jy opkyk. |
| 6 | Gaan terug na vloer, en dan ... |
| 7 | ... neem jy jou regterbeen vorentoe om by die linkerbeen in die middel te wees. Lig voete en punt hulle, terwyl gewig verplaas word sodat dit eweredig versprei is op sitvlak ... |
| 8 | ... en swaai liggaam en bene na links in ‘n halfsirkel. |
| EN 1 | Buig jou regterknie en laat dit op die vloer rus, terwyl jy op jou voorkant draai en jou linkerbeen lig. |
| 2 | Stoot weer weg en swaai om sodat jy dieselfde aan die ander kant kan doen, ... |
| 3 | ... sodat bene vorentoe beweeg, dan regsom en na agter. |
| EN 4 | Buig linkerknie en terwyl dit op die vloer rus, draai op jou voorkant en lig regterbeen. |
| 5 | Draai liggaam na regs sodat jy met jou gewig op jou linkerelmboog rus ... |
| 6 | ... en stoot heupe op met jou linkerhand, terwyl jy jou regteram oplig. Laat kop agtertoe sak. |
| 7 | Sak weer af na vloer terwyl jou regterarm opgelig bly. |
| EN | Laat sak arm en laat albei knieë na regs val. |
| 8 | Lig linkerarm, en hou regterarm sywaarts. |
Dit is belangrik om die spiere wat tydens die oefeninge gebruik word te strek, en ook te sorg dat jy afkoel sodat jy behoorlik in ander klasse kan funksioneer.
Wanneer spiere tydens oefening en dans saamtrek, veroorsaak dit dat melksuur in die weefsel opbou. Indien die spiere nie gestrek en verleng word na die oefening nie, sal die opgeboude melksuur styfheid en seer spiere veroorsaak wat tot drie dae lank kan aanhou. As ‘n mens strekoefeninge doen, word die melksuur deur die spierweefsel versprei en in die liggaam geabsorbeer.
Kies musiek met ‘n stadige tempo (tussen 84 en 125 slae per minuut). Ballades is baie geskik hiervoor.
Asemhalingsoefening:
Staan met voete heupwydte van mekaar af, arms langs sye.
A rmstrek:
Armstrek (triceps):
Onderlyfstrek:
| Leeruitkomstes(LUs) |
| LU 1 |
| skepping, interpretasie en aanbiedingDie leerder is in staat om werk in elk van die kunsvorme te skep, te interpreteer en aan te bied. |
| Assesseringstandaarde(ASe) |
| Dit is duidelik wanneer die leerder: |
| DANS |
| 1.1 danse uit populêre kulture leer en opvoer; |
1.2 die volgende doen om die liggaam voor te berei:
|
| 1.3 improviseer, komponeer en kombineer bewegingsmotiewe deur die gebruik van:1.3.1 bewegings of gebare;1.3.2 herhaling en stiltes;1.3.3 kontrasterende dinamika. |
| 1.4 danspassies en kombinasies daarvan uit minstens twee style of tradisies van Suider-Afrika opvoer. |