Die verband tussen ‘n gesonde omgewing en persoonlike gesondheid
![]() |
Die son kan ook skade aanrig. Wanneer mense gereeld in die hitte van die dag (bv. 12:00) op die strand in die son lê en sonbrand, word die vel sodanig beskadig dat ‘n mens later velprobleme, bv. velkanker, kan opdoen. As ‘n mens té strawwe oefening in die warm son doen sonder om water te drink, loop jy die gevaar om te dehidreer (ontwater). Dit beteken dat jou liggaam te veel vog verloor en jy dan naar en siek begin voel. Meeste soorte plante verskroei in die warm son, veral as daar nie genoeg vog in die grond is nie.
![]() |
Plak ‘n fotokopie, of die werklike pamflet wat julle groep gemaak het om ‘n vakansie in die sonnige Suid-Afrika te adverteer, in jul modules.
Maak ‘n lys van ten minste vyf goue reëls waarmee toeriste rekening moet hou wanneer hulle gedurende die somer in ons sonnige land vakansie hou.
LEERUITKOMS 1: GESONDHEIDSBEVORDERING
Die leerder is in staat om ingeligte besluite oor persoonlike, gemeenskaps-en omgewingsgesondheid te neem.
Dis duidelik wanneer die leerder
1. 2 verslag en ondersoek doen oor die verhouding tussen ‘n gesonde omgewing en persoonlike gesondheid.