Skip to content Skip to navigation

Connexions

You are here: Home » Content » Padveiligheid

Navigation

Lenses

What is a lens?

Definition of a lens

Lenses

A lens is a custom view of the content in the repository. You can think of it as a fancy kind of list that will let you see content through the eyes of organizations and people you trust.

What is in a lens?

Lens makers point to materials (modules and collections), creating a guide that includes their own comments and descriptive tags about the content.

Who can create a lens?

Any individual member, a community, or a respected organization.

What are tags? tag icon

Tags are descriptors added by lens makers to help label content, attaching a vocabulary that is meaningful in the context of the lens.

This content is ...

In these lenses

  • GETIntPhaseLO display tagshide tags

    This module is included inLens: Siyavula: Life Orientation (Gr. 4-6)
    By: Siyavula

    Review Status: In Review

    Click the "GETIntPhaseLO" link to see all content selected in this lens.

    Click the tag icon tag icon to display tags associated with this content.

Recently Viewed

This feature requires Javascript to be enabled.

Tags

(What is a tag?)

These tags come from the endorsement, affiliation, and other lenses that include this content.
Reuse / Edit
x

Module:

Add to a lens
x

Add module to:

Add to Favorites
x

Add module to:

 

Padveiligheid

Module by: Siyavula Uploaders. E-mail the author

LEWENSORIËNTERING

Graad 4

GESONDHEID!

Module 5

PADVEILIGHEID

Padveiligheid: Reëls vir voetgangers en fietsryers

Ons lees daagliks in koerante van skoolkinders wat raakgery word wanneer hulle te voet of per fiets op pad skool toe was. Baie van hierdie ongelukke kan voorkom word indien kinders (en hulle ouers) padveiligheidsreëls ken en nakom.

Hier is ‘n paar basiese reëls wat voetgangers moet nakom:

Voordat jy ‘n straat oorsteek, kyk eers regs, dan links en dan weer regs om seker te maak dat daar nie ‘n voertuig aankom nie. Loop dan versigtig oor.

By ‘n besige straat is dit nodig om by die verkeerslig of stopstraat die straat oor te steek en nie sommer op enige plek nie.

Kruis ‘n straat by die sebrastreep-voetoorgang of by die skolierpatrollie, indien dit beskikbaar is.

Loop altyd op die sypaadjie en nie in die motorpad nie. Waar daar nie ‘n sypaadjie is nie en ook nie ‘n veilige strook langs die pad waar jy kan loop nie, stap flink op die skouer van die pad sover moontlik weg van die motors met jou gesig in die rigting van die aankomende verkeer (d.w.s. aan die regterkant).

Wees baie versigtig by in- of uitritte vir voertuie.

Moenie jaag- of balspeletjies speel in of naby ‘n motorpad nie.

Hier is ‘n paar reëls wat fietsryers moet onthou:

Sorg dat jou fiets in ‘n goeie padwaardige toestand is.

Jou fiets moet ‘n fietsklokkie hê.

Wanneer jy in die skemer of donker ry, moet jou fiets ‘n helder lig hê.

Dra altyd ‘n valhelm. Dit beskerm jou kop (en brein) wanneer jy val of in ‘n ongeluk betrokke is en kan so jou lewe red.

Ry sover dit moontlik is uitsluitlik in fietspaaie.

Beplan jou fietsroete skool toe en kies die veiligste roete en nie noodwendig die kortste een nie.

Moet nooit langs jou maat ry nie, maar ry agter mekaar.

Gee duidelike en korrekte handtekens wanneer jy gaan draai.

Moet nooit fietstoertjies uithaal wanneer daar verkeer op die pad is nie.

Aktiwiteit 1

Om ‘n padkaart vir fietse te teken [LU 1.4]

Die volgende moet aangedui of geteken word waar dit van toepassing is:

  • Die skool
  • Die ingange na die skool
  • Sypaadjies of veilige loopareas
  • Die bus- en/of taxi-halte
  • Skoolpatrollie-oorgang
  • Sebra-voetoorgange
  • Verkeersligte
  • Stopstrate
  • Parkeerplekke
  • Fietsroetes
  • Fietsloods
  • Verkeersbeampte op diens tydens spitsverkeer

Teken met ‘n groen pen of kleurpotlood pyltjies om die veiligste roete vir ‘n voetganger aan te dui en in pers die veiligste roete vir ‘n fietsryer. Rooi kruise dui gevaarareas op die roete aan.

Assessering

Table 1
  1 2 3 4
Korrekte uitwys van gevaarareas        
Noukeurigheid in “kaartwerk”        
Uitvoering van opdrag        
Netheid        
Addisionele punt vir kreatiwiteit of oorspronklikheid        

Assessering

LEERUITKOMS 1: GESONDHEIDSBEVORDERING

Die leerder is in staat om ingeligte besluite oor persoonlike, gemeenskaps-en omgewingsgesondheid te neem.

Assesseringstandaard

Dis duidelik wanneer die leerder

1. 4 verkeersreëls wat van toepassing op padgebruikers is, noem en verduidelik.

Content actions

Download module as:

Add module to:

My Favorites (?)

'My Favorites' is a special kind of lens which you can use to bookmark modules and collections. 'My Favorites' can only be seen by you, and collections saved in 'My Favorites' can remember the last module you were on. You need an account to use 'My Favorites'.

| A lens I own (?)

Definition of a lens

Lenses

A lens is a custom view of the content in the repository. You can think of it as a fancy kind of list that will let you see content through the eyes of organizations and people you trust.

What is in a lens?

Lens makers point to materials (modules and collections), creating a guide that includes their own comments and descriptive tags about the content.

Who can create a lens?

Any individual member, a community, or a respected organization.

What are tags? tag icon

Tags are descriptors added by lens makers to help label content, attaching a vocabulary that is meaningful in the context of the lens.

| External bookmarks

Reuse / Edit:

Reuse or edit module (?)

Check out and edit

If you have permission to edit this content, using the "Reuse / Edit" action will allow you to check the content out into your Personal Workspace or a shared Workgroup and then make your edits.

Derive a copy

If you don't have permission to edit the content, you can still use "Reuse / Edit" to adapt the content by creating a derived copy of it and then editing and publishing the copy.