Skip to content Skip to navigation

OpenStax_CNX

You are here: Home » Content » Ons land - 'n vullishoop

Navigation

Lenses

What is a lens?

Definition of a lens

Lenses

A lens is a custom view of the content in the repository. You can think of it as a fancy kind of list that will let you see content through the eyes of organizations and people you trust.

What is in a lens?

Lens makers point to materials (modules and collections), creating a guide that includes their own comments and descriptive tags about the content.

Who can create a lens?

Any individual member, a community, or a respected organization.

What are tags? tag icon

Tags are descriptors added by lens makers to help label content, attaching a vocabulary that is meaningful in the context of the lens.

This content is ...

In these lenses

Recently Viewed

This feature requires Javascript to be enabled.

Tags

(What is a tag?)

These tags come from the endorsement, affiliation, and other lenses that include this content.
 

Ons land - 'n vullishoop

Module by: Siyavula Uploaders. E-mail the author

TEGNOLOGIE

Graad 8

STRUKTURE

Module 17

ONS LAND- ‘N VULLISHOOP

Ons land – ‘n Vullishoop?

In ‘n tipiese Suid-Afrikaanse huishouding neem die huisbewoners sakke vol afval na die vullisdrom wat deur munisipale werkers in groot vragwaens weggery word. Is dit die einde van die storie?

Namate die Suid-Afrikaanse bevolking groei, vermeerder die berge huishoudelike afval wat daagliks gegenereer word. Die gevolg is dat daar so baie afval is dat die munisipale opvulterreine dit nie kan hanteer nie. Gelukkig is daar mense wat besorg is oor wat van die afval word en waarheen dit in die toekoms geneem sal word.

Herwinning is nie die enigste oplossing vir die afvalprobleem nie, maar dit is tog iets wat almal kan doen om te help om ‘n beter wêreld vir ons almal te skep. Herwinning het te make met die hergebruik van huishoudelike en nywerheidsafval soos plastiek-en papierprodukte. Dit help nie net om afval te verminder nie, maar dit voorkom ook dat ons ons hulpbronne uitput. Daarby bekamp herwinning ook die besoedeling wat veroorsaak word wanneer hierdie hulpbronne verwerk word. Baie mense in Suid-Afrika verdien geld deurdat hulle herwinbare materiale soos papier, glas, plastiek en metaal bymekaarmaak en verkoop. Ander mense plaas weer hulle herwinbare afval in groot houers vanwaar dit vir herwinning geneem word. Dit maak nie saak hoe ‘n mens tot die proses van afvalherwinning bydra nie, solank jy net iets doen om dit te bevorder. Onthou: Dit is goed vir die omgewing.

Aktiwiteit 1:

Om kennis en begrip van herwinning en die roete wat met afval gevolg word, te demonstreer.

[LU 1.1]

1.1 Definieer die term “herwinning”.

1.2 Teken ‘n verloopkaart (“flow chart”) op ‘n vel papierom aan te toon wat gewoonlik met plastiek, glas, papier en metaalafval gebeur vanaf die punt waar dit die winkel verlaat tot dit by die opvulterrein beland.

1.3 Teken ‘n verloopkaart op ‘n vel papierom aan te dui watter rol afvalhouers speel in ons pogings om ons omgewing te red.

1.4 Teken die herwinningsembleem op ‘n vel papier.

1.5 Skryf ‘n paragraaf oor Redes vir herwinning.

Aktiwiteit 2:

Om toetse uit te voer om vas te stel watter materiale en hoeveel afval tuis gegenereer word, sodat jy ‘n mening kan vorm oor die uitwerking wat tegnologieprodukte het op die gehalte van mense se lewens en op die omgewing waarin hulle woon.

[LU 3.2]

  • Neem drie leë kartondose en merk hulle PAPIER, METAAL (BLIKKE) en PLASTIEK. Versamel en weeg julle herwinbare huishoudelike afval vir ‘n week lank en plaas dit in hierdie kartondose. Weeg elke dag se afval en teken die gewig aan in die onderstaande tabel. Plaas die afval in drie verskillende sakke nadat jy dit geweeg het en plaas die sakke dan in massa-afvalhouers in jou dorp.

Tabel 1

Huishoudelike herwinningsdata

Table 1
Herwinbareafval Son Maan Dins Woens Don Vry Sat Totaal  
Metaal (kg)                  
Papier (kg)                  
Plastiek (kg)                  
                   

Kombineer die data van al die leerders in jou klas en bereken hoeveel kilogram die klas altesaam versamel het. Jy kan nou in tabel 2 bereken wat die totale waarde is van die afval wat jou klas versamel het.

Tabel 2

Huishoudelike herwinningsdata

Table 2
Herwinbareafval Totale Hoeveelheid (kg) Prys per KG Totaal  
Metaal (aluminium)   R8,20    
Papier   55c    
Plastiek   85c    
         

2.1 Bereken hoeveel geld iemand sal verdien wat 750 kg metaal per week versamel.

2.2 Ontwerp ‘n grafiek om die data van tabel 2 te illustreer.

2.3 Watter materiaal skep die meeste afval?

2.4 Watter materiaal is die winsgewendste om te versamel en aan herverkopers te verkoop?

Aktiwiteit 3:

Om te demonstreer dat jy begryp hoe materiale (plastiek) herwin kan word.

[LU 2.2]

Plastiek is die moeilikste van alle materiale om te herwin. Die rede hiervoor is dat daar baie verskillende soorte plastiek is. Plastiek is ook nie ‘n natuurlike stof nie. Plastiek is nie bio-afbreekbaar nie, dus sal dit nie mettertyd in die opvulterrein roes of vergaan nie.

  • Daar is tog baie plastiekprodukte wat gemerk is sodat verbruikers kan weet watter plastiek herwin kan word. Die herwinningsproses vir plastiek verloop gewoonlik so: Dit word skoongemaak, in vlokkies opgesnipper en gesmelt om korrels te maak wat dan in die finale vorm gegiet kan word. So word plastiese melkkratte, motormatjies en so meer gemaak. Brandende plastiek gee giftige of irriterende dampe af wat lugbesoedeling vererger. Omdat die herwinning van plastiek soveel probleme skep, word slegs 5% - 10% van alle plastiek herwin. Navorsers is hard besig om bio-afbreekbare plastiek te ontwikkel wat weens bakteriese werking of blootstelling aan die sonlIg sal disintegreer.

3.1 Verduidelik die term “nie-bio-afbreekbaar”.

3.2 Maak ‘n lys van produkte wat in plastiekhouers verpak word.

3.3 Waarom is plastiek so ‘n gewilde verpakkingsmateriaal?

3.4 Skryf ‘n paragraaf oor waarom plastiekafval so ‘n groot probleem is.

  • Glas is ‘n sterk, deursigtige materiaal wat gebruik word vir vensterruite, bottels, glase, en so meer. Dit het ‘n paar ongewone eienskappe – dit smelt maklik, is chemies onaktief en daarby is dit goedkoop, want die hoofbestanddeel van glas is sand.
  • Daar is in baie dorpe en stede bottelbanke waar ‘n mens jou glasafval kan weggooi. Party plekke het selfs twee verskillende houers: een vir gekleurde glas en een vir wit glas. Die glas word dan daarvandaan na ‘n herwinningsaanleg geneem waar dit skoongemaak en fyngebreek word. Die afvalglas word “breekglas” genoem. Dit smelt teen ‘n laer temperatuur as die grondstof waarvan glas gemaak word. So word op beide energie en grondstof bespaar. Baie firmas gee selfs ‘n groter deposito op hul leë bottels as wat deur ‘n herwinningsaanleg betaal word.

4.1 Noem twee voordele van glas.

4.2 Noem die nadele van glas waaraan jy kan dink.

4.3 Wat maak die glas wat in ‘n motor gebruik word anders as gewone glas?

4.4 Wat is glasvesel?

Aktiwiteit 5:

Om te demonstreer dat jy begryp hoe materiale (papier) herwin kan word.

[LU 2.2]

  • Mense gooi elke dag tonne papier weg. Daar is maniere waarop papier bymekaargemaak kan word sodat dit gebruik kan word om nuwe papier te maak. Wanneer papier herwin word om so wit te wees as skryfpapier, moet alle drukkersink van die afvalpapier verwyder word. Die afvalpapier word in bale geplaas en later in fyn stukkies opgesnipper. Daarna word dit in ‘n pulpmasjien ingevoer wat dit verpulp. Warm water en chemikalieë wat bygevoeg word, help om die papiervesels te skei en die ink te verwyder. Bytsoda word gewoonlik hiervoor gebruik. Papier van ‘n swakker gehalte, soos koerantpapier, word net met water gemeng om pulp te vorm wat dan in die papiervervaardigingsmasjien ingevoer word.
  • Papier word van hout gemaak. Omtrent 35 miljoen bome sou elke jaar gered kon word as afvalpapier en -karton herwin en verpulp kon word om nuwe papier te maak. In sommige tropiese lande is groot hardehoutwoude vernietig deurdat die volwasse bome afgekap is. Dit word “ontbossing” of “bosvernietiging” genoem. Dit kan baie skadelik wees vir die omgewing, want dit laat die grond kaal wat veroorsaak dat die grond maklik deur die tropiese reënbuie weggespoel word.
  • Bome verskaf ook suurstof wat ons almal nodig het om te kan lewe. Bome bied ook skuiling en woonplek vir baie diere. Gelukkig vind herbossing nou in baie dele van die wêreld plaas. Bome is een van die natuurlike hulpbronne wat vervang kan word deur nuwe aanplantings.
  • Verduidelik die terme ontbossing en herbossing.

5.2 Gee twee voorbeelde elk van hardehout en sagtehout.

5.3 Gee een voorbeeld van ‘n Suid-Afrikaanse inheemse boom.

  • Waarom, dink jy, is die Knysna-omgewing baie geskik vir woude?
  • Hoe kan ‘n mens vasstel hoe oud ‘n boom is?
  • Maak ‘n koevert van ‘n ou landkaart.

Aktiwiteit 6:

Om te demonstreer dat jy begryp hoe materiale (metale) herwin kan word.

  • Staal is die materiaal wat die meeste herwin word. Afvalstaal word in ‘n smeltoond geplaas waar dit gesmelt word deur elektrisiteit wat ‘n vlamboog tussen twee koolstofelektrodes vorm. Kalkklip en ander stowwe word by die gesmelte staal gevoeg om die onsuiwerhede te verwyder. Die staal wat so geproduseer word, word meesal vir balke en dik plate gebruik.
  • Die herwinning van aluminium is baie belangrik want die meeste van die erts wat nodig is om aluminium te vervaardig, moet ingevoer word. Daar is baie verskillende soorte aluminium – tot 15 verskillende soorte. Die meeste bier- en koeldrankblikke, asook dié waarin kos ingemaak word, word van aluminium gemaak. Blikkies wat na die afval-versamelpunte geneem word, word platgedruk, gebaal en na ‘n meule geneem waar hulle gesmelt en in stawe gerol word. Hierdie stawe word platgerol om plate te vorm. Ronde skywe word daaruit gesny en dit word dan gebruik word om die blikke te maak.

6.1 Noem vyf verskillende soorte metaal.

6.2 In watter formaat kan staal gekoop word? Maak sketse van die vorms op ‘n aparte folio.

6.3 Maak ‘n lys van produkte wat in blikke gekoop kan word.

Aktiwiteit 7:

Om te begryp wat verbranding en opvulterreine is en te verstaan wat die positiewe en negatiewe uitwerking daarvan op die omgewing is.

  • Die meeste van ons afval gaan na ‘n opvulterrein. Dit is ‘n stortingsterrein waar die afval met grond bedek word sodat dit nie wegwaai of sleg ruik nie. Swaar masjinerie word gebruik om die gate te grawe en die afval toe te gooi. In party lande is daar wette wat bepaal dat sulke gate met ‘n dik, ondeurdringbare seëllaag uitgevoer word sodat giftige vloeistowwe nie in die grond insypel nie. Ongelukkig is daar nog nie so ‘n wet in Suid-Afrika nie. Dit beteken dat daar ‘n moontlikheid bestaan dat ondergrondse water in so ‘n omgewing deur lekkende vloeistowwe vergiftig kan raak. Sommige mense maak verder teen opvulterreine beswaar om nog ander redes: Hulle voorsien dat vullis sal rondwaai, dat dit sleg sal ruik, dat daar knaagdierplae kan ontstaan, dat swaarvoertuigverkeer sal toeneem en dat die waarde van eiendomme in die omgewing sal daal.
  • Baie munisipaliteite het verbrandingsoonde aangekoop. Hierdie reusagtige oonde veras tonne afval. Verbrandingsoonde gebruik die hitte wat deur die brandende afval gegenereer word, om stoom te produseer wat dan die turbines aandryf wat sodoende elektrisiteit opwek. Verbrandingsoonde het minder grond nodig as opvulterreine en hulle hou geen gevaar in vir die grondwater nie. Nietemin is daar sekere nadele aan verbrandingsoonde verbonde:
  • Lugbesoedeling word deur giftige dampe veroorsaak.
  • Daar moet van die as ontslae geraak word.
  • Dit is duurder as opvulterreine.
  • Die gebruik van verbrandingsoonde belemmer herwinningsprogramme.

7.1 Noem twee voordele van verbrandingsoonde en twee van opvulterreine.

  • Noem twee nadele van verbrandingsoonde en twee van opvulterreine.
  • Verduidelik waarom die gebruik van verbrandingsoonde herwinningsprogramme belemmer. Situasie

Jou boetie word binnekort vyf. Hy wil vreeslik graag ‘n lampskerm in die vorm van sy gunstelingkarakter vir sy kamer hê. Daar is nêrens so ‘n lampskerm te kry nie. Jou ouers vra jou om hulle te help deur die geskenk self te ontwerp en te maak.

Kies ‘n paslike karakter soos Spiderman vir die lampskerm. Dit kan van gebruikte papier of selfs ou koerantpapier gemaak word. Jy moet ook jou kennis van elektrisiteit aanwend om die elektriese toerusting te konnekteer. Jy moet die onderstaande stappe volg:

Table 3
Probleem: Identifiseer die probleem in die situasie. LU 1.1
Ontwerpopdrag: Skryf ‘n ontwerpopdrag. LU 1.5
Spesifikasies: Jou onderwyser sal sommige vir jou gee en jy kan nog byvoeg. LU 1.6
Navorsing: Doen navorsing oor verskillende lampskermontwerpe. LU 1.4
Idees: Kry idees van verskillende vorms en ontwerpe. LU 1.7
Keuse van idees: Gee redes vir jou keuses. LU 1.8
Vervaardigingsproses: Maak ‘n verloopkaart. LU 1.9
Verwerkliking:   LU 1.10
Evaluering:   LU 1.13

Assessering

Table 4
Leeruitkomstes(LUs)
 
LU 1
tegnologiese prosesse en vaardighedeDie leerder is in staat om tegnologies prosesse en vaardighede eties en verantwoordelikheid toe te pas deur gepaste inligtings- en kommunikasietegnologie te gebruik.
Assesseringstandaarde(ASe)
 
Dit is duidelik wanneer die leerder:
ondersoek:1.1 die agtergrondkonteks, die aard van die behoefte, die omgewingsituasie en die mense wat betrokke is wanneer ‘n probleem, behoefte of geleentheid in ‘n nasionaal relevante konteks gegee word ondersoek;
1.3 praktiese toetse in die tegnologiese veld ontwikkel en uitvoer;
1.4 gepaste soorte tegnologie en metodes gebruik om die volgende te doen:
  • versamel toepaslike data uit verskillende bronne of hulpbronne;
  • gebruik soektegnieke;
  • verkry toepaslike data;
  • maak sinvolle opsommings;
  • gebruik inligting om besluite en idees te staaf en te ondersteun;
ontwerp:1.5 ‘n kort en duidelike stelling of ontwerpopdrag skryf vir die ontwikkeling van ‘n produk of stelsel in reaksie op ‘n gegewe of geïdentifiseerde situasie;
1.6 ‘n lys opstel van produk- en ontwerpspesifikasies en -beperkinge vir ‘n oplossing vir ‘n geïdentifiseerde of gegewe probleem, behoefte of geleentheid, gebaseer op die meeste van die onderstaande kernontwerpwoorde:
  • mense: ouderdomsteikenmark;
  • doel: funksie;
  • voorkoms: kleur, vorm;
  • omgewing: waar gaan produk gebruik word;
  • veiligheid: vir gebruikers en vervaardigers;
  • koste: koste van materiaal;
1.7 verskeie alternatiewe oplossings genereer en aantekeninge skryf oor idees wat met die ontwerpstelling en -spesifikasies verband hou;
maak:1.9 ‘n plan ontwikkel vir die maak van ‘n produk, met besonderhede oor al die volgende:
  • hulpbronne benodig;
  • sketse wat die afmetings of hoeveelhede aandui;
  • al die stappe wat nodig is om die produk te maak;
1.10 gepaste gereedskap en materiaal kies om produkte deur middel van gepaste tegnieke te maak deur verskillende soorte materiaal akkuraat te meet, uit te merk, te knip/sny of te skei, te vorm of te vervorm, te heg, te las of saam te voeg, en af te rond;
1.12 veilige werkpraktyk gebruik en ‘n bewustheid toon van doeltreffende maniere om materiaal en gereedskap te gebruik;
evalueer:1.13 die produk of stelsel met ‘n mate van objektiwiteit toets en evalueer, gebaseer op objektiewe kriteria wat met die ontwerpopdrag, spesifikasies en beperkings verband hou, en stel sinvolle verbeteringe of wysigings voor;
kommunikeer:1.15 idees aanbied deur van twee-dimensionele of drie-dimensionele sketse, stroombaandiagramme of stelseldiagramme gebruik te maak wat al die volgende kenmerke insluit:
  • benutting van SA tekenkonvensies (bv. dimensielyne, benoeming, lyntipes, simbole);
  • notas om ontwerpkenmerke en beredenering te kommunikeer; bevordering van betekenisvolle sketse soos finale oplossing-sketse.
LU 2
tegnologiese kennis en begripDie leerder is in staat om relevante tegnologiese kennis te verstaan en dit eties en verantwoordelik toe te pas.
Dit is duidelik wanneer die leerder:
strukture:2.1 kennis en begrip van raamstrukture toon:
  • die gebruik en toepassing van basiese strukturele komponente (kolomme, balke, boë);
  • tegnieke vir die versterking van raamstrukture (driehoekvorming, webbe en oriëntering en dwarsdeursnitoppervlak en lede); hoe raamstrukture sterk gemaak kan word (bv. verband tussen die grootte en vorm van die basis, die swaartekragpunt en punt van stabiliteit;
verwerking:2.2 kennis en begrip toon van hoe stowwe/materiaal verwerk kan word om die eienskappe daarvan te verander of te verbeter deur dit te wysig ten einde dit geskik vir spesifieke doeleindes te maak:
  • om kragte te kan weerstaan (spanning, kompressie, buiging);
  • om sterkte of lewensduur te laat toeneem;
  • hoe spesifieke kenmerke wat vir verpakking geskik is, bewerkstellig kan word.
LU 3
tegnologie, samelewing en die omgewing Die leerder is in staat om begrip van die onderlinge verband tussen wetenskap, tegnologie, die samelewing en die omgewing oor tyd heen te toon.
Dit is duidelik wanneer die leerder:
inheemse Tegnologie en Kulture:3.1 vergelyk hoe verskillende kulture gelyksoortige probleme opgelos het en bring die verskille in verband met die kultuur en waardes van die samelewings;
impak van Tegnologie:3.2 verduidelik en gee besonderhede oor die positiewe en negatiewe uitwerking wat tegnologiese produkte op mense se lewensgehalte en hul omgewing het.

Content actions

Download module as:

PDF | EPUB (?)

What is an EPUB file?

EPUB is an electronic book format that can be read on a variety of mobile devices.

Downloading to a reading device

For detailed instructions on how to download this content's EPUB to your specific device, click the "(?)" link.

| More downloads ...

Add module to:

My Favorites (?)

'My Favorites' is a special kind of lens which you can use to bookmark modules and collections. 'My Favorites' can only be seen by you, and collections saved in 'My Favorites' can remember the last module you were on. You need an account to use 'My Favorites'.

| A lens I own (?)

Definition of a lens

Lenses

A lens is a custom view of the content in the repository. You can think of it as a fancy kind of list that will let you see content through the eyes of organizations and people you trust.

What is in a lens?

Lens makers point to materials (modules and collections), creating a guide that includes their own comments and descriptive tags about the content.

Who can create a lens?

Any individual member, a community, or a respected organization.

What are tags? tag icon

Tags are descriptors added by lens makers to help label content, attaching a vocabulary that is meaningful in the context of the lens.

| External bookmarks