Ten einde die diepgewortelde ongelykhede in die Suid-Afrikaanse samelewing wat deur kolonialisasie, rassisme, apartheid, seksisme en onderdrukkende arbeids- en ander wetgewing daargestel is teen te werk, het die huidige ANC-geleide regering in 1994 die HEROPBOU EN ONTWIKKELINGSPROGRAM (HOP) geformuleer. Die doel was om dit deur middel van VYF programme te laat realiseer.
1. Die EERSTE PROGRAM sou fokus op VOORSIENING IN DIE BASIESE BEHOEFTES VAN DIE BEVOLKING ten einde te sorg dat almal toegang het tot die volgende "basiese noodsaaklikhede":
a) Skepping van WERKGELEENTHEDE deur gekoördineerde regeringsprogramme wat ook maksimum deelname deur vroue en jong werksoekers sal verseker.
b) GRONDHERVORMING, waarvan herverdeling van grond en die hervestiging van voorheen benadeeldes die kern komponente behels.
c) BEHUISING EN DIENSTE, as die verantwoordelikheid van die demokratiese regering ten einde 'n veilige woonplek aan almal te verseker.
d) WATER EN SANITASIE om in almal se gesondheids- en funksionele behoeftes te voorsien, om produkte te kan verbou en om ekonomiese ontwikkeling te ondersteun.
e) KRAGVOORSIENING EN ELEKTRIFISERING aan alle huishoudings, om produksiekapasiteit te verhoog en om dienste te voorsien aan skole, klinieke en waterverskaffers.
f) TELEKOMMUNIKASIE ten einde universele toegang tot basiese dienste in veral die agtergeblewe gebiede te verseker.
g) VERVOER wat voorsiening maak vir veiligheid, bekostigbaarheid en beskikbaarheid en wat in die openbare belang is.
h) OMGEWINGSBEWARING wat aan almal die reg tot 'n "goeie" lewe deur middel van volhoubare gebruik van die natuurlike hulpbronne waarborg, veral met betrekking tot toegang, veiligheid, gesondheid en deelname in besluitneming.
i) VOEDING waarmee beoog word dat elke persoon so gou as moontlik (binne 3 jaar) toegang sal verkry tot basiese voedingsprogramme om te verseker dat daar geen vrees vir hongersnood sal bestaan nie.
j) GESONDHEIDSORG wat bekostigbaar sal wees en ook tot 'n verbetering in fisiese en geestelike gesondheid sal lei, terwyl die bekamping van siektes, ook in die Suider-Afrikaanse streek, aandag sal geniet.
k) GEMEENSKAPSORG EN -WELVAART wat ten doel het die verkryging van gemeenskapsregte vir almal, die verbetering van ongelykhede van die verlede deur middel van regstellende aksies en die bemagtiging van gemeenskappe om deel te neem aan plaaslike, provinsiale en nasionale inisiatiewe.
Groep:
2. Die TWEEDE PROGRAM sou fokus op die ONTWIKKELING VAN MENSLIKE HULPBRONNE wat sal verseker dat elke persoon in staat sal wees om sy volle potensiaal op die volgende vlakke binne die samelewing te bereik:
a) ONDERWYS EN OPLEIDING wat gelyke geleenthede aan almal sal voorsien ongeag ras, kleur, geslag, taal, ouderdom, godsdiens, geografiese gebondenheid, politieke of ander sienswyse, sodat die nodige kennis en vaardighede ontplooi kan word om kwaliteit produksie, asook 'n beter lewenskwaliteit aan almal te verskaf.
b) KUNS EN KULTUUR wat vryheid van uitdrukking en kreatiwiteit sal bevorder sodat almal toegang sal verkry tot hulpbronne en fasiliteite om hul behoefte aan kuns- en kulturele uitlewing en geletterdheid uit te leef en van die kulturele verarming van die verlede te ontsnap.
c) SPORT EN ONTSPANNING wat verteenwoordigende deelname en volledige beskikbaarheid van fasiliteite en afrigting vanaf voetsoolvlak sal bevorder.
d) JEUGONTWIKKELINGSPROGRAMME wat sal fokus op onderwys, opleiding en werkskepping ten einde die jeug te bemagtig om hul volle potensiaal vir deelname in hul gemeenskappe te bereik
Groep:
3. Die DERDE PROGRAM sal fokus op die OPBOU VAN DIE EKONOMIE sodat die sterkpunte waaronder mynbou, fabriekswese, landbou, kommersiele en finansiële dienste en die goed ontwikkelde infrastruktuur tot voordeel van almal op die volgende vlakke aangewend en uitgebou word:
a) INTEGRERING VAN HEROPBOU EN ONTWIKKELING waardeur beoog word dat die openbare sektor 'n leidende rol in ontwikkelingsbeplanning sal speel, aangesien verwag word dat die markmeganisme nie op sigself die strukturele aanpassing tot voordeel van die breë bevolking sal kan maak nie.
b) FABRIEKSWESE, HANDEL EN NYWERHEID wat poog om privaat sektor- en regeringsbelange en -ondersteuning te gebruik om investeringsmoontlikhede te verhoog, veral met betrekking tot fabriekswese, werkskepping en basiese behoefte bevrediging.
c) HULPBRON-GEBASEERDE NYWERHEDE soos mynbou, landbou, visserye en bosbou en toerisme wat voorheen deur die wit minderheid gedomineer is, moet tot voordeel van die hele bevolking aangewend word in terme van eienaarskap, werkskepping en bemagtiging.
d) OPGRADERING VAN INFRASTRUKTUUR soos elektrisiteit, telekommunikasie en vervoer sodat dit sal lei tot verbeterde basiese.behoeftebevrediging en ook nuwe en effektiewe ekonomiese aktiwiteite.
e) HERVORMING VAN DIE FINANSIELE SEKTOR wat tans gesentreer is in 'n aantal dominante finansiële groepe, sodat die aspirasies van die nuwe sektore van die ekonomie en veral die behoeftes van die informele en mikro-besighede effektief bevredig kan word.
f) ARBEIDS- EN WERKERSREGTE wat sal verseker dat georganiseerde arbeid bemagtig sal word om as 'n effektiewe krag in die heropbou en ontwikkeling van die land betrokke te wees.
g) SUIDER-AFRIKAANSE STREEKSBELEID wat beteken dat heropbou en ontwikkeling in Suid-Afrika moet plaasvind in samehang met ontwikkelinge, omstandighede en beplanning vir Afrika as geheel, ten einde wedersydse voordele te benut.
Groep:
4. Die VIERDE PROGRAM sal fokus op die DEMOKRATISERING VAN DIE STAAT EN GEMEENSKAP waardeur gepoog word om deur demokrasie, ontwikkeling en 'n mens-gesentreerde benadering die weg vir 'n nuwe demokratiese orde in Suid-Afrika te baan.
In hierdie program word die rol van die Grondwet, Handves vir Menseregte, die rol van die nasionale , provinsiale en plaaslike regering, regsadministrasie, die private sektor, semi-staatsondernemings, die polisie en veiligheidsdienste, gemeenskapsdienste en die nie-regeringsorganisasies (NGO's), en 'n demokratiese inligtingstelsel vir die fasilitering van sosio-ekonomiese ontwikkeling uiteengesit.
Groep 1:
Groep 2:
Groep 3:
Groep 4:
5. Die VYFDE PROGRAM sal fokus op IMPLEMENTERING VAN DIE HOP wat die daarstelling van effektiewe HOP-strukture op nasionale, provinsiale en plaaslike regeringsvlak behels wat deurentyd die vordering van die programme moet moniteer. Die belangrikste aspekte van die program behels:
a) BEPLANNINGSRAAMWERKE wat binne 'n oorhoofse nasionale raamwerk sodanig sal geskied dat dit deur die provinsiale regerings gelei word, aan wie bepaalde magte en funksies vir die taak toegeken is.
b) FINANSIERING VAN DIE HOP wat beskou word as 'n nasionale prioriteit en as sodanig gefinansier sal word. Toekennings sal gedoen word uit nasionale bronne en sal bestaande ongelykhede tussen die provinsies in ag neem, sowel as faktore soos onder andere bevolkingsgrootte, ontwikkelingsagterstande, ens.
SELF:
| Leeruitkomstes(LUs) |
| LU 2 |
| VOLHOUBARE GROEI EN ONTWIKKELINGDie leerder is in staat om begrip van volhoubare groei, heropbou en ontwikkeling te toon en om krities oor die verwante prosesse na te dink. |
| Assesseringstandaarde(ASe) |
| Dit is duidelik as die leerder: |
| 2.1 kan bespreek hoe die nasionale begroting en streek- asook internasionale ooreenkomste gebruik word om volhoubare groei en ontwikkeling te fasiliteer; |
| 2.2 die suksesse en tekortkominge van die HOP kan ondersoek en dabateer; |
| 2.3 die rol van besparings en beleggings in ekonomiese vooruitgang en groei kan verduidelik; |
| 2.4 produktiwiteit en die uitwerking daarvan op ekonomiese vooruitgang, groei en wêreld- mededinging kan bespreek. |
AKTIWITEIT 1: VOORSIENING IN BASIESE BEHOEFTES
GROEP:
AKTIWITEIT 2: ONTWIKKELING VAN MENSLIKE HULPBRONNE
GROEP:
AKTIWITEIT 3: OPBOU VAN DIE EKONOMIE
GROEP:
AKTIWITEIT 4: DEMOKRATISERING VAN STAAT EN GEMEENSKAP
GROEP:
AKTIWITEIT 5: HEROPBOU- EN ONTWIKKELINGSPROGRAM (HOP)
SELF: