Inside Collection (Course): Aardrykskunde Graad 4
Mense het van die vroegste tye af begin om in groepe saam te woon. Soms was dit om hulself teen die vyand te beskerm en dan het hulle gewoonlik die natuurlike landvorme soos berge, riviere en die see gebruik as fronte teen die vyand. Boonop is daar dan waterslote of mure rondom gemaak om die vyand buite te hou.
Dikwels wil mense weet waarom ’n dorp of stad op ‘n spesifieke plek gebou of aangelê is. Kom ons kyk waarom Kaapstad juis dáár aangelê is.
Die veilige baai en vars water het ’n belangrike rol gespeel. Toe Jan van Riebeeck in 1652 naby die diep en veilige Tafelbaai ’n plek moes kies om die eerste fort te bou, het hy besluit dat dit so na as moontlik aan die riviertjie, wat hulle later die Varsrivier genoem het, moes wees.
Behalwe die beskikbaarheid van water (wat altyd belangrik is) en ’n baai (aan die kus), is daar nog redes wat genoem kan word wat kan bepaal waar stede en dorpe ontstaan.
Veiligheid speel ook ‘n rol. Veral in die vroeë tye was dit belangrik vir mense om op ’n plek te woon waar hulle hulself maklik teen die vyand kon verdedig. ‘n Goeie voorbeeld hiervan is Koning Mosjesj wat met sy volk, die Basoetoes, bo-op ‘n berg met ‘n plat kruin, Thaba Bosigo, gewoon het. Daar was hulle veilig teen vyande.
Nog plekke waar mense hulle in die verlede gevestig het, was waar paaie gekruis, ’n rivier oorgesteek of deur ’n bergkloof gegaan het.
Baie dorpe in Suid-Afrika het ook ontstaan waar sendingstasies of kerke opgerig is.
Party mense het hul eenvoudig op ‘n plek gaan vestig omdat dit vir hulle baie mooi was. Sulke gebiede het dan dikwels later tot vakansie-oorde ontwikkel (toeriste-aantreklikhede).
Dorpe het ook langs die see ontstaan omdat die mense die dorp per boot moes kon bereik (hawestede). In groot dele van Suid-Afrika is daar vroeg reeds waardevolle minerale soos diamante, goud en steenkool ontdek. Mense het daarheen beweeg, agter die werksgeleenthede en moontlike rykdom aan (myndorpe/-stede).
‘n Dorp soos Saldanha is baie bekend vir die groot hoeveelheid vis wat daar gevang, verwerk en verskeep word (nywerheidsdorpe/-stede).
’n Laaste rede wat lei tot die ontstaan van dorpe, is dat regerings besluit dat mense op ’n bepaalde plek moet gaan woon.
Knysna ; Port Elizabeth ; Kimberley ; Kaapstad ; Sasolburg ; Warmbad ; Skukuza ; Heroldsbaai ; Hogsback ; Koffiefontein
| Myndorp/-stad | Hawedorp/-stad | Nywerheidsdorp/-stad | Toeriste-aantreklikheid |
(Vra julle onderwyser, julle ouers of die mense wat in die plaaslike museum werk om te help en skryf ’n paragraaf oor jul woonplek.)
1. Hoe oud is ons dorp/stad?
2. Hoe het ons dorp/stad ontstaan?
3. Waarom is ons dorp/stad juis hier aangelê?
4. ..........................................................................................................................
5. ................................................................................................................
6. ......................................................................................................................................
My woonplek: ................................................................. en die geskiedenis van sy stigting:
...........................................................................................................................
...........................................................................................................................
...........................................................................................................................
......................................................................................................................................
...........................................................................................................................
...........................................................................................................................
...........................................................................................................................
......................................................................................................................................
Julle kan in die spasies prentjies teken of plak om te verduidelik (a) hoe julle omgewing vroeër gelyk het, (b) hoe jy wil hê dit moet lyk, (c) hoe dit verbeter kan word en (d) hoe dit nie moet lyk nie. Julle kan dit ook op aparte velle doen.
a) So het ons omgewing gelyk voordat mense daar gaan woon het.
b) Ons wil graag hê dat ons stad/ dorp soos hierdie plek moet lyk.
c) Planne wat ons kan maak sodat ons nageslagte sal weet hoe ons omgewing gelyk het voordat mense hier kom woon het.
d) Só behoort ons plek glad nie te lyk nie!
A
![]() |
B
![]() |
Soms woon mense in groot groepe saam en ander kere weer in kleiner groepies. Op die platteland word ‘n klein groepering van huise en winkels ‘n dorpie genoem. ‘n Dorpie word ‘n LANDELIKENEDERSETTING genoem.
Wanneer die groeperings groter word en meer besighede insluit, word dit ‘n groot dorp of selfs ‘n stad. Dit staan dan bekend as ‘n STEDELIKENEDERSETTING.
Kyk of julle die volgende vrae binne jul groepe kan beantwoord.
- die tipe geboue
- watter werk die mense doen
- van watter vervoermiddels hulle gebruik maak
| Verminder probleme in landelike gebiede | Verminder probleme in stedelike gebiede | |
Die leerder is in staat om ondersoekvaardighede te gebruik om aardrykskundige en omgewingsbegrippe en -prosesse te ondersoek.
Assesseringstandaard
Dis duidelik wanneer die leerder
1.6 inligting uit bronne (insluitend eie waarnemings) gebruik om vrae oor mense en plekke te beantwoord;
1.7 aardrykskundige en omgewingsbegrippe en -terme gebruik om op verskillende maniere verslag te doen oor ondersoeke (teken van kaarte).
Die leerder is in staat om aardrykskundige en omgewingskennis en -begrip te toon.
Assesseringstandaard
Dis duidelik wanneer die leerder
2.1 die eienskappe van die plaaslike nedersetting, insluitend landgebruik, beskryf en dit vergelyk met voorbeelde van ander plekke (mense en plekke);
2.2 die belangrikheid beskryf van toegang tot hulpbronne en dienste.
Die leerder is in staat om ingeligte besluite oor sosiale en omgewings-vraagstukke en –probleme te neem.
Assesseringstandaard
Dis duidelik wanneer die leerder
3.1 vraagstukke kan identifiseer wat met hulpbronne en dienste in spesifieke kontekste gepaardgaan;
3.2 faktore identifiseer wat veroorsaak dat sommige mense in ‘n spesifieke konteks groter toegang tot hulpbronne het as ander;
3.3 voorstelle maak oor hoe toegang tot hulpbronne in ‘n spesifieke konteks verbeter kan word.
| Myndorp/-stad | Hawedorp/-stad | Nywerheidsdorp/-stad | Toeriste-aantreklikheid |
| Kimberley | Knysna | Sasolburg | Knysna |
| Koffiefontein | Port Elizabeth | Kimberley | Port Elizabeth |
| Kaapstad | Kaapstad | Kimberley | |
| Knysna | Kaapstad | ||
| Port Elizabeth | Warmbad | ||
| Skukuza | |||
| Heroldsbaai | |||
| Hogsback |