Inside Collection (Course): Aardrykskunde Graad 4
Julle het beslis al agtergekom dat julle dorp, voorstad of stad in verskillende dele verdeel is. Die deel waar die meeste winkels en kantore geleë is, word die sentrale sakekern genoem(met besighede/winkels en kantore). Dan is daar ook die nywerheidsgebied (fabrieke en werkswinkels) en die woongebiede(woonhuise en woonstelle). Daar is goeie redes vir dié verdeling. Dit sal mos nie lekker wees om reg langs ’n fabriek te woon waar daar die hele dag lank ’n geraas en ’n gewoel en ’n gewerskaf is nie!
Weet julle watter soorte geboue ons in elk van hierdie gebiede kry? Vul dit in die tabel in.
| Sentrale sakekern | Nywerheidsgebied | Woongebied |
| ..................................... | ....................................... | ....................................... |

| ...................................... | ....................................... | ....................................... |

Mense wat te doen het met die ontwerp van stede en dorpe, word stadsbeplanners genoem. Stadsbeplanners bepaal nie net waar woonbuurte, fabrieksterreine en die sentrale sakekern moet wees nie, maar sorg ook dat grond afgebaken word vir die aanlê van kerke, skole, ontspanningsgebiede, sportterreine, strate, parkeerterreine, en vir dienste soos spoorlyne, kragvoorsiening, telefoonverbindings, riolering, en dies meer. Julle kan verstaan dat stadsbeplanners sommer aan baie dinge aandag moet gee.
Op amptelike stadskaarte word grondgebruik in verskillende kleure aangedui. Deur na die kleure op te let, kan ’n mens vasstel of ’n deel vir bewoning, of fabrieke, of wat ook al, gebruik word.
Die onderstaande tabel sê watter kleure vir die verskillende gebiede op ‘n grondgebruikkaart gebruik word. Voltooi dit deur die sleutel korrek in te kleur. Daarna moet julle die grondgebruikkaart met die regte kleure inkleur.
| 1. | Sakegebied | (donkerblou) | ||
| 2. | Nywerheidsgebied | (pers) | ||
| 3. | Hoëdigtheidsbewoning | (oranje) | ||
| (nie genommer) | Enkelbewoning | (geel) | ||
| 5. | Sport en ontspanning | (donkergroen) | ||
| 6. | Openbare oop ruimtes | (liggroen) | ||
| 7. | Landbougrond | (donkergroen omlyning) | ||
| 8. | Skole | (grys) | ||
| 9. | Kerke | (grys // 45o swartarsering) |
![]() |
Verklaring: Om jou te help om grondgebruik te identifiseer, word syfers gebruik.
Alle erwe sonder nommers is vir algemene bewoning (woongebied).
Stel ook reëls op sodat dit aangenaam sal wees vir mense wat die plek besoek.
1. .............................................................................................................
.............................................................................................................
2. .............................................................................................................
.............................................................................................................
3. .............................................................................................................
.............................................................................................................
4. .............................................................................................................
.............................................................................................................
5. .............................................................................................................
.............................................................................................................
6. .............................................................................................................
.............................................................................................................
7. .............................................................................................................
.............................................................................................................
8. .............................................................................................................
.............................................................................................................
9. .............................................................................................................
.............................................................................................................
.............................................................................................................
Die leerder is in staat om ondersoekvaardighede te gebruik om aardrykskundige en omgewingsbegrippe en -prosesse te ondersoek.
Dis duidelik wanneer die leerder
1.1 inligting uit verskillende bronne identifiseer (kaarte, atlasse, boeke);
1.7 aardrykskundige en omgewingsbegrippe en -terme gebruik om op verskillende maniere verslag te doen oor ondersoeke (teken van kaarte).
Die leerder is in staat om aardrykskundige en omgewingskennis en -begrip te toon.
Dis duidelik wanneer die leerder
2.1 die eienskappe van die plaaslike nedersetting, insluitend landgebruik, beskryf en dit vergelyk met voorbeelde van ander plekke (mense en plekke);
2.2 die belangrikheid beskryf van toegang tot hulpbronne en dienste;
2.3 kan beskryf hoe daar in die verlede in basiese menslike behoeftes voorsien is en hoe dit in die hede gebeur.
Die verskillende gebiede in ‘n dorp/stad
| Sentrale sakekern | Nywerheidsgebied | Woongebied |
| Hoë kantoorkomplekse | Groot fabrieke | Woonstelle |
| Winkelsentrums | Kleiner skure | Huise |
| Besighede | Werkswinkels | Dorpshuise |
| Skure |