Skip to content Skip to navigation Skip to collection information

OpenStax-CNX

You are here: Home » Content » Tegnologie Graad 9 » Strukture

Navigation

Lenses

What is a lens?

Definition of a lens

Lenses

A lens is a custom view of the content in the repository. You can think of it as a fancy kind of list that will let you see content through the eyes of organizations and people you trust.

What is in a lens?

Lens makers point to materials (modules and collections), creating a guide that includes their own comments and descriptive tags about the content.

Who can create a lens?

Any individual member, a community, or a respected organization.

What are tags? tag icon

Tags are descriptors added by lens makers to help label content, attaching a vocabulary that is meaningful in the context of the lens.

This content is ...

In these lenses

  • GETSenPhaseTech display tagshide tags

    This module and collection are included inLens: Siyavula: Technology (Gr. 7-9)
    By: Siyavula

    Module Review Status: In Review
    Collection Review Status: In Review

    Click the "GETSenPhaseTech" link to see all content selected in this lens.

    Click the tag icon tag icon to display tags associated with this content.

Recently Viewed

This feature requires Javascript to be enabled.

Tags

(What is a tag?)

These tags come from the endorsement, affiliation, and other lenses that include this content.
 

Strukture

Module by: Siyavula Uploaders. E-mail the author

TEGNOLOGIE

Graad 9

ARGITEKTONIESE BEPLANNING

Module 6

STRUKTURE

AKTIWITEIT 1:

Om die term ‘strukture’ te verduidelik.

’n Struktuur kan gedefinieer word as ’n liggaam wat toegepaste kragte weerstaan sonder om van vorm of grootte te verander, behalwe vormveranderings wat deur die elastisiteit van die stof waaruit dit bestaan, veroorsaak word.

Om veilige en doeltreffende strukture te kan ontwerp, moet ons die uitwerking van kragte verstaan. Die studie van kragte wat rustend is, staan bekend as statika, terwyl dinamika na die studie van kragte of liggame verwys wat in beweging is.

Die hooffunksie van ’n struktuur is om kragte van een plek na ’n ander oor te dra. As jy op ’n stoel sit, dra die stoel jou gewig oor na die vloer. As jy oor ’n brug stap, dra die brug jou gewig oor na die walle of rante waarop die brug rus. Voorwerpe wat as strukture dien kan natuurlik ook ander bykomende funksies hê.

Figure 1
Figure 1 (Picture 1.png)

Figure 2
Figure 2 (Picture 2.png)

Die mure van ’n huis vorm ’n struktuur wat verskillende gewigte na die grond oordra, maar saam met die dak verskaf hulle ook beskutting teen die elemente. Later in hierdie module gaan jy ’n addisionele konstruksie (klaskamer) vir jou skool ontwerp en maak. Jou ontwerp sal die toepassing van estetiese sowel as tegniese oorwegings behels. Jy sal poog om jou struktuur aantreklik te laat lyk sodat dit bydra tot die verryking van die omgewing.

Fokustaak A

1. Verduidelik in jou eie woorde wat ’n struktuur is.

2. Gee voorbeelde van strukture in die onmiddellike omgewing.

3. Maak ’n lys van alle moontlike doeleindes waarvoor strukture aangewend word, waaraan jy kan dink. Gee in elke geval ’n voorbeeld van ’n struktuur om te verduidelik hoe die struktuur sy doel dien.

Table 1
         
  LU 2.1      
         

AKTIWITEIT 2:

Om tussen verskillende soorte strukture te kan onderskei.

Massastrukture: Hierdie is soliede strukture soos gravitasiedamme wat die toegepaste kragte deur middel van hul eie gewig weerstaan.

Raamstrukture: Stawe word by hulle punte aan mekaar geheg om ’n raamwerk te vorm waarna dikwels as ’n skeletstruktuur verwys word. As die stawe almal op dieselfde vlak lê, word hulle ‘enkelvlakrame’ genoem (twee-dimensioneel) maar as hulle in drie vlakke lê noem ons hulle ruimterame (drie-dimensioneel). Dit is dikwels nodig om ’n ruimteraam met een of ander vorm van plaatmateriaal te bedek, bv. ’n hoë gebou wat met glas bedek is.

Doppe: In teenstelling met raamstrukture, dra ’n dop die kragte wat daarop uitgeoefen word deur die plaatmateriaal waaruit dit vervaardig is, oor. Baie items soos bv. motorvoertuie is in die verlede as ’n raam ontwerp en met plaatmateriaal bedek. Deesdae word hulle as doppe ontwerp en word die kragte deur die plaatmateriaal wat die dop vorm, oorgedra (skulpboukonstruksie). Die dop word dikwels met verstywers versterk wat help dat die dop sy vorm behou en sodoende versterk word. ’n Studie van die sterkte van die materiaal self word soms as ’n vak by ingenieurskursusse ingesluit en kan as meganiese ingenieurswerke of iets soortgelyks bekend staan (fokus op weerstandsmateriale).

Fokustaak B

  • Maak sketse van voorbeelde van die volgende uit die omgewing:

1. Massastrukture

2. Enkelvlakraam

3. Ruimteraam

4. Skulpboukonstruksie

Table 2
         
  LU 2.1      
         

5. Ontwikkel ’n inligtingsblad oor stowwe/materiale wat as plaatmateriaal vir geboue gebruik kan word.

6. Wat beteken versterking?

7. Gee voorbeelde van versterkte materiale.

Table 3
         
  LU 2.2      
         

Assessering

Table 4
LU 2
TEGNOLOGIESE KENNIS EN BEGRIPDie leerder is in staat om relevante tegnologiese kennis te verstaan en dit eties en verantwoordelik toe te pas.
Dit is duidelik wanneer die leerder :
strukture:2.1 kennis en begrip van strukture demonstreer in terme van:
  • eienskappe van materiale wat hulle werking in strukture affekteer;
  • ’n analise van die effekte van verskillende beladings (strukture);
verwerking:2.2 kennis en begrip toon oor hoe materiale geprosesseer kan word om hulle kenmerke te verander of te verbeter (lewensduur), en hoe herwinbare materiale hervervaardig kan word.

Memorandum

Fokustaak A

1. Leerders moet wys dat hulle duidelik verstaan wat ‘n struktuur is. Aktiwiteit 1 verduidelik wat ‘n struktuur is.

2. Enige struktuur, van natuurlik tot mensgemaak (voorbeeld). Huise, dakke, voëlneste, fietsraam, grotte, ens.

3. Ondersteun / stut – leer, stoeleBeskerm – huis, voëlnesteSluit in / bevat – swembad, inkopiesakOorspan ‘n afstand – brug, wasgoeddraad

Fokustaak B

1. damwalle, opgaardamme

2. fietsraam

3. elektriese krag-voorsieningstoring

4. motor, bv. Volvo

5. Hierdie bladsy moet inligting bevat oor plaatmateriaal soos glas, houtprodukte en metaalprodukte wat deesdae deur bouers gebruik word. Die leerders moet navorsing doen vir hierdie werkopdrag.

6. Die term beteken dat ‘n sekere materiaal versterk is deurdat ‘n sterk materiaal in sy struktuur bygevoeg is. Deesdae word metaalstawe in die meeste betongeboue gebruik om die beton te versterk.

7. Gewapende betonHout, bv. laaghoutGlas wat metaalstrokies bevat

Collection Navigation

Content actions

Download:

Collection as:

EPUB (?)

What is an EPUB file?

EPUB is an electronic book format that can be read on a variety of mobile devices.

Downloading to a reading device

For detailed instructions on how to download this content's EPUB to your specific device, click the "(?)" link.

| More downloads ...

Module as:

PDF | More downloads ...

Add:

Collection to:

My Favorites (?)

'My Favorites' is a special kind of lens which you can use to bookmark modules and collections. 'My Favorites' can only be seen by you, and collections saved in 'My Favorites' can remember the last module you were on. You need an account to use 'My Favorites'.

| A lens I own (?)

Definition of a lens

Lenses

A lens is a custom view of the content in the repository. You can think of it as a fancy kind of list that will let you see content through the eyes of organizations and people you trust.

What is in a lens?

Lens makers point to materials (modules and collections), creating a guide that includes their own comments and descriptive tags about the content.

Who can create a lens?

Any individual member, a community, or a respected organization.

What are tags? tag icon

Tags are descriptors added by lens makers to help label content, attaching a vocabulary that is meaningful in the context of the lens.

| External bookmarks

Module to:

My Favorites (?)

'My Favorites' is a special kind of lens which you can use to bookmark modules and collections. 'My Favorites' can only be seen by you, and collections saved in 'My Favorites' can remember the last module you were on. You need an account to use 'My Favorites'.

| A lens I own (?)

Definition of a lens

Lenses

A lens is a custom view of the content in the repository. You can think of it as a fancy kind of list that will let you see content through the eyes of organizations and people you trust.

What is in a lens?

Lens makers point to materials (modules and collections), creating a guide that includes their own comments and descriptive tags about the content.

Who can create a lens?

Any individual member, a community, or a respected organization.

What are tags? tag icon

Tags are descriptors added by lens makers to help label content, attaching a vocabulary that is meaningful in the context of the lens.

| External bookmarks