Skip to content Skip to navigation

Connexions

You are here: Home » Content » Ontwerp spesifikasies vir 'n nuwe klaskamer

Navigation

Lenses

What is a lens?

Definition of a lens

Lenses

A lens is a custom view of the content in the repository. You can think of it as a fancy kind of list that will let you see content through the eyes of organizations and people you trust.

What is in a lens?

Lens makers point to materials (modules and collections), creating a guide that includes their own comments and descriptive tags about the content.

Who can create a lens?

Any individual member, a community, or a respected organization.

What are tags? tag icon

Tags are descriptors added by lens makers to help label content, attaching a vocabulary that is meaningful in the context of the lens.

This content is ...

In these lenses

Recently Viewed

This feature requires Javascript to be enabled.

Tags

(What is a tag?)

These tags come from the endorsement, affiliation, and other lenses that include this content.
 

Ontwerp spesifikasies vir 'n nuwe klaskamer

Module by: Siyavula Uploaders. E-mail the author

TEGNOLOGIE

Graad 9

ARGITEKTONIESE BEPLANNING

Module 7

’n ontwerpstelling en spesifikasies vir ’n nuwe klaskamer

AKTIWITEIT 1:

Om ’n ontwerpstelling en spesifikasies vir ’n nuwe klaskamer te skryf

[LU 1.6]

Situasie:

  • Vanweë die groot getal inskrywings hierdie jaar by jou skool moet ’n bykomende klas­kamer beplan en gebou word. Werk in groepe (2-4) en besluit waar hierdie addisionele gebou opgerig gaan word. Jou groep moet die beskikbare terrein opmeet (in meters) en notas maak oor die bestaande infrastruktuur soos bestaande geboue, waterpunte en omgewingsaspekte soos bome, ens.

Fokustaak A

1. Skryf ’n ontwerpvoorstel vir die probleem:

2.Skryf spesifikasies vir die nuwe klaskamer.

3. Maak ’n 2D-skets van die bestaande geboue en omgewingskenmerke van die terrein waar jy beplan om die nuwe klaskamer te bou. Oorweeg die impak wat die nuwe klaskamer op die omgewing moontlik kan hê.

Table 1
         
  LU 1.1      
         

Aktiwiteit 2:

Om inligting oor die behoeftes rakende die nuwe klaskamer in te samel

[LU 1.4]

  • Om die nuwe klaskamer sodanig te ontwerp dat dit ’n oplossing vir die probleem verskaf, moet inligting van verskillende partye wat geraak word, ingesamel word, bv. die skoolhoof, onderwysers, leerders en ouers.

Fokustaak B

1. Ontwerp en ontwikkel ’n vraelys wat gebruik word om ’n opname van die menings van die skoolgemeenskap te maak. Gebruik jou eie papier en voeg dit as bykomende bladsye na hierdie bladsy in.

2. Stel die data (inligting) wat met die vraelys ontvang is, in die vorm van ’n grafiek voor. Voeg die grafiek as ’n addisionele bladsy by.

Aktiwiteit 3:

Om idees oor die nuwe klaskamer deur middel van skuinsaansigtekeninge voor te stel

[LU 1.7, 1.9]

Fokustaak C

  • Formuleer idees oor hoe jou groep van plan is om die nuwe klaskamer te bou. Gebruik skuinsaansigtekeninge soos hieronder voorgestel om julle idees te illustreer.

Aktiwiteit 4:

Om die plasing van die nuwe klaskamer aan te toon deur ’n blokplan te teken

[LU 1.9]

Fokustaak D

  • Teken ’n blokplan wat die paaie, buitelyne van die geboue en die terreingrense aantoon. Dit is belangrik om aan te dui waar Noord op hierdie plan is. Dui Noord met ’n pyltjie (↑) aan.
  • Verander nou die blokplan na ’n terreinplan deur die buitedimensies, bome, mangat en rioolpype op die plan aan te toon.
  • Gebruik jou eie papier en voeg dit as ’n addisionele bladsy in.
  • ’n Voorbeeld van ’n blokplan:
  • Figure 1
    Figure 1 (Picture 1.png)

AKtiwiteit 5:

Om ’n plan volgens skaal te teken

[LU 1.9]

Dit is duidelik dat dit onmoontlik is om die klaskamer volgens sy werklike grootte op ’n A4-bladsy te teken. Dit is altyd raadsaam om ’n voorwerp volgens sy werklike grootte te teken (skaal 1:1), wat beteken dat 1 mm op die tekening gelyk is aan 1 mm van die werklike grootte van die voorwerp. Die meeste items is egter te groot en moet afgeskaal word om op papier te pas. In ander gevalle mag die items te klein wees en moet hulle opgeskaal word, bv. in die geval van elektriese komponente.

In die formule wat gebruik word om die skaal aan te dui, verteenwoordig die eerste syfer die meeteenheid wat in die tekening gebruik word, terwyl die tweede syfer aandui watter grootte hierdie eenheid op die werklike voorwerp verteenwoordig. Dit beteken dat ’n tekening wat teen ’n skaal van 1:2 geteken is, ’n verkleining is (helfte van die werklike grootte): die eenheid waarin die tekening gemeet word, verteenwoordig twee sulke eenhede op die werklike voorwerp. Met ander woorde 1 mm op die tekening sal 2 mm op die werklike voorwerp wees. Hierteenoor beteken ’n skaal van 2:1 dat die tekening ’n vergroting is: tweemaal die volle grootte van die voorwerp.

Fokustaak E

1. ’n 1:500-skaaltekening wys ’n muur as synde 10 mm lank. Hoe lank sal die muur van die werklike gebou wees?

2. Jy moet ’n venster van 2 m wyd op ’n 1:100-skaaltekening aandui. Hoe wyd sal die venster op jou tekening wees?

Assessering

Table 2
Leeruitkomstes(LUs)
 
LU 1
TEGNOLOGIESE PROSESSE EN VAARDIGHEDEDie leerder is in staat om tegnologies prosesse en vaardighede eties en verantwoordelikheid toe te pas deur gepaste inligtings- en kommunikasietegnologie te gebruik.
Assesseringstandaarde(ASe)
 
Dit is duidelik wanneer die leerder:
ondersoek:1.1 ’n probleem, behoefte of geleentheid vanuit ’n gegewe lewensgetroue konteks identifiseer en verduidelik, en die konteks, aard van die behoefte, die omgewingsituasie en die mense wat geraak word, ondersoek;
1.4 toepaslike tegnologieë en metodes gebruik om:
  • relevante inligting te identifiseer;
  • inligting te versamel;
  • inligting te vergelyk, te sorteer, te verifieer, te evalueer en te stoor (ondersoek);
ontwerp:1.5 ‘n kort en duidelike stelling of ontwerpopdrag vir die ontwikkeling van ‘n produk of met betrekking tot ‘n gegewe probleem, behoefte of geleentheid skryf of kommunikeer;
1.6 produk- en ontwerpspesifikasies en -beperkinge lys as oplossing vir ’n geïdentifiseerde of gegewe probleem, behoefte of geleentheid, gebaseer op al die onderstaande kernontwerpe:
  • mense: ouderdomsteikenmark;
  • doel: funksie;
  • voorkoms: kleur, vorm;
  • omgewing: waar gaan produk gebruik word en impak op die omgewing;
  • veiligheid: vir gebruikers en vervaardigers;
  • koste;
  • ergonomika;
  • kwaliteit;
  • produksie (ontwerp);
1.7 ’n reeks moontlike oplossings wat beduidend van mekaar verskil en duidelik met die ontwerpstelling en die spesifikasies en beperkinge verband hou, genereer;
maak:1.9 ’n plan ontwikkel wat elk van die volgende insluit:
  • hulpbronnelyste;
  • tekeninge wat mates en hoeveelhede aandui;
  • al die stappe wat nodig is om die produk te maak;
1.10 geskikte gereedskap en materiaal kies vir die maak van ontwerpte produkte met akkuraatheid en kontrole, deur te meet, te sny, te skei, te vorm, te heg of te kombineer, en die akkurate en doeltreffende afwerking van ‘n reeks materiale;
evalueer:1.13 die produk in terme van self-geformuleerde kriteria wat met die ontwerpopdrag, spesifikasies en beperkings verband hou, evalueer deur selfontwerpte prosedures vir selftoetsing te gebruik en ook sinvolle verbeteringe of aanpassingsvoorstel wat duidelik in ‘n meer doeltreffende of hoër kwaliteit eindproduk sal lei.
kommunikeer:1.15 idees in ’n projekportefeulje voordra deur formele tekentegnieke aan te wend en twee-dimensionele of drie-dimensionele sketse, stroomdiagramme of sisteemdiagramme voor te berei wat die volgende kenmerke bevat:
  • benutting van SA konvensionele tekenstandaarde;
  • notas om ontwerpredenasie en kernkeuses te verduidelik;
  • indrukwekkende verbetering van betekenisvolle tekeninge (kommunikeer).

Memorandum

AKTIWITEIT 1

Daar word van leerders verwag om in groepe van twee tot vier te werk. Dit sal vir die leerders nodig wees om na die terrein te gaan waar die nuwe klaskamer gebou gaan word. Hulle moet ‘n ontleding van die nuwe terrein doen. Hierdie ontleding sal in Fokustaak A voorkom. Hulle kan papier na die terrein neem om aantekeninge te maak en

mates af te skryf (meet jou treë – 1 tree = 1 meter). Die leerders moet dan hierdie data gebruik om in die klaskamer ‘n formele skets van die terrein te maak (Fokustaak A).

Hulle moet ook hul eie ontwerpopdrag en spesifikasies vir hul klaskamer in Fokustaak A skryf. Die opdrag moet iets heel eenvoudigs wees soos Ontwerp ‘n nuwe klaskamer vir die Graad 8s.

Die spesifikasies moet die vereistes wees vir ‘n gewone klaskamer, insluitend die volgende:

  • die grootte – 40 leerders moet met gemak daarin geakkommodeer kan word
  • ventilasie
  • beligting (elektries en natuurlik)
  • materiale
  • getal lessenaars
  • vorm van klaskamer
  • swartbord?
  • deure ens.

Die leerders verplig om navorsing te doen. Hulle moet deur middel van ‘n vraelys data insamel en dan moet hulle die data in die vorm van ‘n grafiek aanbied. Indien daar rekenaars beskikbaar is, kan hierdie aanbieding in programme soos Excel en PowerPoint gedoen word.

Die idees moet driedimensioneel in die skuinsaansig- of isometriese vorm wees. Gebruik die ruitpapier wat verskaf is. Die leerders kan ‘n vel deursigtige papier bo-oor die ruitpapier plaas sodat hulle die ruit oor en oor kan gebruik.

Content actions

Download module as:

PDF | EPUB (?)

What is an EPUB file?

EPUB is an electronic book format that can be read on a variety of mobile devices.

Downloading to a reading device

For detailed instructions on how to download this content's EPUB to your specific device, click the "(?)" link.

| More downloads ...

Add module to:

My Favorites (?)

'My Favorites' is a special kind of lens which you can use to bookmark modules and collections. 'My Favorites' can only be seen by you, and collections saved in 'My Favorites' can remember the last module you were on. You need an account to use 'My Favorites'.

| A lens I own (?)

Definition of a lens

Lenses

A lens is a custom view of the content in the repository. You can think of it as a fancy kind of list that will let you see content through the eyes of organizations and people you trust.

What is in a lens?

Lens makers point to materials (modules and collections), creating a guide that includes their own comments and descriptive tags about the content.

Who can create a lens?

Any individual member, a community, or a respected organization.

What are tags? tag icon

Tags are descriptors added by lens makers to help label content, attaching a vocabulary that is meaningful in the context of the lens.

| External bookmarks