‘n Verskeidenheid dienste word deur die plaaslike regering (munisipaliteit) aan ‘n gemeenskap gelewer. Kan jy dalk aan dinge dink wat die munisipale werkers in jou omgewing op ‘n gereelde basis doen?
Verdeel julle klas in ‘n aantal werkgroepe en onderneem ‘n MENINGSOPNAME onder VOLWASSE PERSONE waarmee julle probeer vasstel wat mense se verwagting van ‘n plaaslike owerheid is. Maak seker dat julle mense met 'n lae, gemiddelde sowel as ‘n bo-gemiddelde inkomste ondervra.
Sluit vrae soos die volgende in:
Maak nou ‘n lys van ten minste ses dienste wat mense van hul plaaslike munisipaliteit verwag.
Die dienste in ‘n goed beplande stad of groot dorp
|
Hou gou ‘n GROEPBESPREKING en besluit op die belangrikheid van elkeen van die volgende dienste. Skryf dan die rangorde (1 belangrikste tot 9) in die blokkies.‘n Woordvoerder van elke groep moet dan die DRIE BELANGRIKSTE dienste en die ONBELANGRIKSTE een uitwys en sy groep se keuse MOTIVEER. |
LEERUITKOMS 2: AARDRYKSKUNDIGE KENNIS EN BEGRIP
Die leerder is in staat om aardrykskundige en omgewingskennis en -begrip te toon.
Assesseringstandaard
Dis duidelik wanneer die leerder
2.2 die belangrikheid beskryf van toegang tot hulpbronne en dienste;
LEERUITKOMS 3: VERKENNING VAN VRAAGSTUKKE
Die leerder is in staat om ingeligte besluite oor sosiale en omgewingsvraagstukke en –probleme te neem.
Assesseringstandaard
Dis duidelik wanneer die leerder
3.2 faktore identifiseer wat veroorsaak dat sommige mense in ‘n spesifieke konteks groter toegang tot hulpbronne het as ander;
3.3 voorstelle maak oor hoe toegang tot hulpbronne in ‘n spesifieke konteks verbeter kan word.
Munisipale dienste