AARDRYKSKUNDE
Graad 4
HULPBRONNE EN DIENSTE
Module 17
OPVOEDKUNDIGE, HANDELS- EN VERVOERDIENSTE
1. Opvoedkundige dienste
speelskooltjie
kleuterskool
primêre skool
hoërskool
tegniese kollege
technikon
universiteit
....................................................................................................................
....................................................................................................................
....................................................................................................................
....................................................................................................................
....................................................................................................................
...................................................................................................................
Aktiwiteit 1
Om vas te stel of opvoedkundige hulpbronne maklik bereikbaar is
[LU 1.7, 2.1]
Hoe ver is die naaste universiteit, technikon, tegniese kollege of hoërskool aan julle? Dalk is daar nie so iets op julle dorp of in julle stad nie. Vind uit hoe ver dit is en vul dan die afstand in die tabel in.
Naam van my dorp, stad of voorstad:
Die naaste aan ons:
| Opvoedkundige diens | Naam | Afstand |
| Hoërskool: | ||
| Tegniese Kollege: | ||
| Technikon: | ||
| Universiteit: |
Watter voordeel hou dit vir jongmense in as hulle naby ’n plek woon waar hulle verder kan studeer?
...................................................................................................................
...................................................................................................................
..................................................................................................................
..................................................................................................................
Aktiwiteit 2
Om bewus te wees van dienste wat deur mense en instansies gelewer word [LU 2.2, 2.3, 3.2]
Julle het reeds ontdek dat hoe groter die plek (dorp of stad) is, hoe beter is die kans dat daar baie soorte opvoedkundige dienste beskikbaar sal wees. Met ander dienste, soos handelsdienste, is dit dieselfde. Hoe groter die dorp of stad, hoe meer sakeondernemings soos fabrieke, banke en winkels sal daar wees.
Hier volg ’n aantal sinne wat verband hou met handelsdienste, en waar dit gelewer word. Lees elke sin versigtig deur, maak seker dat jy dit verstaan en bespreek dit dan met jou maat(s). Merk dan af of die stelling waar of onwaar is:
| W | O | |
| 1. Mense sal dikwels van kleiner dorpe na groot dorpe of stede reis om daar inkopies te doen. | ||
| 2. As ’n boer 25 ton aartappels op een slag wil verkoop, sal dit die beste vir hom wees om dit na ’n mark in die stad te neem. | ||
| 3. ’n Juwelier wat slegs diamantringe verkoop, moet liewer sy juwelierswinkel in ’n groot stad gaan open. | ||
| 4. Die gebruik van rekenaars veroorsaak dat banke in klein dorpies al minder en minder raak. | ||
| 5. Vandag kry jy op die kleinste dorpies CD-winkels wat slegs CD’s met klassieke- en operamusiek verkoop. | ||
| 6. Baie meer mense besoek ‘n vlooimark op ‘n klein dorpie as een in ‘n stad. |
In stede en groot dorpe is daar groot getalle mense wat produkte koop en van dienste gebruik maak. Ons sê daar is ’n groot mark. Ons weet ook dat hoe groter die mark is, hoe goedkoper die produkte kan wees.
Julle sal verstaan dat jy eerder R2,00 wins op elk van tien artikels (R20,00 wins) wil maak, as R4,00 op elke artikel, maar jy verkoop slegs twee (R8,00 wins)!
Maar handelsdienste beteken nie dat daar altyd produkte of artikels of voorwerpe verkoop moet word nie. Baie mense verkoop hul dienste, byvoorbeeld prokureurs en advokate, rekenmeesters, banke, dokters, reisagente en makelaars (mense wat ander se geld belê). Daar is ook mense wat ander se tuine versorg, loodgieters en bouers. Ook hierdie mense se dienste is eerder in die groot plekke beskikbaar as op klein dorpies.
Lys ’n paar mense of firmas waarvan julle weet wat dienste lewer, maar nie produkte verkoop nie:
| Naam | Diens |
2. Vervoerdienste
Aktiwiteit 2
Om die waarde van vervoerdienste en paaie te ondersoek [1.2, 2.2]
Julle sal weet dat ons moderne samelewing nie sonder vervoer kan klaarkom nie. Dink maar net aan die verskillende maniere waarop leerders orals in ons land skool toe gaan: per motor, taxi, bus, trein en fiets.
Probeer om saam met jou maat hierdie vyf metodes van vervoer te klassifiseer as openbare of private vervoer. Merk dit met ‘n x in die toepaslike kolom.
| Openbare vervoer | Private vervoer | |
| Motor | ||
| Taxi | ||
| Bus | ||
| Trein | ||
| Fiets |
Behalwe vir mense wat passasiers in minibus taxi’s vervoer, is daar in ’n klein dorpie nie eintlik ander openbare vervoerdienste nie. In ’n groot stad is daar weer ’n groot verskeidenheid maniere waarop mense met openbare vervoer oor die weg kan kom. En soos julle teen hierdie tyd weet, hoe groter die plek, hoe meer maniere van vervoer.
Maar nie net mense word vervoer nie! Wat van …. Of wag, voltooi julle maar self:
Noem vyf produkte op wat in elk van die volgende bedrywe vervoer moet word:
| Boubedryf | Motorhawe met vulstasie | Landbou | |
Dink net aan al die verskillende soorte vragvoertuie waarmee die produkte wat julle nou opgenoem het, vervoer moet word!
Vervoer het die lewe baie maklik gemaak en boonop die mens vry gemaak om sy wêreld te verken, en dit lyk asof alles steeds makliker word. Maar ons gaan nou ’n ondersoek onderneem om vas te stel of alles werklik so maklik is en glad verloop soos wat dit lyk.
Verdeel julle klas in vier groepe om vervoer in die volgende omstandighede te ondersoek: (a) ’n liggaamlik gestremde persoon, (b) vervoer in ’n minibus-taxi, (c) die vervoer van petrol of gas (gevaarlike stowwe), en (d) die vervoer van beseerdes in ’n ambulans.
Elke groep kry ’n onderwerp. Oor elke onderwerp moet ten minste ses vrae aan iemand met eerstehandse kennis oor die saak gestel word. Die eerste twee vrae vir elke onderwerp word verskaf, maar aan die res van die vrae moet julle self dink. Gebruik die antwoorde om terugvoering aan die klas te doen.
Hoe ervaar ’n gestremde persoon vandag se vervoer?
…………………………………………………………………………………………
……………………………………………………………………………………………
……………………………………………………………………………………………
Vervoer in ’n minibus-taxi
............................................................................................................................
.........................................................................................................................
.........................................................................................................................
Die vervoer van gevaarlike stowwe – petrol of gas
Die werk van ’n ambulansbestuurder
Assessering
LEERUITKOMS 1: AARDRYKSKUNDIGE ONDERSOEK
Die leerder is in staat om ondersoekvaardighede te gebruik om aardrykskundige en omgewingsbegrippe en -prosesse te ondersoek.
Assesseringstandaard
Dis duidelik wanneer die leerder
1.2 inligting uit bronne onder hofies organiseer;
LEERUITKOMS 2: AARDRYKSKUNDIGE KENNIS EN BEGRIP
Die leerder is in staat om aardrykskundige en omgewingskennis en -begrip te toon.
Assesseringstandaard
Dis duidelik wanneer die leerder
2.1 die eienskappe van die plaaslike nedersetting, insluitend landgebruik, beskryf en dit vergelyk met voorbeelde van ander plekke (mense en plekke);
2.2 die belangrikheid beskryf van toegang tot hulpbronne en dienste.
2.3 kan beskryf hoe daar in die verlede in basiese menslike behoeftes voorsien is en hoe dit in die hede gebeur [mense en omgewing].
LEERUITKOMS 3: VERKENNING VAN VRAAGSTUKKE
Die leerder is in staat om ingeligte besluite oor sosiale en omgewingsvraagstukke en –probleme te neem.
Assesseringstandaard
Dis duidelik wanneer die leerder
3.2 faktore identifiseer wat veroorsaak dat sommige mense in ‘n spesifieke konteks groter toegang tot hulpbronne het as ander.
Memorandum
Dienste
| Openbare vervoer | Private vervoer | |
| Motor | √ | |
| Taxi | √ | |
| Bus | √ | |
| Trein | √ | |
| Fiets | √ |
1. Klip Brandstof Koring/saad
2. Sand Olie Mielies
3. Stene Parte Vrugte
4. Sement Stukkende voertuie Kompos
5. Dakkappe Dierevoer/water