Inside Collection (Course): Kuns en Kultuur Graad 9
MUSIEK
Aktiwiteit 1
Om te kan verduidelik hoe tegnologie musiek t.o.v. verspreiding beïnvloed het?
[lu 4.3]
Hoe is musiek sedert die begin van die 20ste eeu versprei?
Hoe het tegnologie musiek t.o.v. instrumente beïnvloed?
Die klavier ontwikkel uit die klavesimbel en bereik sy hoogtepunt in die Romantiese periode (1800 -1900). Een van die belangrikste tegnologiese ontwikkelinge t.o.v. die klavier is dat die instrument crescendo en diminuendo kan produseer (geleidelik harder en sagter), asook die ontwikkeling van die pedaal wat dit moontlik maak om klanke te verbind.
Sedert 1950 is dit elektroniese instrumente, veral instrumente met versterkte klank soos bv. die elektriese ghitaar en elektriese klavier wat op die voorgrond tree. Met die ontwikkeling van elektroniese- en rekenaartegnologie, stel dit die komponis in staat om beide komponis, sowel as uitvoerder te wees. Opnames word gemaak in studio's wat toegerus is met o.a. bandmasjiene, sintetiseerders, rekenaars en toestelle om klank te meng en te filtreer. Dit stel die komponis in staat om ’n geweldige breë spektrum van klank te ontgin.
Klokke
Sirenes
Stilte
Masjiengeluide
Stemme
Dieregeluide
Elektroniese klanke
Aktiwiteit 2 (groep)
Om die volgende aanhaling te kan debatteer
![]() |
Kom ons voer hierdie werk uit!
Goed: 1.....2......3......begin!
1 sekonde, 2 sekondes ............................................................................ ............................................4 minute 30 sekondes, 4 minute 31 sekondes,4minute 32 sekondes, 4minute 33 sekondes STOP!
Luister nou na die opname!
Geen musiek? Slegs geluide!
Wat is die doel van hierdie komposisie?
Volgens die komponis probeer hy om komposisiemiddele so te rangskik dat hy nie ‘n idee het van wat gaan gebeur nie! Sy doel is om die doel uit te skakel. En die doel van hierdie doellose musiek word bereik as mense leer om te luister – ook na alledaagse geluide! Hierdie tipe musiek bevorder die kommunikasie tussen die komponis en die luisteraar.
Aktiwiteit 3 (Groep en individueel)
![]() |
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
![]() |
Herhaal ritmepatrone. Party lyne kan lank wees, ander weer kort.
Rym dus in koeplette (twee-twee)
Refrein: Dit is ‘n groep reëls wat dieselfde bly.
Sterk klanke om te gebruik: BR, DR, KR, PR, SL, ST, STR, TR
Gebruik die kletsrym (rap) wat geskryf is en voeg die res by wat benodig word vir Hip-Hop!
Julle kan in groepe werk: een leerder kan briekdans, een (of meer) kan die DJ wees, een moet rymklets en die res van die groep kan ‘n plakkaat met die titel in graffiti ontwerp.
Julle kan ‘n “live “ optrede voor die klas hou of dit op video opneem.
Maak gebruik van verbeelding asook alle moontlike tegnologie tot julle beskikking! (Liggaamsperkussie en klanke kan ook gebruik word.) Onthou daar is nie reëls nie!
VOORBEELDE: Slimskud – Azanian
Brasse van die Kaap
Will Smith
ONTHOU: Jy kan net Rap oor ‘n onderwerp waarvan jy genoeg weet!
| Leeruitkomstes(LUs) |
| LU 4 |
| uitdrukking en kommunikasieDie leerder is in staat om te analiseer en ‘n verskeidenheid vorme van kommunikasie en uitdrukking in Kuns en Kultuur te gebruik. |
| Assesseringstandaarde(ASe) |
| Dit is duidelik wanneer die leerder: |
| MUSIEK |
| 4.3 kan verduidelik hoe tegnologie deur die jare musiek beïnvloed het; |