DRAMA
Aktiwiteit 1
Om ‘n dramavoorstelling te gebruik om die impak van waardes en gedrag te evalueer: strooi-saga of poppekas
[LU 4.2]
STAP 1
- In hierdie leereenheid gaan julle ‘n liedjie skryf, of ‘n storie in animasievorm vertel of ‘n poppekas-aanbieding hê. Julle opvoeder sal vir julle die inligting gee waaroor dit moet handel en julle kan self besluit wat julle gaan doen. Julle ken nou al die reëls van hierdie kunsvorm en kan gemakliker daarmee omgaan. Kies dadelik julle groepe en begin werk aan die teks.
STAP 2
- Julle weet nou dat ons na waardes en gedrag van mense gaan kyk in sekere algemene gevalle, soos die sepies of enige ander teatervorm. Julle gaan ‘n dramatiese aanbieding van hierdie onderwerp maak in die vorm van julle keuse. Daar is die voorbeeld van die ma of pa wat rugby/krieket of na enige ander sportsoort kyk, terwyl jy na jou program wil kyk. Of die ma wat voor die televisie sit en nie haar sepie mis nie, al is julle hoe honger of al wil julle hoe graag na iets anders kyk.
STAP 3
- Die leerders wat die poppekas-metode kies, moet onmiddellik begin om die poppekas-teater te bou. Gebruik ‘n kartondoos waarin mense yskaste of stowe verpak – gaan vra by julle naaste meubelwinkel of hulle een het. Die dogters in die groep kan die gordyn vir die verhogie maak. Dié van julle wat ‘n liedjie wil skryf, sal dadelik bymekaar moet kom om die woorde en musiek van die liedjie te kombineer. Die wat ‘n animasie wil doen, moet ook begin werk aan die manier waarop hierdie karakters praat. Stemwerk is van groot belang in hierdie geval.
STAP 4
- Julle is reeds besig met repetisies, kostuums en poppe word gemaak, die poppekas is voltooi, of amper voltooi, en geverf. Onthou deurgaans dat ons ook kleur gebruik om ons karakters se emosies mee aan te dui! Klee dus julle poppe in die kleur van die bui waarin hulle is! Die sangers moet ook sorg dat die woorde so geskryf word, dat almal dadelik die bui van die karakters sal kan agterkom. Ook in die animasie geld dieselfde reël.
STAP 5
- Teen hierdie tyd behoort alles feitlik klaar en reg te wees. Onthou hierdie proses vind oor ‘n hele paar lesure plaas, wat julle genoeg tyd gee om dit met aandag en deeglike beplanning voor te berei. Wees asseblief altyd betyds vir repetisies en moenie die medespelers in die steek laat nie. As jy ‘n rekwisiet moet gaan soek, maak werk daarvan. Probeer om so ver as moontlik as GROEP saam te werk, en indien julle ‘n regisseur aangestel het, luister na hom /haar!
STAP 6
- Nou het die tyd aangebreek vir die groot opvoering! Daar sal beslis baie interessante aanbiedings wees. Onthou dat hierdie aanbiedings ook KOMIES kan wees, dit hoef nie noodwendig ERNSTIG te wees nie. Julle moet self besluit hoe julle die situasies gaan opsom en aanpak.
ASSESSERING
Table 1
| Die leerder is in staat om: |
1 |
2 |
3 |
4 |
5 |
6 |
7 |
- op eie inisiatief ondersoek in te stel na lewenswyses van mense en dit op 'n kreatiewe manier te verbeeld;
|
|
|
|
|
|
|
|
- op 'n gemaklike wyse met medeleerders kommunikeer en uitdrukking aan sy/haar gevoelens gee d.m.v. openbare optrede voor 'n gehoor (die klas); en
|
|
|
|
|
|
|
|
- met ander saamwerk in die voorbereidingvan ‘n projek.
|
|
|
|
|
|
|
|