Skip to content Skip to navigation Skip to collection information

Connexions

You are here: Home » Content » Kuns en Kultuur Graad 9 » Hoe dans die veranderende waardes van die tyd weerspieel

Navigation

Lenses

What is a lens?

Definition of a lens

Lenses

A lens is a custom view of the content in the repository. You can think of it as a fancy kind of list that will let you see content through the eyes of organizations and people you trust.

What is in a lens?

Lens makers point to materials (modules and collections), creating a guide that includes their own comments and descriptive tags about the content.

Who can create a lens?

Any individual member, a community, or a respected organization.

What are tags? tag icon

Tags are descriptors added by lens makers to help label content, attaching a vocabulary that is meaningful in the context of the lens.

This content is ...

In these lenses

  • GETSenPhaseAC display tagshide tags

    This collection is included inLens: Siyavula: Arts & Culture (Gr. 7-9)
    By: Siyavula

    Collection Review Status: In Review

    Click the "GETSenPhaseAC" link to see all content selected in this lens.

    Click the tag icon tag icon to display tags associated with this content.

Recently Viewed

This feature requires Javascript to be enabled.

Tags

(What is a tag?)

These tags come from the endorsement, affiliation, and other lenses that include this content.
Download
x

Download collection as:

  • PDF
  • EPUB (what's this?)

    What is an EPUB file?

    EPUB is an electronic book format that can be read on a variety of mobile devices.

    Downloading to a reading device

    For detailed instructions on how to download this content's EPUB to your specific device, click the "(what's this?)" link.

  • More downloads ...

Download module as:

  • PDF
  • EPUB (what's this?)

    What is an EPUB file?

    EPUB is an electronic book format that can be read on a variety of mobile devices.

    Downloading to a reading device

    For detailed instructions on how to download this content's EPUB to your specific device, click the "(what's this?)" link.

  • More downloads ...
Reuse / Edit
x

Collection:

Module:

Add to a lens
x

Add collection to:

Add module to:

Add to Favorites
x

Add collection to:

Add module to:

 

Hoe dans die veranderende waardes van die tyd weerspieel

Module by: Siyavula Uploaders. E-mail the author

KUNS EN KULTUUR

Graad 9

UITDRUKKING EN KOMMUNIKASIE

Module 7

HOE DANS DIE VEROUDERENDE WAARDES VAN DIE TYD WEERSPIEËL

DANS

  • INLEIDING

Dans is opwindend. Dit openbaar aspekte van die lewe en menslike emosie. Soos met enige ander kunsvorm, moet die ware doel van dans altyd die uitdrukking van menslike gevoel wees. Dans is ‘n ekspressiewe aksie – spesiaal, ritmies en geaksentueerd. ‘n Dans moet doel en mag weerspieël.

In hierdie module word gekyk na die invloed van dans en hoe dans die veranderende waardes van die tyd weerspieël a.g.v. die invloed van musiek, plek, modes en tegnologie.

Aktiwiteit 1

Om korrek vir dansoefeninge op te warm

[LU 4.1]

  • Voordat jy kan begin om jou dansroetine te skep, moet jou liggaam deeglik opgewarm word om beserings te voorkom en jou voor te berei op die aktiwiteite wat gaan volg.
  • Die opwarming kan op die maat van musiek gedoen word. Kies musiek waarmee jy gemaklik voel en wat nie te vinnig is nie.

Staan met jou voete heupwydte van mekaar af, arms langs jou sye.

Asem in deur jou neus, lig jou arms bo jou kop.

Asem uit deur jou mond, laat sak jou arms en buig jou knieë terselfdertyd.

Herhaal vier keer.

Beweeg van kant tot kant op een plek.

Lig albei arms op en uit na die kante op maat van die musiek terwyl jy nog steeds van kant tot kant op een plek beweeg (herhaal agt keer).

Hou beweging – laat sak jou arms – draai skouers om die beurt (herhaal agt keer).

Hou beweging – draai skouers in die ander rigting (herhaal agt keer).

Buig en maak knieë reguit – stoot boude uit – knieë en voete wys vorentoe (herhaal agt keer).

Buig knieë – knieë en voete wys vorentoe – boude uit – sit hande op knieë – trek rug op (soos ‘n kat) en ontspan (herhaal agt keer).

Bly in vorige posisie – lig tone om die beurt – hou hakke op die vloer (herhaal agt keer).

Lig hakke om die beurt (herhaal agt keer).

Maak bene wyer oop – sit jou hande op jou heupe – voete en knieë wys na buite – strek (“lunge”) van kant tot kant – hou voete stewig op die vloer (herhaal agt keer).

Strek ("lunge") na regs en hou strekposisie vir vier tellings.

Strek (“lunge”) na links en hou strekposisie vir vier tellings.

Kom terug in pliè posisie (knieë gebuig, knieë en voete wys na buite) – hande op heupe – buig en maak knieë reguit (herhaal agt keer).

Hou bene oop en knieë gebuig en lig jou voete om die beurt terwyl jy op een plek bly (herhaal agt keer).

Bring voete na mekaar toe en loop op die plek (agt tellings).

Loop op een plek met voete bymekaar en dan oop vir agt tellings.

Loop op een plek – lig arms op en af (herhaal agt keer).

Loop op een plek – herhaal asemhalingsoefening.

  • Die opwarmingsoefeninge moet nie korter as drie minute of langer as vyf minute duur nie.
  • Jy moet normaal gedurende hierdie oefening asemhaal.

Aktiwiteit 2

Om die HIP-HOP te kan beskryf en uitvoer

Hip-Hop is fisies, abstrak, ongedefinieer, sielvol en volg die tromslag. Geneem van die Rap-beweging, is die armsbewegings of los of gestileerd – afhangende van die stemming van die musiek – maar altyd oordryf en vergroot. Tegnies is daar geen nuwe passies nie, slegs verskillende interpretasies van passies, uitgevoer met uitbundige hoeveelhede energie. Die verhouding tussen die dans en die musiek is van kardinale belang en skep ‘n drama van die menslike liggaam, omdat alle bewegings belangrik is en ‘n plek het in die dans.

Die Musiek

  • Kies jou eie Hip-Hopmusiek.
  • Kies musiek uit die ander leerders se musiekversamelings vir die dans.
  • Maak seker die tempo is tussen 113 mate per minuut en 140 mate per minuut.
  • Verwyder enige musiek met obsene en onwelvoeglike lirieke.

Die Bewegings en Passies

  • Loop op die maat van die musiek.
  • Loop op die maat van die musiek – lig jou knieë op.
  • Eksperimenteer met armbewegings.
  • Ontwikkel groter sensitiwiteit t.o.v. die ritme en ritmiese veranderings.
  • Demonstreer helderheid van vorm, rigting, vlakke en grootte met die uitvoering van die aksies.
  • Spring op die ritme van die musiek.
  • Vergroot die danswoordeskat van die spronge – isoleer arms, lig bene, buig die liggaam terwyl gespring word.
  • Beweeg van een plek na ‘n ander terwyl spronge uitgevoer word.
  • Verander van rigting.
  • Beweeg met jou bene oop.
  • Eksperimenteer met oop en toe bene terwyl gespring word.
  • Eksperimenteer met draaie – draai op een plek met voete bymekaar, verander van rigting, beweeg van een plek na ‘n ander, draai met bene gekruis, draai met een been opgelig.
  • Eksperimenteer met die lig van die been en skop dan bene op, na die kante, na agtertoe en vorentoe.
  • Eksperimenteer met die verskillende vlakke (hoog, middel, laag).
  • Begin grondwerk voorstel.
  • Eksperimenteer met handstande, wawiele en rolle.

Die Choreografie

  • Met die kennis wat jy verwerf het tydens die vorige oefening, sal jy in staat wees om bewegings in ‘n sekwens te kombineer en jou eie dans te kan choreografeer.
  • Vorm groepe van vier.
  • Elke groep moet nou die bewegingselemente gebruik om die choreografie interessanter te maak en sekwense van 8 tot 16 tellings saamvoeg.
  • Elke groep moet ‘n “oefen-opvoering” aan die res van die klas bied.
  • Laat die res van die klas hierdie oefen-opvoerings hersien.
  • Kies sekwense uit die groepe vir die Hip-Hopdans.

Die Dans

  • Choreografeer die Hip-Hopdans uit die gekose sekwense.
  • Maak seker die bewegings is volgens die gepaste styl.
  • Oefen en voer die dans vir ‘n spesifieke omgewing op.
  • Demonstreer vaardighede en houdings gepas vir die dansondervinding.
  • Toon sensitiwiteit vir die klankvolume van die musiek.
  • Sluit effektiewe strukture in ( duidelike begin, egalige oorgange, sterk, duidelike einde).
  • Wees bewus van die gebruik van elemente van beweging (verskeidenheid in vlakke, ritme, liggaamsdele, verandering in fokus, bewegingskrag (interessante vloerpatrone).
  • Demonstreer oorspronklikheid en kreatiwiteit.

Die Opvoering

  • Onthou die choreografie.
  • Demonstreer duidelike bewegingskrag.
  • Gehoorsaam die ritme – tydsberekening is alles!
  • Demonstreer houding – dit is “show business”!

ASSESSERING

Choreografie-assessering

Table 1
Die leerder is in staat om: 1 2 3 4 5 6 7
  • ‘n duidelike begin, egalige oorgange tussen bewegings en ‘n sterk, duidelike einde te kan struktureer;
             
  • ‘n bewuste gebruik van elemente van beweging te kan implementeer, wat insluit: verskeidenheid van vlakke, interessante vloerpatrone, verskeidenheid van ritme, verandering in fokus van die groep, verskeidenheid van liggaamsdele gebruik en verandering in bewegingskrag;
             
  • begrip van die styl en musiek in verhouding tot die bewegings te demonstreer, asook ‘n sensitiwiteit vir die musiek toon;
             
  • innoverende, ongewone inhoud en uitvoering te demonstreer;
             

Opvoeringsassessering

Table 2
Die leerder is in staat om: 1 2 3 4 5 6 7
  • die dans op te voer met begrip van uitdrukking en vorm, gebruik van begeleiding, aanbiedingselemente, ens.;
             
  • danswoordeskat en vaardigheid om stilistiese gedefinieerde danstegnieke op te voer, uit te brei;
             
  • begrip van styl d.m.v. die akkurate gebruik van die liggaam, ritme, bewegingskrag, gewig, ens. te demonstreer;
             
  • begrip van uitdrukking en vorm in dans te demonstreer;
             
  • die choreografie van die dans na herhaling en repetisie te kan onthou;
             
  • duidelike bewegingskrag en akkurate ritme gedurende die opvoering te wys; en
             
  • duidelike uitvoering van vaardighede ten toon te stel en verhoogpersoonlikheid te demonstreer.
             

Aktiwiteit 3

Om korrek te kan AFKOEL EN STREK na dansoefeninge

  • Dit is belangrik om die spiere wat gebruik is gedurende die oefeninge te strek, anders sal jy “stywe” spiere vir die volgende drie dae ervaar.
  • Kies musiek met ‘n stadige tempo.

Lê op jou rug op die vloer – arms bo jou kop uitgestrek – bene reguit.

Strek jou liggaam deur met jou hande te reik en jou tone te punt (hou strekposisie vir agt tellings en ontspan).

Bring arms af na sye.

Buig jou knieë, maar hou jou voete op die vloer.

Bring een been na jou bolyf – trek die been met albei hande na jou bolyf toe – jou knie is nog steeds gebuig (hou vir agt tellings).

Maak die been reguit en trek die reguit been na jou kop toe (moenie die strekoefening forseer nie). (hou vir agt tellings)

Ruil bene om.

Bring albei bene gebuig na jou bolyf en trek jou bene in met albei hande – lig jou kop en skouers effens. (hou vir agt tellings)

Laat sak jou bene na links – hou jou bolyf en skouers op die vloer – arms uitgestrek na die kante.

Ruil om na regterkant.

Bring bene weer na middel – sit regop – knieë gebuig – hande op knieë – maak jou rug reguit – trek jou bolyf tussen jou bene deur met jou hande op jou knieë.

Kom stadig orent deur jou boude van die vloer af te lig

Krul stadig op – hou bene gebuig – kop kom laaste op.

Skud alle beweeglike liggaamsdele.

  • Alle strekoefeninge moet vir agt tellings gedoen word.
  • Die afkoel en strekoefeninge moet nie korter as drie minute of langer as vyf minute duur nie.
  • Alle strekoefeninge moet stadig uitgevoer word om beserings te vermy.

Assessering

Table 3
Leeruitkomstes(LUs)
 
LU 4
uitdrukking en kommunikasieDie leerder is in staat om te analiseer en ‘n verskeidenheid vorme van kommunikasie en uitdrukking in Kuns en Kultuur te gebruik.
Assesseringstandaarde(ASe)
 
Dit is duidelik wanneer die leerder:
MUSIEK
4.3 kan verduidelik hoe tegnologie deur die jare musiek beïnvloed het;
 
DRAMA
4.2 ‘n drama-aanbieding gebruik om kritiek te lewer op die impak van sepies, radio-aanbiedings of ander beskikbare vorms van uitvoerende media op mense se waardes en gedrag;
 
DANS
4.1 kan verduidelik hoe dans gevorm word deur die waardes van die tye te reflekteer, asook die invloed van musiek, plek, mode en tegnologie; en
 
VISUELE KUNS
4.4 kan verduidelik hoe kuns kulture, leefstyle, gelowe en modes, reflekteer en beïnvloed;
4.5 vaardighede in media- produksie kan aanwend, terwyl die teikengroep, doel en ontwerpelemente in ag geneem word (bv. die skep van ‘n advertensie, klasnuusbrief, plakkaat, T-hemp, logo of klingel);
 
OORKOEPELEND
4.6 individuele kunsvorme kan kombineer om ‘n nuwe vorm van artistieke uitdrukking te skep.

Collection Navigation

Content actions

Download:

Collection as:

PDF | EPUB (?)

What is an EPUB file?

EPUB is an electronic book format that can be read on a variety of mobile devices.

Downloading to a reading device

For detailed instructions on how to download this content's EPUB to your specific device, click the "(?)" link.

| More downloads ...

Module as:

PDF | EPUB (?)

What is an EPUB file?

EPUB is an electronic book format that can be read on a variety of mobile devices.

Downloading to a reading device

For detailed instructions on how to download this content's EPUB to your specific device, click the "(?)" link.

| More downloads ...

Add:

Collection to:

My Favorites (?)

'My Favorites' is a special kind of lens which you can use to bookmark modules and collections. 'My Favorites' can only be seen by you, and collections saved in 'My Favorites' can remember the last module you were on. You need an account to use 'My Favorites'.

| A lens I own (?)

Definition of a lens

Lenses

A lens is a custom view of the content in the repository. You can think of it as a fancy kind of list that will let you see content through the eyes of organizations and people you trust.

What is in a lens?

Lens makers point to materials (modules and collections), creating a guide that includes their own comments and descriptive tags about the content.

Who can create a lens?

Any individual member, a community, or a respected organization.

What are tags? tag icon

Tags are descriptors added by lens makers to help label content, attaching a vocabulary that is meaningful in the context of the lens.

| External bookmarks

Module to:

My Favorites (?)

'My Favorites' is a special kind of lens which you can use to bookmark modules and collections. 'My Favorites' can only be seen by you, and collections saved in 'My Favorites' can remember the last module you were on. You need an account to use 'My Favorites'.

| A lens I own (?)

Definition of a lens

Lenses

A lens is a custom view of the content in the repository. You can think of it as a fancy kind of list that will let you see content through the eyes of organizations and people you trust.

What is in a lens?

Lens makers point to materials (modules and collections), creating a guide that includes their own comments and descriptive tags about the content.

Who can create a lens?

Any individual member, a community, or a respected organization.

What are tags? tag icon

Tags are descriptors added by lens makers to help label content, attaching a vocabulary that is meaningful in the context of the lens.

| External bookmarks

Reuse / Edit:

Reuse or edit collection (?)

Check out and edit

If you have permission to edit this content, using the "Reuse / Edit" action will allow you to check the content out into your Personal Workspace or a shared Workgroup and then make your edits.

Derive a copy

If you don't have permission to edit the content, you can still use "Reuse / Edit" to adapt the content by creating a derived copy of it and then editing and publishing the copy.

| Reuse or edit module (?)

Check out and edit

If you have permission to edit this content, using the "Reuse / Edit" action will allow you to check the content out into your Personal Workspace or a shared Workgroup and then make your edits.

Derive a copy

If you don't have permission to edit the content, you can still use "Reuse / Edit" to adapt the content by creating a derived copy of it and then editing and publishing the copy.