Skip to content Skip to navigation Skip to collection information

Connexions

You are here: Home » Content » Kuns en Kultuur Graad 9 » Ontwerp 'n verhoogstel en advertensieplakkaat

Navigation

Lenses

What is a lens?

Definition of a lens

Lenses

A lens is a custom view of the content in the repository. You can think of it as a fancy kind of list that will let you see content through the eyes of organizations and people you trust.

What is in a lens?

Lens makers point to materials (modules and collections), creating a guide that includes their own comments and descriptive tags about the content.

Who can create a lens?

Any individual member, a community, or a respected organization.

What are tags? tag icon

Tags are descriptors added by lens makers to help label content, attaching a vocabulary that is meaningful in the context of the lens.

This content is ...

In these lenses

  • GETSenPhaseAC display tagshide tags

    This collection is included inLens: Siyavula: Arts & Culture (Gr. 7-9)
    By: Siyavula

    Collection Review Status: In Review

    Click the "GETSenPhaseAC" link to see all content selected in this lens.

    Click the tag icon tag icon to display tags associated with this content.

Recently Viewed

This feature requires Javascript to be enabled.

Tags

(What is a tag?)

These tags come from the endorsement, affiliation, and other lenses that include this content.
 

Ontwerp 'n verhoogstel en advertensieplakkaat

Module by: Siyavula Uploaders. E-mail the author

KUNS EN KULTUUR

Graad 9

SKEPPING, INTERPRETASIE EN AANBIEDING

Module 15

ONTWERP ‘N VERHOOGSTEL EN ADVERTENSIEPLAKKAAT

VISUELE KUNS

Tot dusver het julle onder andere verpakkingsontwerp, subkulture en die invloede op ‘nkunstenaar se werk ondersoek. Nou gaan julle die verpakkingsontwerp van Module 1 en die modelverhogie van Module 3 verder verken en gebruik as inspirasie vir die ontwerp en skepping van ‘n volwaardige verhoogstel, asook ‘n advertensie-plakkaat vir julle klasproduksie.

Aktiwiteit 1:

Om ‘n stel vir ‘n verhoogproduksie te ontwerp

[LU 1.14]

STAP 1

  • Jy moet ‘n stel op miniatuurskaal vir die dansproduksie van Leereenheid 2 ontwerp. Hierdie stel moet so ontwerp word dat dit enige plek gebruik kan word en nie noodwendig op ‘n saal se verhoog nie – dit moet selfs in die buitelug opgerig kan word.
  • Aangesien die dansproduksie op ERFENIS fokus, moet jy kyk hoe jy deur middel van die stel die dans kan aanvul deur gebruik te maak van verskeie erfenisbeelde en/of –simbole. Kyk ook in jou eie omgewing vir enige plekke wat deur jou gemeenskap as ‘n erfenis beskou word. As jy byvoorbeeld in die Kaapstad-omgewing bly, kan jy gebruik maak van ‘n erfenis soos Tafelberg, die Kasteel, Robbeneiland, ou Kaapse huisies, ensovoorts.
  • Verdeel eers jou papier horisontaal in drie dele deur middel van drie stippellyne: lyn (a) is jou agtergrond; lyn (b) die middelgrond en lyn (c) die voorgrond:

STAP 2

  • Skryf nou eers in jou leerderjoernaal neer waar en wanneer die dans/toneelstuk afspeel; bv. binne of buite, in die stad of op die platteland, gedurende die dag of nag, ensovoorts.
  • Daarna beplan jy:
  1. (a) wat in die agtergrond geplaas moet word, bv. ‘n horisonlyn met hoë geboue of ‘n bergreeks met ‘n maan en wolke as dit in die nag afspeel, ensovoorts;
  2. (b) wat in die middel geplaas moet word, bv. ‘n muur, struike, ‘n heining, ensovoorts;
  3. (c) wat op die voorgrond moet wees, bv. ‘n asdrom, ‘n motorband, rommel, ‘n bankie, ensovoorts.

Onthou dat die tema ERFENIS is! Onthou ook om kontraste, soos bv. lig en donker, helder en dof, koue en warm kleure, growwe en gladde teksture ens. in te werk sodat die voor-, middel- en agtergronde duidelik onderskeibaar is en nie saamsmelt nie. Dit is ook belangrik om plek oop te hou vir die dansers sodat hulle genoeg ruimte sal hê om vryelik te beweeg.

STAP 3

  • Jy kan nou met kleurpastelle of verf vorm en tekstuur gee aan die voorwerpe wat jy op die drie stippellyne (agter-, middel- en voorgronde) geteken het. Knip dan elke voorwerp om die beurt uit, BEHALWE die onderkante, dit wil sê die dele wat op die drie stippellyne is. Nadat jy al die vorms uitgeknip het, kan jy hulle na bo buig om hulle met ‘n 90°-hoek staan te maak. Die stelontwerp op ‘n klein skaal is nou voltooi.
  • Verdere detail soos bome, bosse of ander voorwerpe kan as losstaande invoegsels van karton gemaak word.
  • Bogenoemde skaalmodel dien as beplanning van die stel op klein skaal sodat foute reggestel kan word voordat julle die stel op groot skaal gaan bou – kyk dus nou of daar genoeg ruimte vir die dansers sal wees, en of sommige van jou vorms nie in die pad sal wees nie.

Aktiwiteit 2:

Om bemarking vir ‘n produksie te doen deur ‘n advertensie-plakkaat te ontwerp

[LU 1.15]

STAP 1

As eerste stap in jou beplanning moet jy eers na die volgende aspekte kyk:

  • Dieteikenmark: Is die produksie vir volwassenes of kinders, of vir albei? Is die produksie slegs vir die plaaslike gemeenskap of vir ‘n groter gebied?
  • Plek van opvoering: Waar gaan die produksie plaasvind – binne of buite; by die skool of in ‘n plaaslike gemeenskapsaal? Is daar spesifieke sitplekke of staanplek, of beide?
  • Toegangskoste: Is die vertoning gratis of word toegangsgeld gevra? Is die vertoning vir liefdadigheid, of om byvoorbeeld ‘n bydrae te lewer tot gemeenskapsontwikkeling of -verfraaiing ?
  • Dinamiese maniere om reklame te maak: Hoe kan die aandag van die publiek getrek word deur middel van kleurgebruik, inhoud, kontraste, leesbare lettergebruik, slim slagspreuke, bekende en herkenbare simbole en/of beelde?
  • Bewustheid van toerisme: Wat maak hierdie produksie uniek aan die omgewing of eie aan Suid-Afrika? Wanneer julle bogenoemde vrae kan beantwoord, kan julle begin met die versameling van bronnemateriaal soos prente van dansers, erfenis in Suid-Afrika of jou eie omgewing, asook advertensies wat julle aandag getrek het.STAP 2

Letterwerk of tipografie is baie belangrik wanneer iets geadverteer moet word. Jy gaan dus eers ‘n alfabet ontwerp en teken. Al die letters van die alfabet moet hoofletters wees. Kies enige dier wat eie aan Suid-Afrika is, soos ‘n volstruis of leeu, en gebruik dan daardie dier vir die ontwerp van die hele alfabet. Sien die illustrasie as voorbeeld.

Die voltooide alfabet moet vir die belangrikste bewoording op die plakkaat gebruik word.

STAP 3

Laastens kan die advertensie-plakkaat ontwerp en gemaak word deur STAPPE 1 en 2 te kombineer. Gebruik ook van die versamelde beeldmateriaal (STAP 1) as inspirasie vir die ontwerp.

Assessering

Table 1
Leeruitkomstes(LUs)
 
LU 1
skepping, interpretasie en aanbiedingDie leerder is in staat om werk in elk van die kunsvorme te skep, te interpreteer en aan te bied.
Assesseringstandaarde(ASe)
 
Dit is duidelik wanneer die leerder:
DANS
1.1 deelneem aan die choreografie en aanbieding van ‘n kort dans vir ‘n opvoering of kulturele gebeurtenis;1.2 ter voorbereiding van die liggaam, ‘n stel opwarmings- en vaardigheidsopbouende bewegingsreekse akkuraat doen, insluitende liggaamskondisionering en danstegnieke in ‘n bepaalde styl;1.3 gekoördineerd, musikaal, met gehalte, styl, balans en beheer oor ruimte heen in bewegingsreekse beweeg;1.4 werk leer en opvoer, met gepaste styl en bewegingsgehalte, wat deur ander gechoreografeer is uit minstens twee kulture – wat mag insluit:
1.4.1 klassiek / tradisioneel (uit Afrika, Oosters of Westers);
1.4.2 kontemporêr;
1.5 ‘n dans skep, met ‘n duidelike begin, middel en einde, waarin passies of style van meer as een Suid-Afrikaanse dansvorm saamsmelt;
DRAMA
1.6 ‘n eenvoudige opwarmingsroetine met die klas uitvoer;1.7 deelneem aan ‘n aspek van die beplanning, organisasie, reklame, fondsinsameling of produksie van ‘n dramatiese item wat ‘n gehoor sal hê;
MUSIEK
1.9 die stem en beskikbare slag- of melodiese instrumente gebruik 1.10 ‘n musiekuitvoering organiseer en bemark ten opsigte van die beplanning, reklame, fondsinsameling en produksie daarvan;
VISUELE KUNS
1.14 kuns, handwerk of ontwerpstukke skep wat:
1.14.1 idees of begrippe in ‘n visuele vorm weergee;
1.14.2 demonstreer dat die elemente en beginsels van ontwerp met selfvertroue gebruik word;
1.15 ‘n entrepreneursbewustheid van die bemarking van kunsprodukte in terme van die teikenmark, verpakking, plek, prys, reklame, klanteverhoudings en ‘n bewustheid van toerisme ontwikkel;
1.17 eie en groep se kunswerke (insluitend tekens, etikette en byskrifte) vir ‘n openbare aanbieding selekteer, aanbied en monteer.

Collection Navigation

Content actions

Download:

Collection as:

PDF | EPUB (?)

What is an EPUB file?

EPUB is an electronic book format that can be read on a variety of mobile devices.

Downloading to a reading device

For detailed instructions on how to download this content's EPUB to your specific device, click the "(?)" link.

| More downloads ...

Module as:

PDF | EPUB (?)

What is an EPUB file?

EPUB is an electronic book format that can be read on a variety of mobile devices.

Downloading to a reading device

For detailed instructions on how to download this content's EPUB to your specific device, click the "(?)" link.

| More downloads ...

Add:

Collection to:

My Favorites (?)

'My Favorites' is a special kind of lens which you can use to bookmark modules and collections. 'My Favorites' can only be seen by you, and collections saved in 'My Favorites' can remember the last module you were on. You need an account to use 'My Favorites'.

| A lens I own (?)

Definition of a lens

Lenses

A lens is a custom view of the content in the repository. You can think of it as a fancy kind of list that will let you see content through the eyes of organizations and people you trust.

What is in a lens?

Lens makers point to materials (modules and collections), creating a guide that includes their own comments and descriptive tags about the content.

Who can create a lens?

Any individual member, a community, or a respected organization.

What are tags? tag icon

Tags are descriptors added by lens makers to help label content, attaching a vocabulary that is meaningful in the context of the lens.

| External bookmarks

Module to:

My Favorites (?)

'My Favorites' is a special kind of lens which you can use to bookmark modules and collections. 'My Favorites' can only be seen by you, and collections saved in 'My Favorites' can remember the last module you were on. You need an account to use 'My Favorites'.

| A lens I own (?)

Definition of a lens

Lenses

A lens is a custom view of the content in the repository. You can think of it as a fancy kind of list that will let you see content through the eyes of organizations and people you trust.

What is in a lens?

Lens makers point to materials (modules and collections), creating a guide that includes their own comments and descriptive tags about the content.

Who can create a lens?

Any individual member, a community, or a respected organization.

What are tags? tag icon

Tags are descriptors added by lens makers to help label content, attaching a vocabulary that is meaningful in the context of the lens.

| External bookmarks