MUSIEK
Voorbeelde van enkelvoudige en reëlmatige maatslag:
![]() |
Voorbeelde van onreëlmatige maatslag:
![]() |
![]() |
Voorbeelde van saamgestelde maatslag:
In saamgestelde tyd word elke polsslag in 3 verdeel, in teenstelling met enkelvoudige maatslag waar elke polsslag in 2 verdeel word.
![]() |
Soos reeds genoem, word elke polsslag in saamgestelde tyd in 3 verdeel. In hierdie geval is daar 4 maatslae, m.a.w. saamgestelde 4-maatslag.
![]() |
STAP 2: Uitvoer van verskillende maatsoorte
Sodra jy vertroud is met die onderskeie maatsoorte kan dit as volg uitgevoer word:
- Liggaamsperkussie:
kombinasies van klap, vuiste op mekaar kap, klap op bobene
- Tromme:
kombinasies van verskillende tromtegnieke (slap, tone, bass)
STAP 3: T oepassing
Die volgende aanhaling kom uit ‘n toespraak tydens die onthulling van ‘n monument op Erfenisdagviering (1996). Lees die aanhaling en beantwoord dan die vrae.
“Today it forms part of our national anthem; and along with Die Stem, it embellishes various strands of our past in a unison of inclusiveness, of the oneness of South Africa’s people.”
| 1. |
|
||
| 2. |
|
||
| 3. |
|
||
| 4. |
|
||
| 5. |
|
||
| 6. |
|
||
| 7. |
|
Volg die opvoeder se instruksies in die uitvoering van die lied.
STAP 4: Toepassing
Voorbeelde van musiek uit my eie kultuur:
Om uit te vind wat erfenis vir bekendes beteken, kan jy gaan kyk op die volgende webtuiste: http://www.sahra.org.za/what.htm
Het julle al ooit gewonder wie verantwoordelik is vir alles wat julle sien en hoor in ‘n uitvoering? Waarom word die uitvoering gehou? Wie reël die programme? Waar kry hulle die geld vir al die mooi uitrustings wat gebruik word? Hoe weet die deelnemers wanneer hulle op die verhoog moet gaan? Wie is verantwoordelik vir al die byklanke?
Teen die einde van hierdie aktiwiteit behoort julle antwoorde op al hierdie vrae te hê.
STAP 1: Groep
Konsepbepaling
“Maak ‘n geleentheid van....................!”
Neem almal deel aan ‘n klasbespreking om ‘n besluit te neem t.o.v. ‘n geleentheid in die vorm van ‘n musiekuitvoering wat julle kan beplan, organiseer en bemark.
Gebruik die volgende riglyne in julle besluitneming. Voltooi die tabel sodra julle finaliteit ten opsigte van die tipe uitvoering en tema bereik het om probleemareas uit te lig en die nodige aantekeninge te maak.
| Teikengroep | |
| Doel | |
| Tipe uitvoering | |
| Fasiliteite | |
| Toerusting | |
| Talent | |
| Tyd | Datum: |
| Finansies | |
| Ander | |
| FINALE BESLUIT: | |
STAP 2: Indiwidueel
Soos jy kan aflei uit die bespreking en besluitneming, is dit nie net ‘n orkes en sangers wat nodig is vir ‘n musiekuitvoering nie!
Daar is heelwat ander aspekte wat ook kreatiwiteit, beplanning en organisasie vereis om ‘n suksesvolle produk op die planke te bring:
- administratief (bv. finansiële aspekte, fondsinsameling, kaartjies)
- artisties ( bv. dansers, ontwerpers )
- tegnies (bv. beligting)
Noem vier voordele wat ‘n produksie vir ‘n gemeenskap kan inhou:
STAP 3: Individueel
Bestudeer die volgende tabel. Die opvoeder sal ‘n omskrywing gee van elk van die aspekte.
Dui nou aan by watter afdeling en onderafdeling jy die graagste betrokke sou wou wees. Neem jou talente en voorkeure in ag en moenie beskeie wees nie.
| Bemarking | Produksie | |||||
| Fonds-insameling | Advertensie | Ander | Tegnies | Ontwerp | Dans | Musiek |
| -publisiteit -program | -kaartjies-verversings | -beligting-verhoog-klank | -dekor-kostuums-rekwisiete | |||
Motiveer hoekom jy dink jy by die spesifieke afdeling ‘n positiewe bydrae kan lewer.
STAP 4: Tuiswerk, Individueel
Om ‘n idee te kry wat produksie alles behels, is programme van ander produksies ‘n goeie vertrekpunt.
Maak voorbeelde bymekaar van programme van skool- of professionele op- en uitvoerings soos musiekblyspele, revues, operettes, ens.
Plak dit op in die klas of in jou leerderjoernaal.
Vergelyk nou twee van die programme krities met mekaar en dui jou voorkeure aan:
| Program 1 | Program 2 | |
| Voorblad | ||
| Samestelling | ||
| Uitleg in geheel | ||
| Uitleg van produksiespan | ||
| Rolverdeling |
| Foto’s | ||
| Advertensies | ||
| Borge | ||
| Ander: | ||
STAP 5: Beplanning t.o.v. Bemarking
Die hele klas gaan eers die bemarking van die produksie ondersoek.
Kies die PRODUKSIEBESTUURDER (kan opvoeder ook wees).
Die produksiebestuurder is verantwoordelik vir die algehele administrasie.
Onderverdeel in die volgende afdelings. Elke groep kies weer ‘n leier.
| Fondsinsameling | Fondsinsamelingkoördineerder |
| Advertensie | Publisiteit - publisiteitskoördineerderProgram – programkoördineerder |
| Kaartjies | Kaartjieskoördineerder of huisbestuurder |
| Verversings | Verversingskoördineerder |
Elke onderafdeling lê ‘n skriftelike beplanning en begroting aan die produksiebestuurder voor.
Beplannings en begrotings word in leerderjoernale geplak.
STAP 6: B eplanning t.o.v. Produksie self
Weer eens kry die hele klas die geleentheid om betrokke te wees in die artistiese en tegniese aspekte.
Kies die REGISSEUR (kan opvoeder ook wees).
Die regisseur neem die finale besluite t.o.v. die verloop van die produksie.
Bespreek die produksie.
‘n Produksie-assistent kan die administratiewe werk behartig.
Onderverdeel in die volgende afdelings. Elke groep kies weer ‘n leier.
| Tegnies | Beligting – Beligtingsbestuurder en beligtingspan |
| Verhoog – Verhoogbestuurder en verhoogspan | |
| Klank – Klankbestuurder en klankspan | |
| Ontwerp | Dekor - Dekorontwerper en helpers (bv. verf) |
| Kostuums – Kostuumontwerper/-bestuurder en naaldwerksters | |
| Rekwisiete – Rekwisiteur en helpers | |
| Dans – choreograaf en dansers | |
| Musiek - musiekregisseur en orkes, sangers, ens |
Elke afdeling doen beplanning in samewerking met die REGISSEUR.
Elke afdeling lê ‘n begroting voor aan die PRODUKSIEBESTUURDER.
Beplannings ( ook in die vorm van sketse) en begrotings word in leerderjoernale geplak.
Doen navorsing omtrent die “werk” wat jy moet verrig!
WENKE:
Beperk dit tot slegs een item.
| Leeruitkomstes(LUs) |
| LU 1 |
| skepping, interpretasie en aanbiedingDie leerder is in staat om werk in elk van die kunsvorme te skep, te interpreteer en aan te bied. |
| Assesseringstandaarde(ASe) |
| Dit is duidelik wanneer die leerder: |
| DANS |
| 1.1 deelneem aan die choreografie en aanbieding van ‘n kort dans vir ‘n opvoering of kulturele gebeurtenis;1.2 ter voorbereiding van die liggaam, ‘n stel opwarmings- en vaardigheidsopbouende bewegingsreekse akkuraat doen, insluitende liggaamskondisionering en danstegnieke in ‘n bepaalde styl;1.3 gekoördineerd, musikaal, met gehalte, styl, balans en beheer oor ruimte heen in bewegingsreekse beweeg;1.4 werk leer en opvoer, met gepaste styl en bewegingsgehalte, wat deur ander gechoreografeer is uit minstens twee kulture – wat mag insluit: |
| 1.4.1 klassiek / tradisioneel (uit Afrika, Oosters of Westers); |
| 1.4.2 kontemporêr; |
| 1.5 ‘n dans skep, met ‘n duidelike begin, middel en einde, waarin passies of style van meer as een Suid-Afrikaanse dansvorm saamsmelt; |
| DRAMA |
| 1.6 ‘n eenvoudige opwarmingsroetine met die klas uitvoer;1.7 deelneem aan ‘n aspek van die beplanning, organisasie, reklame, fondsinsameling of produksie van ‘n dramatiese item wat ‘n gehoor sal hê; |
| MUSIEK |
| 1.9 die stem en beskikbare slag- of melodiese instrumente gebruik en musiek maak;1.10 ‘n musiekuitvoering organiseer en bemark ten opsigte van die beplanning, reklame, fondsinsameling en produksie daarvan; |
| VISUELE KUNS |
| 1.14 kuns, handwerk of ontwerpstukke skep wat: |
| 1.14.1 idees of begrippe in ‘n visuele vorm weergee; |
| 1.14.2 demonstreer dat die elemente en beginsels van ontwerp met selfvertroue gebruik word; |
| 1.15 ‘n entrepreneursbewustheid van die bemarking van kunsprodukte in terme van die teikenmark, verpakking, plek, prys, reklame, klanteverhoudings en ‘n bewustheid van toerisme ontwikkel; |
| 1.17 eie en groep se kunswerke (insluitend tekens, etikette en byskrifte) vir ‘n openbare aanbieding selekteer, aanbied en monteer. |