Skip to content Skip to navigation Skip to collection information

Connexions

You are here: Home » Content » Kuns en Kultuur Graad 9 » Beplan 'n radio advertensie

Navigation

Lenses

What is a lens?

Definition of a lens

Lenses

A lens is a custom view of the content in the repository. You can think of it as a fancy kind of list that will let you see content through the eyes of organizations and people you trust.

What is in a lens?

Lens makers point to materials (modules and collections), creating a guide that includes their own comments and descriptive tags about the content.

Who can create a lens?

Any individual member, a community, or a respected organization.

What are tags? tag icon

Tags are descriptors added by lens makers to help label content, attaching a vocabulary that is meaningful in the context of the lens.

This content is ...

In these lenses

  • GETSenPhaseAC display tagshide tags

    This collection is included inLens: Siyavula: Arts & Culture (Gr. 7-9)
    By: Siyavula

    Collection Review Status: In Review

    Click the "GETSenPhaseAC" link to see all content selected in this lens.

    Click the tag icon tag icon to display tags associated with this content.

Recently Viewed

This feature requires Javascript to be enabled.

Tags

(What is a tag?)

These tags come from the endorsement, affiliation, and other lenses that include this content.
 

Beplan 'n radio advertensie

Module by: Siyavula Uploaders. E-mail the author

KUNS EN KULTUUR

Graad 9

SKEPPING, INTERPRETASIE EN AANBIEDING

Module 13

BEPLAN ‘N RADIO ADVERTENSIE

DRAMA

In hierdie module gaan ons radio-uitsending ondersoek. Julle opvoeder sal aan julle inligting oor radio-uitsendings verskaf sodat julle ook hierdie aspek van die uitvoerende kunste kan ontdek.

Radio-uitsending is gefokus op die stem. Hou in gedagte dat die ‘gehoor’ – of in hierdie geval, die luisteraars – jou nie kan sien nie, maar slegs kan hoor.

Aktiwiteit 1:

Om ‘n roetine te skep en vir die klas aan te bied: DIE OPWARMING

[LU 1.6]

Hier is jou kans om ‘n opwarmingsroetine aan te bied – soos jy graag jou liggaam en stem wil opwarm! Onthou om altyd jou stem baie goed op te warm!

Wenke vir die beplanning en voorbereiding van opwarming:

Ontspanning

  • die eerste prioriteit van die akteur is ontspanning
  • die akteur se liggaam en stem is sy instrumente
  • spanning van enige soort beperk uitvoering
  • spanning wys eerste in die stem a.g.v. vlak asemhaling
  • begin met die skouers
  • beweeg dan na die arms en hande
  • die bolyf is die middelpunt van alle beweging, omdat dit ons asem huisves
  • asemhalingsoefeninge is belangrik
  • eindig hierdie afdeling met oefeninge vir die bene, enkels en die voete

Postuur / Houding

  • fokus daarop om die skouers vierkantig en die maag in te hou en algehele stembeheer te behou
  • die postuur moet gemaklike en ekspressiewe stemgebruik en beweging toelaat

Asemhaling en Stem

  • goeie asemhaling is ‘n fundamentele vereiste vir stemproduksie
  • alle asemhalingsoefeninge moet na ontspanningsoefeninge uitgevoer word
  • die vereistes vir goeie stemproduksie is ontspanning, goeie postuur, genoegsame asemvoorraad, beheerde gebruik van die diafragma en tussenribspiere, ontspanne en onbeperkte mondelinge- en keelresonators, en die vorming van klanke voor in die mond om ‘n keelstem te voorkom en projeksie te bevorder
  • asemhaling moet met die borskas uitgevoer word deur die ribbekas te vergroot, en met die diafragma

Wenke vir die aanbieding van ‘n opwarmingsroetine:

Dit is raadsaam om voor die klas te staan wanneer jy instruksies gee.

Maak seker dat jou instruksies duidelik en hoorbaar is.

Maak seker dat jou instruksies maklik genoeg is vir die klas om te volg.

Demonstreer en verduidelik elke instruksie voordat die klas die oefening doen.

Wees kreatief.

Maak dit pret vir jouself, asook vir die res van die klas.

Aktiwiteit 2:

Om deel te wees van die beplanning van ‘n RADIO ADVERTENSIE

[LU 1.7]

Nou kan ons begin met die vervaardiging van die radio-advertensie! Met hierdie module gaan julle ‘n radio-advertensie vir die Afrika-dans in Leereenheid 2 van Module 4 beplan en vervaardig.

Hou in gedagte dat jou gehoor gaan HOOR wat jy doen. Hulle kan jou nie sien nie, daarom is jy aangewese op jou stem, die musiek en die byklanke om sodoende ‘n suksesvolle radio-advertensie te vervaardig.

1. Klankeffekte

  • Eksperimenteer met verskillende klankeffekte deur gebruik te maak van voorwerpe wat in die klas beskikbaar is.
  • Voorbeelde: reën, donderweer, deure wat klap, motors wat remme aanslaan, tee wat geskink word, restaurant-geluide, oerwoud-geluide, ens.
  • Neem die effekte op en speel dit terug aan die res van die klas.

2. Die advertensie

  • Ontwerp en beplan ‘n radio-advertensie vir ‘n spesiale geleentheid of opvoering, bv. die Afrika-dans van Aktiwiteite vir die Leerder, Graad 9 Module 4, Leereenheid 2’.
  • Die volgende aspekte moet in gedagte gehou word met die beplanning van die advertensie:
  • Daar moet ‘n teks vir die advertensie wees.
  • Wie gaan die oorklanking (dialoog) vir die advertensie doen?
  • Is musiek noodsaaklik? Indien wel, watter soort musiek moet dit wees?
  • Is spesiale klankeffekte nodig?
  • Hoe lank gaan die advertensie wees? (nie meer as 60 sekondes nie).
  • Wie is die regisseur?
  • Wie is die vervaardiger?
  • Wie gaan die advertensie opneem?
  • Is daar opneemtoerusting by die skool beskikbaar?
  • Op wie is die advertensie gerig?
  • Die datum, tyd en plek van vertoning moet in die advertensie genoem word.
  • Deel op in groepe, afhangende van hoe groot of klein die klas is.
  • Beplan, skryf en vervaardig die advertensie vir die ‘Afrika-dans’.
  • Kies ‘n advertensie uit die klas om uitgesaai te word – daar kan meer as een advertensie gekies word.

3. Die uitsending

  • Saai die ‘wenadvertensie’ oor die skoolinterkom uit om die dans te adverteer.

Wenke vir die vervaardiging van ‘n radio-advertensie:

Bespreek die ‘gevoel’ van die advertensie wat julle met die groep beplan.

Selekteer die inligting wat julle in die advertensie wil insluit, bv. tyd, datum, plek, ens.

Selekteer die spesiale klankeffekte, indien enige.

Selekteer die agtergrondmusiek.

Skryf die teks.

Selekteer die persoon/persone wat die stemwerk/oorklanking moet doen.

Hou jou teikengehoor in gedagte.

Wees kreatief.

Geniet dit.

Wenke vir die opname van ‘n radio-advertensie:

Eksperimenteer met afstand van die mikrofoon.

Eksperimenteer met harde en sagte klanke – dit sluit in die stem, musiek en byklanke.

Besluit of die musiek ‘n prominente deel van die advertensie moet wees of net in die agtergrond.

Assessering

Table 1
Leeruitkomstes(LUs)
 
LU 1
skepping, interpretasie en aanbiedingDie leerder is in staat om werk in elk van die kunsvorme te skep, te interpreteer en aan te bied.
Assesseringstandaarde(ASe)
 
Dit is duidelik wanneer die leerder:
DANS
1.1 deelneem aan die choreografie en aanbieding van ‘n kort dans vir ‘n opvoering of kulturele gebeurtenis;1.2 ter voorbereiding van die liggaam, ‘n stel opwarmings- en vaardigheidsopbouende bewegingsreekse akkuraat doen, insluitende liggaamskondisionering en danstegnieke in ‘n bepaalde styl;1.3 gekoördineerd, musikaal, met gehalte, styl, balans en beheer oor ruimte heen in bewegingsreekse beweeg;1.4 werk leer en opvoer, met gepaste styl en bewegingsgehalte, wat deur ander gechoreografeer is uit minstens twee kulture – wat mag insluit:
1.4.1 klassiek / tradisioneel (uit Afrika, Oosters of Westers);
1.4.2 kontemporêr;
1.5 ‘n dans skep, met ‘n duidelike begin, middel en einde, waarin passies of style van meer as een Suid-Afrikaanse dansvorm saamsmelt;
DRAMA
1.6 ‘n eenvoudige opwarmingsroetine met die klas uitvoer;1.7 deelneem aan ‘n aspek van die beplanning, organisasie, reklame, fondsinsameling of produksie van ‘n dramatiese item wat ‘n gehoor sal hê;
MUSIEK
graphics1.png1.9 die stem en beskikbare slag- of melodiese instrumente gebruik en musiek maak in maatslag;1.10 ‘n musiekuitvoering organiseer en bemark ten opsigte van die beplanning, reklame, fondsinsameling en produksie daarvan;
VISUELE KUNS
1.14 kuns, handwerk of ontwerpstukke skep wat:
1.14.1 idees of begrippe in ‘n visuele vorm weergee;
1.14.2 demonstreer dat die elemente en beginsels van ontwerp met selfvertroue gebruik word;
1.15 ‘n entrepreneursbewustheid van die bemarking van kunsprodukte in terme van die teikenmark, verpakking, plek, prys, reklame, klanteverhoudings en ‘n bewustheid van toerisme ontwikkel;
1.17 eie en groep se kunswerke (insluitend tekens, etikette en byskrifte) vir ‘n openbare aanbieding selekteer, aanbied en monteer.

Collection Navigation

Content actions

Download:

Collection as:

PDF | EPUB (?)

What is an EPUB file?

EPUB is an electronic book format that can be read on a variety of mobile devices.

Downloading to a reading device

For detailed instructions on how to download this content's EPUB to your specific device, click the "(?)" link.

| More downloads ...

Module as:

PDF | EPUB (?)

What is an EPUB file?

EPUB is an electronic book format that can be read on a variety of mobile devices.

Downloading to a reading device

For detailed instructions on how to download this content's EPUB to your specific device, click the "(?)" link.

| More downloads ...

Add:

Collection to:

My Favorites (?)

'My Favorites' is a special kind of lens which you can use to bookmark modules and collections. 'My Favorites' can only be seen by you, and collections saved in 'My Favorites' can remember the last module you were on. You need an account to use 'My Favorites'.

| A lens I own (?)

Definition of a lens

Lenses

A lens is a custom view of the content in the repository. You can think of it as a fancy kind of list that will let you see content through the eyes of organizations and people you trust.

What is in a lens?

Lens makers point to materials (modules and collections), creating a guide that includes their own comments and descriptive tags about the content.

Who can create a lens?

Any individual member, a community, or a respected organization.

What are tags? tag icon

Tags are descriptors added by lens makers to help label content, attaching a vocabulary that is meaningful in the context of the lens.

| External bookmarks

Module to:

My Favorites (?)

'My Favorites' is a special kind of lens which you can use to bookmark modules and collections. 'My Favorites' can only be seen by you, and collections saved in 'My Favorites' can remember the last module you were on. You need an account to use 'My Favorites'.

| A lens I own (?)

Definition of a lens

Lenses

A lens is a custom view of the content in the repository. You can think of it as a fancy kind of list that will let you see content through the eyes of organizations and people you trust.

What is in a lens?

Lens makers point to materials (modules and collections), creating a guide that includes their own comments and descriptive tags about the content.

Who can create a lens?

Any individual member, a community, or a respected organization.

What are tags? tag icon

Tags are descriptors added by lens makers to help label content, attaching a vocabulary that is meaningful in the context of the lens.

| External bookmarks