Skip to content Skip to navigation

Connexions

You are here: Home » Content » 'n Kort geskiedenis van seevervoer

Navigation

Lenses

What is a lens?

Definition of a lens

Lenses

A lens is a custom view of the content in the repository. You can think of it as a fancy kind of list that will let you see content through the eyes of organizations and people you trust.

What is in a lens?

Lens makers point to materials (modules and collections), creating a guide that includes their own comments and descriptive tags about the content.

Who can create a lens?

Any individual member, a community, or a respected organization.

What are tags? tag icon

Tags are descriptors added by lens makers to help label content, attaching a vocabulary that is meaningful in the context of the lens.

This content is ...

In these lenses

  • GETIntPhaseSS display tagshide tags

    This module is included inLens: Siyavula: Social Sciences (Gr. 4-6)
    By: Siyavula

    Review Status: In Review

    Click the "GETIntPhaseSS" link to see all content selected in this lens.

    Click the tag icon tag icon to display tags associated with this content.

Recently Viewed

This feature requires Javascript to be enabled.

Tags

(What is a tag?)

These tags come from the endorsement, affiliation, and other lenses that include this content.
Reuse / Edit
x

Module:

Add to a lens
x

Add module to:

Add to Favorites
x

Add module to:

 

'n Kort geskiedenis van seevervoer

Module by: Siyavula Uploaders. E-mail the author

GESKIEDENIS

Graad 4

HOE VERVOER DIE MENSDOM GEDIEN HET

Module 9

‘N KORT GESKIEDENIS VAN SEEVERVOER

Skepe het reeds voor 1500 vanaf Europa om die suidpunt van Afrika gevaar – onthou Dias en Da Gama.

In 1652 het die Nederlanders onder Jan van Riebeeck ‘n verversingspos aan die Kaap gestig. Hulle seilskepe het groot seile gehad om só die wind beter te benut om te kon seil.

Sedert daardie tyd het daar al baie ontwikkelings plaasgevind. Vandag beweeg die meeste groot skepe met behulp van kragtige enjins voort.

Aktiwiteit 1

Om die verskille tussen gister en vandag te soek [LU 2.3]

a)Kan jy uitken (merk), watter vyf items nie in die tydperk pas nie?

Figuur 1
Figuur 1 (Samestelling.png)

b)Kan jy die volgende skepe uitken?

Tabel 1
Stoomboot Visserskuit Passasierskip Vragskip Sleepboot Seiljag Olietenker
Figuur 2
Figuur 2 (BL03_Skepe_F.png)

c)Die Kaapse seeroete het al hoe belangriker geword sedert 1652. Waarom?

Figuur 3
Figuur 3 (Oseaan_roetes.png)

Oseaanroetes van die wêreld(Die dikte van die lyne stem ooreen met die tonnemaat wat vervoer word.)

d)Lees nou die wonderlike verhaal van ‘n beroemde see-avonturier.

  • Gebruik ‘n atlas en vra jou onderwyser om jou te help om Heyerdahl se reise te volg.
  • Skryf ‘n kort briefie vir jou maat waarin jy hom of haar van ‘n ander beroemde (maar moderne) baanbreker – man of vrou – ten opsigte van seevaart vertel. Wat kan ons vandag by hom /haar leer?

Thor Heyerdahl

Die Noorweegse wetenskaplike en avonturier, Thor Heyerdahl, is gebore op 6 Oktober 1914 in Larvik, Noorweë. Hy het beroemd geword nadat hy en vyf ander bemanningslede ‘n suksesvolle seereis onderneem het op ‘n vlot gemaak van balsahout (‘n ligte, sterk hout), en met die naam Kon-Tiki. Hierdie reis het in 1947 plaasgevind. Binne 97 dae het hulle die Atlantiese Oseaan vanaf Peru na Polinesië oorgesteek. Die Polinesiese eilande is noord van Nieu-Seeland en ongeveer 2 000 km ver van Peru. Die vlot is gebou volgens die voorbeeld van die antieke Inkas en vernoem na ‘n Plinesiese god, Tiki. Heyerdahl wou bewys dat die bewoners van Polinesië van Peru in Suid-Amerika afkomstig was – en nie vanaf Asië nie. Volgens hom kon hulle sulke groot afstande op see aflê.

Hy het later die verloop van dié suksesvolle reis in sy boek, Kon-Tiki, beskryf en meer as 20 miljoen kopieë daarvan is verkoop. Dié epiese avontuur is in 1950 ook verfilm en het ‘n Oscar verower!

Figuur 4
Figuur 4 (graphics1.png)

Op 17 Mei 1970 het hy weer groot opspraak verwek toe hy die Atlantiese Oseaan met ‘n bemanning van sewe oorgesteek het, met ‘n boot van 12 m lank en gemaak van papirus. Die naam daarvan was Ra-2, en dit is deur Indiane uit die omgewing van die Titicacameer in Suid-Amerika gebou, waar dié tipe boot gebruik word.

Thor Heyerdahl wou bewys dat die antieke Egiptenare Amerika lank voor Columbus bereik het, en dat hulle dus ‘n groot invloed op die antieke Amerikaanse-Indiaanse beskawing gehad het. Heyerdahl se reis vanaf Marokko in Afrika na die eiland Barbados in die Karibiese See (960 km) het ongeveer 57 dae geduur. Historici het nie veel waarde aan dié reis geheg nie. Heyerdahl en sy bemanning het egter tydens hulle tog monsters geneem van die seewater om só te bewys hoeveel oliebesoedeling daar in die Atlantiese Oseaan plaasvind.

In 1977 tot 1978 het Thor Heyerdahl ‘n boot van riet, die Tigris, met behulp van die Suid-Amerikaanse Indiane van die Titicacameer gebou. Hierdie keer het hy daarin geslaag om die afstand in beide rigtings af te lê. Tydens hierdie tog is hy so geskok deur die toenemende besoedeling van die see dat hy sy boot agterna uit protes verbrand het.

In die 1980’s het Thor Heyerdahl al hoe meer betrokke geraak by veldtogte teen besoedeling.

Figuur 5
Figuur 5 (Thor_boot.png)

Assessering

LEERUITKOMS 2: GESKIEDKUNDIGE KENNIS EN BEGRIP

Die leerder is in staat om geskiedkundige kennis en begrip te toon.

Assesseringstandaard

Dis duidelik wanneer die leerder

  • ooreenkomste en verskille: ooreenkomste en verskille tussen die verlede en hede identifiseer oor hoe dinge gedoen is binne ‘n bepaalde konteks.

Memorandum

  1. a) Vlieënde piering, pendeltuig, kabelkar, motorboot, roeiboot met vlag
  2. b) 1, 3, 8, 6, 5, 7, 4 (2 is in duikboot)

c) Sentraal geleë vir ‘n verskeidenheid seeroetes – veral t.o.v. handel

Content actions

Download module as:

Add module to:

My Favorites (?)

'My Favorites' is a special kind of lens which you can use to bookmark modules and collections. 'My Favorites' can only be seen by you, and collections saved in 'My Favorites' can remember the last module you were on. You need an account to use 'My Favorites'.

| A lens I own (?)

Definition of a lens

Lenses

A lens is a custom view of the content in the repository. You can think of it as a fancy kind of list that will let you see content through the eyes of organizations and people you trust.

What is in a lens?

Lens makers point to materials (modules and collections), creating a guide that includes their own comments and descriptive tags about the content.

Who can create a lens?

Any individual member, a community, or a respected organization.

What are tags? tag icon

Tags are descriptors added by lens makers to help label content, attaching a vocabulary that is meaningful in the context of the lens.

| External bookmarks

Reuse / Edit:

Reuse or edit module (?)

Check out and edit

If you have permission to edit this content, using the "Reuse / Edit" action will allow you to check the content out into your Personal Workspace or a shared Workgroup and then make your edits.

Derive a copy

If you don't have permission to edit the content, you can still use "Reuse / Edit" to adapt the content by creating a derived copy of it and then editing and publishing the copy.