Inside Collection (Course): Geskiedenis Graad 4
Bron 1
| Die belangrikste Godsdienste volgens VastelandeSyfers word in persentasies aangedui (S.A. = Suid-Amerika. N.A. = Noord-Amerika | |||||||
| Geloof | Afrika | Asië | Europa | S.A. | N.A. | Oseanië | Eurasië |
| Christendom | 17,9 | 15,6 | 22,55 | 23,75 | 13,0 | 1,2 | 6,0 |
| Islam | 28,66 | 65,56 | 1,3 | 0,14 | 0,29 | 0,01 | 4,04 |
| Hindoeïsme | 0,2 | 99,37 | 0,1 | 0,1 | 0,17 | 0,059 | 0,001 |
| Boeddhisme | 0,01 | 99,42 | 0,08 | 0,17 | 0,18 | 0,01 | 0,13 |
| Judaïsme | 1,89 | 31,35 | 8,24 | 6,13 | 39,29 | 0,55 | 12,55 |
| Ses Grootste Godsdienste | |
| Geloof | Aantal Volgelinge |
| Christendom | 1 833 miljoen |
| Islam | 971 miljoen |
| Hindoeïsme | 733 miljoen |
| Boeddhisme | 315 miljoen |
| Judaïsme | 13-14,3 miljoen |
Hieronder word die persentasieverspreiding van die belangrikste godsdiensvorme aangetoon. Die syfer vir “Ander” sluit diegene in wat geen geloof navolg nie.
Bron 3
![]() |
Judaïsme 0,3%
![]() |
Boeddhisme 5,7%
![]() |
Hindoeïsme 13,4%
![]() |
Islam 17,7%
![]() |
Ander 29,6%
![]() |
Christendom 33,4%
Bron 4
Geskiedenis van die Godsdienste
| Judaïsme | Islam | Hindoeïsme | Boeddhisme | Christendom |
| 2000 v.C. Abraham, profeet van Judaïsme, die Christendom en Islam, word in Ur, huidige Irak, gebore. | 2000 v. C. Abraham en sy seun Ismael bou volgens die Koran die Ka’ba, ‘n heiligdom, in Mekka in die huidige Saoedi-Arabië. | 1750 v.C. Ontstaan van Hindoeïsme in Indië onder invloed van Ariese intrekkers, wat talle gode aanbid. | 563 - 483 v.C. Sidsharta Gautama, later bekend as die Boeddha, stigter van Boeddhisme, word in Noordoos-Indië gebore. | 4 v.C. Jesus Christus, die verlosser van die Christen-dom, word in Betlehem, in die huidige Israel, gebore. |
| Judaïsme | Islam | Hindoeïsme | Boeddhisme | Christendom |
| 1200 v.C. Ná die Hebreërs se uittog uit Egipte vestig hulle hul in Kanaän, grootliks die huidige Israel. | 570-632 n.C. Mohammed, die laaste en belangrikste Islamitiese profeet, word in Mekka gebore. | 1700 v.C. Hindoe-opvattings word onthul aan die rishis (of heilige manne) en mondelings oorgedra. | 100 v.C. Die Tripitaka (drie mandjies), die heilige boek van Teravada-Boeddhisme, word geskryf. | 30 n.C. Jesus word gekruisig. Drie dae later staan Hy volgens die Nuwe Testament uit die dode op en vaar na 40 dae op na die hemel. |
| 931 v.C. Die Hebreër- ryk verdeel in Israel en Judea. Teen 900 v.C. word die Tora, die eerste vyf boeke van die Bybel, geskryf. | 610-632 n.C. Die engel Gabriël onthul die Koran (Qur’an), die Islamitiese heilige boek, aan Mohammed. Dit het 114 hoofstukke (soeras). | 1400 v. C. Rig Veda, die vroegste en belangrikste boek van die Vedas, wat Hindoe-opvattings bevat, word geskryf. | 20 – 200 n.C. Die Soetras (versameling gesegdes), die vroegste heilige boeke van Mahajana-Boeddhisme, word geskryf. | 40-100 n.C. Die Nuwe Testament van die Christelike Bybel word geskryf. Die Christendom versprei deur die hele Romeinse Ryk. |
| 587 v. C. Die Babiloniërs verower Jerusalem, in die huidige Israel, en Jode gaan in ballingskap. Hulle keer in groepies terug ná 539 v.C. | 622 n.C. Mohammed gaan na Medina in die huidige Saoedi-Arabië. Dit is die beginjaar van die Islamitiese kalender. | 800 n.C. Die Oepanisjads, die laaste boeke van die Vedas, word geskryf. Hulle vestig die gedagte van Brahman, siel van die heelal. | 1506 n.C. Die St. Pieterskerk, die grootste Christelike kerkgebou van alle tye, word in Rome gebou. | |
| 70 n.C. Die Romeine verwoes Herodes se tempel in Jerusalem. Vandag is net die Wesmuur oor. Die Jode word verstrooi oor alle lande. |
![]() |
Die leerder is in staat om ondersoekvaardighede te gebruik om die verlede en die hede te ondersoek.
Dis duidelik wanneer die leerder
kan verhale mondeling oorvertel;
kan ‘n prent gebruik om ‘n verhaal te vertel.