Inside Collection (Course): Geskiedenis Graad 4
![]() |
| Oorsprong: | Boeddhisme het omstreeks 500 v.C. in Noord-Indië ontstaan. Vandag is dit deur die grootste deel van Suidoos-Asië versprei. |
| Wat glo hulle? | DIE BOEDDHISTIESE geloof word op die leerstellings van die Boeddha gegrond. Hul simbool is ‘n wiel met agt speke. |
| Naam van Stigter/Leier: | BOEDDHASiddharta Gautama is 563 v.C. in Indië gebore. Hy het as ‘n prins grootgeword en sy tuiste op 29-jarige leeftyd verlaat om ‘n lewe van oordenking en prediking te lei. Hy is die Boeddha of “verligte” genoem. |
| Waarhede: | Die heilige beginsels is vervat in die heilige geskrif, die Dhammapada:
|
| Sleutelpunte: |
|
| Heilige Geskrif: | Die Dhammapada is die bekendste deel van die pali-kanon, die versamelde leerstellings van Boeddha. Dit bevat die Vier Waarhede en die Agtvoudige Weg: die regte opvattings, bedoeling, spraak, optrede, lewenswyse, inspanning, bewustheid en konsentrasie. |
![]() |
| Heilige Gebruik: | MONNIKE Boeddhiste-monnike leef eenvoudig en gee die meeste van hul besittings prys. Hulle bid, onderrig, mediteer en bedel om hul kos. | ||||||||||||
| Heilige Dae: |
|
||||||||||||
| Heilige Woorde: | Anatta: Daar is geen eie ek nie Anikka: Die eie ek is nie blywend nie Arahat: Waardig, gebruik om Boeddha te beskryf Bhikkoe: Monnik Jataka: Beskrywings van Boeddha se lewens Nibbana: Toestand van vrede Sangha: Monnike-orde Vihaia: Klooster | ||||||||||||
| Heilige Plekke: | GOUE PAGODE. Die Sjwedagon-pagode in Rangoen, Birma, is een van die oudste Boeddhiste-tempels. Dit is met goud bedek en bo-op met meer as 4 000 diamante versier. |
![]() |
| Oorsprong: | Die Christendom het omstreeks 30 n.C. in Palestina (in die huidige Israel) ontstaan toe Jesus met sy prediking begin het. |
| Wat glo hulle? | Christene glo dat Jesus Christus die seun van God is wat na die aarde gekom het om hulle van sonde te verlos. Hul simbool is die kruis. |
| Naam van Stigter/Leier: | JESUS CHRISTUS Jesus is 4 v.C. in Betlehem, Israel gebore. Toe hy 30 jaar oud was, het hy begin preek en siekes genees. ‘n Paar jaar later is hy verhoor en deur die Romeine tereggestel omdat sy leringe glo met die Joodse wet gebots het. |
| Waarhede: | TIEN GEBOOIE Christene gehoorsaam veral tien reëls wat reeds in die Ou Testament opgeteken is:
|
| Sleutelpunte: |
|
||||||||||||
| Heilige Geskrif: | BYBEL Dié heilige boek bestaan uit twee dele, die Ou en die Nuwe Testament. Die Ou Testament bevat die heilige geskrifte van die Jode. Die Nuwe Testament gaan oor die lewe van Jesus en die groei en lering van die vroeë Kerk. | ||||||||||||
| Heilige Gebruik: | DIE DOOP Die sakrament (heilige handeling) waartydens mense in water ondergedompel word, word die doop genoem. Christene wêreldwyd oor doen dit in die een of ander vorm wanneer hulle die Christelike geloof aanneem. | ||||||||||||
| Heilige Dae: |
|
||||||||||||
| Heilige Woorde: | Evangelie: Een van vier beskrywings van Jesus se lewe in die Nuwe Testament Nagmaal: Brood en wyn word ter gedagtenis aan Jesus gebruik Protestante: Christenkerke en -groepe wat in die 16de eeu van die Rooms-Katolieke Kerk afgeskei het Rooms-Katolieke: Lidmate wat die gesag van die Pous aanvaar. | ||||||||||||
| Heilige Plekke: | ST PIETERSKERK Dit het meer as 100 jaar geduur om dié Rooms-Katolieke kerk in die Vatikaanstad, Rome, te bou. Tien argitekte was betrokke, onder andere Michelangelo, wat die koepel ontwerp het. |