Inside Collection (Course): Aardrykskunde Graad 9
1. Benadering tot ontwikkeling
Die vlak van ontwikkeling wissel van land tot land. Daarvolgens kan lande in verskillende kategorieë of groepe verdeel word. Twee terme wat dikwels voorkom, is ontwikkelende en ontwikkelde lande.
Om oor ontwikkeling te kan saampraat, benodig ons sekere sleutelbegrippe. Die betekenis van hierdie woorde moet eers goed begryp word voor ons dit kan gebruik.
Verduidelik die volgende:
Maak ‘n merkie in een van die kolomme teenoor elke land om aan te dui of dit ‘n oorwegend ontwikkelde of ontwikkelende land is. Wat weet jy van hierdie lande om te kan besluit waar om jou merkie te plaas? Dit is noodsaaklik om ‘n feitekennis oor die verskillende lande van die wêreld op te bou. Gesels met mekaar en met jou familie daaroor. Leerders wat gereeld koerant lees of nuusprogramme op televisie kyk, sal ook makliker kan besluit of ‘n land in die ontwikkelde of ontwikkelende kategorie pas.
| Naam van Land | Ontwikkeld: | Ontwikkelend: |
| Zimbabwe | ||
| VSA | ||
| Frankryk | ||
| Kongo | ||
| Argentinië | ||
| Japan | ||
| Rusland | ||
| Mosambiek | ||
| Namibië |
Die RSA is ‘n Derdewêreld- en ontwikkelende land en moet as sodanig bestuur word.
Bespreek hierdie stelling. Gee redes waarom jy saamstem met die stelling of nie, en uiteindelik tot ‘n gevolgtrekking kom.
| LU 2 |
| AARDRYKSKUNDIGE KENNIS EN BEGRIPDie leerder is in staat om aardrykskundige en omgewingskennis en -begrip te toon. |
| Dit is duidelik wanneer die leerder: |
| 2.1 ‘n beredeneerde verduideliking van sommige benaderings tot ontwikkeling verskaf [mense en plekke]; |
|
| 2.3 verduidelik hoe volhoubare ontwikkeling ‘n positiewe uitwerking op mense, plekke en omgewings kan hê [mense en omgewing |
AKTIWITEIT 1:
Ontwikkelde: Dit is lande wat reeds ‘n baie hoë vlak van ekonomiese- en sosiale ontwikkeling bereik het.
Kenmerke: Eerste Wêreld, geïndustrialiseerde, hoë inkomste, noord van die ewenaar, hoë mensontwikkeling, ekonomies ontwikkeld, besitters en ryk.
Voorbeelde: Meeste Europese lande, VSA, Switserland, Japan, ens.
Ontwikkelende: Dit is lande wat nog besig is om op ekonomiese- en sosiale gebied te ontwikkel. Sekere dele van ‘n land kan ten volle ontwikkeld wees, terwyl ander dele nog geheel en al onder-ontwikkeld mag wees.
Kenmerke: Derde wêreld, nie-geïndustraliseerd, lae inkomste, suid van die ewenaar, lae mens-ontwikkeling, minder ekonomies ontwikkelde lande, nie-besitters en arm.
Voorbeelde: Suid-Afrika, sekere Suid-Amerikaanse en lande in Asië, Afrikalande soos Ethiopië, Zimbabwe, DRK, ens.
Volhoubare ontwikkeling: Dit behels die oordeelkundige benutting van hulpbronne. Dit is ontwikkeling wat gelyktydig aan ‘n land se huidige behoeftes aan vooruitgang en aan bewaring vir die toekoms aandag skenk. Mag nie die omgewing benadeel nie en moet die belange van toekomstige geslagte beskerm.
Boustene vir volhoubaarheid: Neem die volgende faktore in ag: mens, aarde en welvaart. Drie belangrike boustene: ekonomiese groei, sosiale verantwoordelikheid en die behoud van ‘n ekologiese balans. Die sukses al dan nie met die implementering van ‘n volhoubare ontwikkelingsstrategie hang grootliks af van die mate waarin ‘n regering daarin slaag om armoede te verlig.
Verstedeliking:
Definisie: Proses waar ‘n toenemende aantal mense die landelike gebiede verlaat om hulle in stedelike gebiede te vestig.
Mening: Oorweeg die volgende: - Skep probleme vir platteland
- Sosiale- en ekonomiese probleme
- Ook stedelike probleme soos oorbevolking, werkloosheid, plakkery, verskeie tekorte, misdaad, ens.
Oplossing: Desentralisasie van nywerhede, werkskepping, hervestiging van mense op die platteland, behuisingsprojekte , instelling van minimum lone, RDP-projekte, ens.
Ontvolking van die platteland:
Definisie: Proses waar inwoners die platteland verlaat. Toenemende proses, veral in ontwikkelende- en ontwikkelde lande.
Gevolge: Agteruitgang van dorpe, geboue en dienste. Skole, besighede, ens. sluit. Ekonomiese- en kulturele agteruitgang en verval.
Oplossing: Skep werksgeleenthede, toerisme, desentralisasie, hervestigingsinisiatiewe, ens.
Eerste Wêreld:
Voorbeelde: Hoofsaaklik lande noord van die Sahara
Europa ( Noord en sentraal), VSA, China, Japan, ens.
Noorweë, Swede, Australië, Kanada, Nederland, Engeland, Duitsland, ens.
Redes: Ten volle ontwikkeld op ekonomiese-, politieke-, sosiale- en maatskaplike gebied. Groeikoers laag, sterftesyfers laag, geboortesyfers laag, lewensverwagting van mense hoog, per kapita-inkomste van mense hoog, ens.
Derde Wêreld:
Voorbeelde: Hoofsaaklik Sub-Sahara
Meeste Afrikalande, Suid-Amerikaanse lande, dele van Asië, ens.
Sierra Leone, Niger, Mali, Mosambiek, Ethiopië, DRK, ens.
Redes: Nog nie ten volle onwikkel nie, of moet nog ontwikkel. Verwys na vorige antwoord: teenoorgestelde
AKTIWITEIT 2:
Ontwikkeld: VSA
Frankryk
Japan
Kenmerke: Zimbabwe
Kongo
Argentinië
Rusland
Mosambiek
Namibië
AKTIWITEIT 3:
Oorweeg die volgende:
Stem saam!
top produsent.