Inside Collection (Course): Geskiedenis Graad 4
![]() |
| Oorsprong: | Judaïsme het omstreeks 2000 v.C. in Kanaän, die Beloofde Land (grootliks die Israel van vandag), ontstaan. Vandag word dit wêreldwyd aangetref. |
| Wat glo hulle?: | Volgelinge van die Judaïsme word Jode genoem. Hulle glo in een God, wat die Wet aan sy volk openbaar het. Hul simbool is die Ster van Dawid. |
| Naam van Stigter/Leier: | ABRAHAM Abraham, die aartsvader van die Hebreërs, is omstreeks 2000 v.C. in Ur in die huidige Irak gebore. Op God se bevel het hy hom later in Kanaän gevestig. |
| Waarhede: | REËLS EN RITUELE Sommige tradisies van die Joodse leefwyse:
|
| Sleutelpunte: |
|
| Heilige Geskrif: | TENAKH Die Joodse Heilige Skrif word die Tenakh genoem. Dit vertel die geskiedenis van die Joodse volk. Die belangrikste deel is die Torah, die vyf boeke van Moses. Dit bevat die wette, onder meer die Tien Gebooie, wat God aan Moses bekend gemaak het. |
![]() |
| : | |||||||||||
| Heilige Dae: |
|
||||||||||
| Heilige Woorde: | Diaspora: Verstrooiing van die Jode Eksodus: Israeliete se uittog uit Egipte Kaddisj: Sinagoge-gebed Onbesnedenes: Nie-Jode Rabbi: Leermeester en Leier Sinagoge: Plek van aanbidding Tefillim: Bidkissie met woorde van die Torak - word aan die voorkop en arm vasgebind | ||||||||||
| Heilige Plekke: | WESMUURDié muur in Jerusalem, wat ook as die Klaagmuur bekendstaan, is die enigste oorblyfsel van Herodes se Tempel, wat in 70 n.C. verwoes is. Vandag kom Jode hierheen om te bid en geskrewe gebede en versoeke tussen die enorme klipblokke in te druk. |
![]() |
| Oorsprong: | ISLAM het omstreeks 600 n.C. in Mekka (Makkah) in die huidige Saoedi-Arabië ontstaan. Dit word tans die hele wêreld oor beoefen en het honderde duisende aanhangers in Suid-Afrika. |
| Wat glo hulle? | DIE ISLAMITIESE GELOOF is gegrond op geloof in een God, Allah. Volgelinge van Islam word Moslems genoem. Hul simbool is ‘n ster en ‘n sekelmaan. |
| Naam van Stigter/Leier: | MOHAMMED Die laaste en grootste van die 26 Islamitiese profete was Mohammed, wat 570 n.C. in Mekka gebore is. Die shahadah verklaar dat Mohammed Allah se boodskapper is. |
| Waarhede: | PILARE VAN ISLAM Moslems moet dié vyf reëls gehoorsaam:
|
| Sleutelpunte: |
|
| Heilige Geskrif: | KORAN (QUR’AN). In dié heilige boek van Islam het Allah aan Mohammed bekend gemaak hoe die mensdom op aarde moet leef. Moslems hanteer die boek met groot respek. Hulle bewaar dit op ‘n skoon plek en was voordat hulle dit aanraak. | ||||||||||||
| Heilige Gebruik: | BID. Moslems bid dikwels in groepe saam. Hulle kniel met hul gesigte na Mekka op skoon grond of op materiaal: Dit kan ‘n geweefde tapyt, strooimat of selfs ‘n sakdoek wees. | ||||||||||||
| Heilige Dae: |
|
||||||||||||
| Heilige Woorde: | Hadith: Verhale oor Mohammed Hadji: Iemand wat die Hadj afgelê het Hafiz: Moslem wat die Koran gememoriseer het Jihad: Strewe om die Islamitiese lewenswyse te versprei Masjid: Plek van aanbidding Moella: Geleerde Shari’ah: Islamitiese wette | ||||||||||||
| Heilige Plekke: | MEKKA (MAKKAH)Dié stad in Saoedi-Arabië is die heiligste plek in die Moslemwêreld. Daar is ‘n blokvormige heiligdom, die Ka’ba, wat na oorlewering byna 4 000 jaar gelede deur Abraham en Ismael gebou is. Elke jaar, veral tydens hul pelgrimsmaand, stroom Moslems na Mekka en kom hulle rondom die Ka’ba byeen. |
![]() |
| Oorsprong: | Hindoeïsme het omstreeks 1750 n.C. in Indië ontstaan. Vandag het dit deur die grootste deel van Suidoos-Asië versprei. | ||||||||||||||
| Wat glo hulle? | DIE MEESTE HINDOES glo in baie gode maar in een onderliggende Werklikheid, en dat wanneer iemand sterf, die siel weer in ‘n ander liggaam gebore word. Hul simbool is ‘n heilige klank, OM. | ||||||||||||||
| Naam van Stigter/Leier: | STIGTERSDaar is geen enkele stigter van Hindoeïsme nie. Die vroeë gode is deur die Ariërs, wat Indië binnegeval het, met hulle saamgebring, o.a. Sjiwa. | ||||||||||||||
| Waarhede: | Hier volg van die belangrikste gode:
|
||||||||||||||
| Sleutelpunte: | Mense wat ‘n goeie lewe lei, word opnuut in ‘n hoër lewe gebore; slegte lewens lei tot ‘n laer lewe.
|
||||||||||||||
| Heilige Geskrif: | VEDAS Die vroegste Hindoe-opvattings is 1400 n.C. as die Vedas (gesange en dreunsange) neergeskryf. Die Rig Veda is die belangrikste boek van die Vedas. | ||||||||||||||
| Heilige Gebruik: | HEILIGE KOEI Hindoes het agting vir alle diere, veral koeie, as heilige wesens. Die meeste Hindoes is vegetariërs. ‘n Koei is ‘n simbool van die aarde, en om ‘n koei te voer, word as ‘n daad van aanbidding beskou. |
||||||||||||||
| Heilige Dae: |
|
||||||||||||||
| Heilige Woorde: | Atman: Individuele siel.Awater: Verskyning van Wisjnoe op aarde.Ghoeroe: Godsdiensleraar.Jogi: Heilige man.Karma: Morele wet.Mantra: Heilige dreunsang, gesang of gedig.Moksja: Vrystelling van die lewensiklus.Nirwana: Volkome vrede.Poeja: Aanbidding. | ||||||||||||||
| Heilige Plekke: | HEILIGE STAD Varanasi of Benares in Indië is een van die oudste stede ter wêreld en die belangrikste plek vir ‘n Hindoe-pelgrimstog. Elke jaar kom bad miljoene in die heilige rivier, die Ganges. Hulle glo die water was sondes af. Mense se as word dikwels op die rivier gestrooi. | ||||||||||||||