Inside Collection (Course): Aardrykskunde Graad 9
1. Benadering tot ontwikkeling in die RSA
![]() |
Kaart van RSA met ou tbvc -lande
Eerste stap: Ontwikkelingstreke
As ons oor ontwikkeling wil gesels, kry ons eers weer ‘n geheelbeeld van die landkaart. Waar sou jy die meeste en minste ontwikkeling verwag, en waarom? Het jy al hoogs ontwikkelde sowel as totaal onontwikkelde gebiede besoek? Vertel of skryf iets hieroor, en vergelyk julle ervarings.
Nou kan ons die land verdeel in breë ONTWIKKELINGSTREKE of streke waar daar reeds ‘n groot mate van ontwikkeling voorkom, en wat die vroeëre TBVC-lande insluit (vind uit wat laasgenoemde beteken) en in ‘n groot mate ooreenstem met huidige nege provinsies, nl.
[Huidige name]
Veral streke 4, 5 en 7 het die GROOTSTE BEHOEFTE gehad aan ontwikkeling, omdat daar nog soveel werkloosheid geheers het. Om te kan ontwikkel, moes werksgeleenthede geskep en mense in diens geneem word sodat hulle in die lewe kon vorder en geld verdien om noodsaaklike lewensmiddele te bekom. (Wat is na jou mening nodig om werksgeleenthede te skep? Waarom deel die regering nie liewer geld uit aan die armes nie? Jy moet ‘n sinvolle antwoord hierop kan gee om te kan deel hê aan die beplanning vir die toekoms).
![]() |
Kaart van RSA met ontwikkelingskerne
Tweede stap: Ontwikkeling van gebiede/dorpe
Nou beweeg ons nader aan spesifieke middelpunte van ontwikkeling wat reeds bestaan.
Dit is belangrik om hierdie gebiede te ken, ook omdat die ontwikkeling ‘n invloed het op die lewenswyse en lewenskwaliteit van die mense in daardie omgewings (Gee voorbeelde, en vra jouself af of dit saak maak).
Doen nou navorsing oor ontwikkeling en bedrywighede in gebiede/dorpe wat as kerne van ‘n bepaalde streek beskou word. Sluit die volgende in:
Derde stap: Ontwikkelingsprogramme
Maak ‘n studie van SNOP – die Streeknywerheids-ontwikkelingsprogram van 1991.
Doelwitte van SNOP:
a) Teken nou die nuwe kaart van Suid-Afrika met die nuwe provinsies hieronder op kalkeerpapier en plaas dit bo-oor die kaart op p. 8. (Die buitelyn van elke kaart moet presies dieselfde grootte wees.)
b) Vergelyk nou die twee ten opsigte van:
c) Maak jou eie afleidings oor die sukses/mislukking van die modelle.
![]() |
| Leeruitkomstes(LUs) |
| LU 1 |
| AARDRYKSKUNDIGE ONDERSOEKDie leerder is in staat om ondersoekvaardighede te gebruik om aardrykskundige en omgewingsbegrippe en –prosesse te ondersoek. |
| Assesseringstandaarde(ASe) |
| Dit is duidelik wanneer die leerder: |
| 1.3 gevolgtrekkings oor inligting uit bronne soos foto’s, kaarte, atlasse, grafieke en statistiek ontleed en maak [werk met bronne]; |
AKTIWITEIT 1:
d) - Navorsingsdoeleindes
- Behoud van verskillende spesies
- Bewaring vir die nageslag
- Etiese- sowel as estetiese redes.