Inside Collection (Course): Aardrykskunde Graad 9
1. Die rol van tegnologiese ontwikkeling in die oplossing van omgewingsvraagstukke
1.1 Tegnologie en die toenemende vraag na voedsel
![]() |
Namate die bevolkingsgetalle in die wêreld toeneem, word daar meer en meer druk geplaas op die natuurlike hulpbronne. Dit beteken dat die grond al hoe meer produkte moet lewer om die bevolking te voed. Tradisionele metodes vir die verbouing van gewasse is nie meer doeltreffend om die bevolking van die wêreld te voed nie. In sommige lande word vandag ‘n surplus of oorskot aan landbouprodukte geproduseer (bv. die VSA), terwyl daar in ander lande steeds ‘n groot probleem bestaan ten opsigte van die voedselbehoeftes van die bevolking (bv. in Ethiopië, waar die mense verhonger).
Om hierdie toestand te probeer oplos, word wetenskaplike metodes aangewend om die produksie van landbouprodukte te verhoog. Dit kos egter baie geld, mannekrag, tegnologie en navorsing. Indien dit suksesvol is, word nuwe kultivars byvoorbeeld ontwikkel wat ‘n hoër opbrengs lewer as die tradisionele gewasse. Vandag kry ons byvoorbeeld mielies wat baie meer koppe lewer as in die verlede. Dit lei tot hoër landbouproduksie wat meer mense kan voed. Mense wat ondervoed is, kan nie gesond bly, werk, en hulle gesinne versorg nie. Waar mense nie geld verdien om in hul lewensbehoeftes te voorsien nie, kan hulle ook nie hulself en hul kinders verder ontwikkel of bydra tot die land se vooruitgang nie.
![]() |
Biotegnologie
Biotegnologie is wetenskaplike tegnieke wat op die kennis van biologie gebaseer is. Die biologie bestudeer die prosesse van lewe, soos bv. in plante. Hierdie kennis speel ‘n belangrike rol by die ontwikkeling van nuwe gewasse. Dit kan help om die tyd en koste verbonde aan die proses van ontwikkeling te verminder. Daar word ook gebruik gemaak van metodes om gene te gebruik wat grondvergiftiging teenwerk, plante bestand maak teen insekte, asook die voedselwaarde van plante verhoog.
Ook in die ontwikkelende lande kon boere voordeel trek uit die metodes soos die byvoeging van ‘n sekere geen in die canolaplant, wat betakerotien vervaardig. Dit help om Vitamine A-tekorte aan te vul, en oogskade te verhoed. Sekere aspekte rondom veiligheid en die etiek van genetiese manipulasie moet egter nog uitgestryk word. Etiek het te doen met die morele beginsels van “reg en verkeerd”.
Die wetenskap kan ook behulpsaam wees om beter bestuur van ons natuurlike hulpbronne te verseker. Sodoende kan probleme soos watertekorte, die verlies aan vrugbare grond, die verlies aan natuurlike bome en bosse, die verlies van biodiversiteit, asook die uitputting van ons visbronne verhoed word.
![]() |
![]() |
Die canolablom en -landery
Genetika
Doen die volgende op jou eie:
a) Gaan na die biblioteek en versamel inligting oor verskillende tipes plante wat geneties aangepas is, om hoër oeste te verseker. Dit is ‘n voorbeeld van hoe die tegnologie ingespan word vir ontwikkeling. Skryf in jou eie woorde wat jy onder genetiese manipulasie verstaan, en wat met tegnologie bedoel word. Vind uit wat in laboratoriums gebeur, en hoe wetenskaplikes op verskillende terreine bydra tot die ontwikkeling van ‘n land.
b) Besoek onder andere die volgende webtuiste op die internet:
Saby Ganguly: From Bengal Famine to the GreenRevolution (Gebruik die titel of kernwoorde in die titel vir ‘n soektog.
Peter Rosset,Joseph Collins, Francis Moore Lappé: Lessons fromthe Green Revolution, Tikkun Magazine, March/April 2000
Plaagdoders kan aangewend word om oeste teen beskadiging deur insekte te beskerm. Dit kan egter ook ‘n negatiewe invloed op die ekosisteem hê.
Die uitdaging wat die landbousektor in die gesig staar, is om genoegsaam te produseer sodat daar in die wêreld se snel groeiende bevolking se behoeftes voorsien kan word. In sekere dele van die wêreld is daar egter reeds mense wat nie genoegsaam gevoed kan word nie, of selfs sterf weens ‘n gebrek aan voedselvoorrade. Volgens syfers van die Wêreldbank was daar teen die jaar 2000 meer as 840 miljoen mense in die wêreld wat nie genoeg voedsel gehad het om te eet nie. Daar sterf gemiddeld 30 mense per minuut weens ‘n gebrek aan voedsel in ontwikkelende lande. Die produksie van voedsel sal met 50% moet toeneem, om teen die jaar 2025 die addisionele twee biljoen mense te voed. Dit maak die huidige situasie baie meer kompleks as voor die aanvang van die Groen Rewolusie in die 1970’s.
Die geweldige uitbreiding van kommunikasienetwerke gedurende die afgelope paar jaar kan aangewend word om meer globale navorsing te doen oor die landbousektor. Inligting oor die verbouing van ‘n spesifieke plant kan gelukkig wêreldwyd gedeel word met ander landbouers wat soortgelyke gewasse wil aanplant, of soortgelyke probleme daarmee ondervind.
Omgewingsaspekte wat tans aangespreek moet word, sluit in armoede, agteruitgang van die omgewing, die erosie van genetiese hulpbronne, asook die onsekerheid rondom die beskikbaarheid van voedsel. Dit is alles faktore wat ‘n land se ontwikkeling terughou en die inwoners benadeel. Hierdie sake kom nie vanself reg nie; die inwoners van elke land moet daarvan bewus gemaak word en bereid wees om iets daaraan te doen. Elkeen moet ‘n “groen gewete” ontwikkel.
Die wetenskap word beskou as ‘n belangrike faktor in die oplossing van die probleme wat genoem is. Daar was onlangs drie belangrike wetenskaplike ontwikkelings wat kan help om te verseker dat voedselproduksie in pas bly met die bevolkingsgroei:
– Die verantwoordelike gebruik van biotegnologie (geen oormatige of skadelike gebruik van bemesting, gifstowwe, genetiese manipulasie, ens. nie).
– Beter bestuur en beheer van die natuurlike hulpbronne (beskerming, bewaring en ontwikkeling van water, grond, bome, plante en gewasse).
– Aanwending van die inligtingsrewolusie (die toepassing van nuwe inligting en uitvindings wat beskikbaar kom).
Verskaf voorbeelde van bogenoemde om te wys dat hierdie kennis prakties toegepas kan word om ‘n verskil te maak.
| Leeruitkomstes(LUs) |
| LU 1 |
| AARDRYKSKUNDIGE ONDERSOEKDie leerder is in staat om ondersoekvaardighede te gebruik om aardrykskundige en omgewingsbegrippe en –prosesse te ondersoek. |
| Assesseringstandaarde(ASe) |
| Dit is duidelik wanneer die leerder: |
| 1.3 gevolgtrekkings oor inligting uit bronne soos foto’s, kaarte, atlasse, grafieke en statistiek ontleed en maak [werk met bronne]; |
| 1.5 inligting in die veld waarneem en dit opteken [werk met bronne]; |
| 1.7 verslag doen oor kennis wat tydens die ondersoek verkry is deur ‘n redenasie en interpretasie gegrond op inligtingsbronne te formuleer; gebruik kaarte, diagramme en grafika; gebruik, waar moontlik, rekenaars in die aanbieding [dra die antwoord oor]. |
| LU 2 |
| AARDRYKSKUNDIGE KENNIS EN BEGRIPDie leerder is in staat om aardrykskundige en omgewingskennis en -begrip te toon. |
| Dit is duidelik wanneer die leerder: |
| 2.1 ‘n beredeneerde verduideliking van sommige benaderings tot ontwikkeling verskaf [mense en plekke]; |
|
| 2.3 verduidelik hoe volhoubare ontwikkeling ‘n positiewe uitwerking op mense, plekke en omgewings kan hê [mense en omgewing |
AKTIWITEIT 3:
Dit beteken dat die oordeelkundige gebruik van plaagdoders groot voordele vir die landbou inhou, maar dat die onoordeelkundige gebruik ongelukkig ook groot skade aan ekosisteme kan aanrig.
Hoe werk dit? Ekosisteme bestaan uit verskillende voedselkettings en voedselwebbe. Jou onderwyser sal dit aan jou verduidelik.
Hierdie voedselkettings bestaan uit verskillende trofiese vlakke.
VOORBEELD: gras - skaap - mens
Of
gras - sprinkaan - padda - slang - arend
Die gifstowwe word op die plante gegooi om die sprinkaanplaag uit te roei. Nou eet die paddas die vergiftigde sprinkane en hulle word vergiftig, ens. So word die gif deur die trofiese vlakke gedra totdat die roofvoëls vernietig word. Dit is ‘n bekende feit dat die gif al hoe meer gekonsentreerd raak soos wat dit deur die trofiese vlakke na bo beweeg.
AKTIWITEIT 4:
AKTIWITEIT 5:
c) - Negatiewe faktore soos, plaasmoorde, hoë insetkoste van boerdery, oorproduksie, swak waarde van die rand, lae pryse vir landbouprodukte , gebrek aan dienste, ens.
- Wins maak
- Verstedeliking
AKTIWITEIT 6 :