Inside Collection (Course): Aardrykskunde Graad 9
1. Die Groen Rewolusie
Die Groen Rewolusie verwys na ‘n veldtog wat ongeveer dertig jaar gelede geloods is om voedselproduksie indringend te verhoog. Die term is deur die Agentskap vir Internasionale Ontwikkeling in die VSA in 1968 geskep. Die term geld vir die periode vanaf 1967 tot 1978. Aanvanklik is daar gekonsentreer op die uitbreiding van grond wat vir die verbouing van gewasse aangewend word. In dié tyd is daarin geslaag om die produksie van gewasse soos rys en koring te verdubbel. Dit staan as stapelvoedsel bekend – vind uit wat dit beteken en watter lande rys of koring as stapelvoedsel gebruik.
Later sou ander metodes en tegnieke volg om die produksie van oeste te verhoog. Die volgende vyf is belangrik:
Nuwe oeskultivars
Besproeiing
Bemestingstowwe
Plaagdoders
Meganisasie
a) Skryf kort aantekeninge oor elke tegniek, en waar dit in die wêreld en in jou streek voorkom. Noem ook hoe dit bydra tot ontwikkeling. Probeer fotomateriaal klas toe bring.
b) Skryf ‘n opstel of hou ‘n klasbespreking oor wat sal gebeur as die wêreld of jou land se voedsel opraak.
c) In watter rigting kan ‘n mens verder studeer as jy aan hierdie probleme wil aandag gee?
d) Watter loopbane bestaan daar op hierdie gebied?
e) Waar kan ‘n mens jou daarvoor bekwaam in jou eie land?
f) Wat is die rol en probleme van boere en plaasarbeiders?
g) Laat iemand wat op ‘n plaas woon julle meer daarvan vertel, of onderneem ‘n uitstappie na ‘n plaas of landbou-tegniese inrigting sodat boere of beamptes julle verder kan inlig.
h) Sien jy kans om ‘n boer, plaasbestuurder, arbeider of landboukundige te word?
i) Wat is die uitdagings, voordele en nadele hiervan?
2. Die Groen Rewolusie in Indië
Die Groen Rewolusie in Indië het drie elemente behels:
Die Groen Rewolusie het tot ‘n rekord graanoes in 1978 - 79 gelei en van Indië een van die grootste landbouprodusente gemaak.
Die opbrengs per eenheid landbougrond het sedert onafhanklikheidswording in 1947 met meer as 30% toegeneem.
Die opbrengste met geneties verbeterde saad was baie goed. Meer as 70% van die koringoes, 35% van die rysoes en 20% van die manna- en graanoes het van geneties gevorderde saad gekom.
Die Groen Rewolusie het gelei tot die skep van werkgeleenthede omdat die behoefte aan kunsmis en gifstowwe gegroei het en daar meer damme gebou is.
Die Groen Rewolusie het Indië verander van ‘n verhongerde nasie na ‘n uitvoerder van voedsel. Wat was die voordele daarvan?
![]() |
a) Verspreiding van die Indiese bevolking. Die grootste digtheid is in die Middel- en Benede-Gangavallei en westelike en suidoostelike kusvlaktes.
![]() |
b) Die belangrikste boerderystelsels en -produkte. Rys, tee en jute word in die waterryke streke verbou en koring, mielies en katoen in die droër binneland.
3. Lesse uit die Groen Rewolusie
Die Groen Rewolusie het voordele ingehou, maar daar is ook belangrike lesse geleer.
Landbou en die oorbevolkingsvraagstuk in Indië
Die Groen Rewolusie
Wanneer die bevolking van ‘n land so vinnig toeneem dat daar uiteindelik nie genoeg voedsel geproduseer kan word nie, lei dit uiteindelik tot hongersnood.
Indië is sodanige land wat nog nie daarin kon slaag om in die voedselbehoeftes van sy bevolking te voorsien nie want dit is ‘n oorbevolkte land in die ergste graad en die primitiewe boerderymetodes het veroorsaak dat die land se opbrengste van die laagste in die wêreld was.
Om die bevolkingsproduksie te laat tred hou met die groeiende bevolking, word daar reeds vir meer as dertig jaar gepoog om die sogenaamde Groen Rewolusie in Indië toe te pas. Die Groen Rewolusie berus op die verhoogde produktiwiteit van reeds bewerkte grond. Dit word bewerkstellig deur die toediening van meer bemestingstowwe en die verbouing van nuwe voedselsoorte.
Opleidingsprogramme is ontwikkel om nuwe idees en nuwe boerderymetodes en -tegnieke by die inwoners op die platteland tuis te bring.
Nuwe koring-, rys- en mielievariëteite is ontwikkel wat meer saad produseer, hoër opbrengste lewer, beter reageer op die toediening van bemestingstowwe en meer proteïne bevat.
Doeltreffende bemesting het nie alleen die landbouproduksie verhoog nie, maar ook die waterhouvermoë van die grond verhoog.
Chemiese en organiese bemestingstowwe is ook gebruik.
Dit het tot gevolg gehad dat daar ‘n totale toename in produksie was wat ietwat meer was as die jaarlikse bevolkingsgroeikoers. Verskeie rekordgraanoeste is van tyd tot tyd opgelewer.
Alhoewel die doelwitte van die Groen Rewolusie realisties en haalbaar is, word daar na dertig jaar steeds verskeie probleme ervaar met die toepassing daarvan.
Die uiters konserwatiewe kleinboere is ook baie tradisievas en vernuwing en verandering word met skeptisisme en vooroordeel begroet.
Die meeste kleinboere is nog ongeletterd.
Die kleinboere is arm en geld ontbreek om plaasimplemente, insek- en onkruiddoders en kunsmis aan te koop.
Die Groen Rewolusie is ‘n duur program en kapitaal ontbreek om die koste te delg. Die land moet in ‘n toenemende mate geld in die buiteland leen om vir die program te betaal.
Die enigste manier waarop die Groen Rewolusie kan slaag, is om te verseker dat ‘n balans gehandhaaf word tussen die groeiende bevolkingsgetalle en voedselproduksie. Die bevolkingsaanwas moet doelbewus en planmatig beheer word.
Swanevelder, C.J. e.a.,Senior Aardrykskunde Graad 8, Kaapstad, 1996
Ganguly, S.,From the Bengal Famine to the Green Revolution, Internet (Google.com)
Rosset, P. e.a.,Lessons from the Green Revolution, Internet (Google.com)
Benodig ons tegnologie om hongersnood te verlig?
Raadpleeg die volgende punte en gebruik dit as ‘n basis om die vraag hierbo in jou eie woorde te beantwoord.
Ja:
Maar:
4. Samevatting
Onder watter toestande is groter oeste gedoem tot mislukking, sodat honger nie uitgeskakel word nie?
a) Wanneer plaasgrond soos enige ander goedere gekoop en verkoop word en die samelewing toelaat dat superplase onbeperk landbougrond bymekaar-maak, verdwyn familieplase en die hele samelewing ly daaronder.
b) Wanneer die hoofproduseerders van voedsel (kleinboere en plaaswerkers) nie voldoende mag het om te onderhandel met verskaffers van plaasbenodigdhede en voedselbemarkers het nie, kry hulle ‘n veels te klein beloning uit hul boerdery. Kan julle dit met praktiese voorbeelde toelig?
c) Wanneer ‘n oormaat van tegnologie die toekomstige voedselproduksie vernietig deurdat die grond verswak of pes- en onkruidprobleme ontstaan, raak dit toenemend moeilik om goeie opbrengste te handhaaf. Die boer moet dan meer insit as wat hy uiteindelik uit sy oes verdien. So word hy geleidelik armer en kan hy sy grond en besittings verloor. Ons kry dan agteruitgang in plaas van ontwikkeling.
| Leeruitkomstes(LUs) |
| LU 1 |
| AARDRYKSKUNDIGE ONDERSOEKDie leerder is in staat om ondersoekvaardighede te gebruik om aardrykskundige en omgewingsbegrippe en –prosesse te ondersoek. |
| Assesseringstandaarde(ASe) |
| Dit is duidelik wanneer die leerder: |
| 1.3 gevolgtrekkings oor inligting uit bronne soos foto’s, kaarte, atlasse, grafieke en statistiek ontleed en maak [werk met bronne]; |
| 1.5 inligting in die veld waarneem en dit opteken [werk met bronne]; |
| 1.7 verslag doen oor kennis wat tydens die ondersoek verkry is deur ‘n redenasie en interpretasie gegrond op inligtingsbronne te formuleer; gebruik kaarte, diagramme en grafika; gebruik, waar moontlik, rekenaars in die aanbieding [dra die antwoord oor]. |
| LU 2 |
| AARDRYKSKUNDIGE KENNIS EN BEGRIPDie leerder is in staat om aardrykskundige en omgewingskennis en -begrip te toon. |
| Dit is duidelik wanneer die leerder: |
| 2.1 ‘n beredeneerde verduideliking van sommige benaderings tot ontwikkeling verskaf [mense en plekke]; |
|
| 2.3 verduidelik hoe volhoubare ontwikkeling ‘n positiewe uitwerking op mense, plekke en omgewings kan hê [mense en omgewing |
AKTIWITEIT 1:
Moorreesburg en Piketberg) toegepas.
Moet werk skep en instand hou vir sy werknemers
Arbeiders: Lae lone, swak behuising en ander dienste, ens.
Negatiewe faktore te oorkom.
Droogtes, oorstromings, ens.
Voordele: Eie baas
Kan finansieel baie lonend wees
Nadele: Baie alleen en afgesonder
Kan gevaarlik wees