Skip to content Skip to navigation Skip to collection information

Connexions

You are here: Home » Content » Aardrykskunde Graad 9 » Sosiale en omgewingskonflik

Navigation

Lenses

What is a lens?

Definition of a lens

Lenses

A lens is a custom view of the content in the repository. You can think of it as a fancy kind of list that will let you see content through the eyes of organizations and people you trust.

What is in a lens?

Lens makers point to materials (modules and collections), creating a guide that includes their own comments and descriptive tags about the content.

Who can create a lens?

Any individual member, a community, or a respected organization.

What are tags? tag icon

Tags are descriptors added by lens makers to help label content, attaching a vocabulary that is meaningful in the context of the lens.

This content is ...

In these lenses

  • GETSenPhaseSS display tagshide tags

    This collection is included inLens: Siyavula: Social Sciences (Gr. 7-9)
    By: Siyavula

    Collection Review Status: In Review

    Click the "GETSenPhaseSS" link to see all content selected in this lens.

    Click the tag icon tag icon to display tags associated with this content.

Recently Viewed

This feature requires Javascript to be enabled.

Tags

(What is a tag?)

These tags come from the endorsement, affiliation, and other lenses that include this content.
Download
x

Download collection as:

  • EPUB (what's this?)

    What is an EPUB file?

    EPUB is an electronic book format that can be read on a variety of mobile devices.

    Downloading to a reading device

    For detailed instructions on how to download this content's EPUB to your specific device, click the "(what's this?)" link.

  • More downloads ...

Download module as:

  • PDF

Reuse / Edit
x

Collection:

Module:

Add to a lens
x

Add collection to:

Add module to:

Add to Favorites
x

Add collection to:

Add module to:

Sosiale en omgewingskonflik

Module by: Siyavula Uploaders. E-mail the author

SOSIALE WETENSKAPPE: AARDRYKSKUNDE

Graad 9

SOSIALE EN OMGEWINGSKONFLIK IN SUID-AFRIKA

Module 9

Sosiale en omgewingskonflik

1. Politieke agtergrond

Na die vrylating van Nelson Mandela in 1990, het geweld in Suid-Afrika toegeneem, terwyl baie verwag het dat dit die begin sou wees van ‘n vreedsamer samelewing.

Die oorsaak kan onder andere gesoek word in die wisselwerking tussen die omgewingstekorte en sosiale onrus in Suid-Afrika oor die afgelope dekades. Suid-Afrika het ernstige omgewingsprobleme, maar hulle is die afgelope tyd oorskadu deur die negatiewe sosiale uitwerking van apartheid, weerstand teen minderheidsregering en die poging om ‘n post-apartheid politieke bestel tot stand te bring. Die oorgang na ‘n volle demokrasie het goed verloop, maar die apartheidsbestel het ‘n problematiese ekologiese erfenis nagelaat wat politieke, sosiale en ekonomiese toestande vir dekades lank gaan beïnvloed. Die vooruitsigte vir ‘n welvarende, vreedsame en demokratiese Suid-Afrika lyk trouens minder rooskleurig as die moontlike invloed wat ons omgewingstekorte op sosiale stabiliteit kan hê, reg verstaan word.

Omgewingsskaarste het binne die konteks van apartheid bygedra tot:

  • verlaagde landbouproduktiwiteit in die voormalige tuislande;
  • migrasies na en binne-in stedelike gebiede; en
  • die agteruitgang van die plaaslike stedelike omgewing.

2. Suid-Afrika: verby apartheid

Die onteiening van die oorspronklike inwoners van Suid-Afrika van hul land, het reeds met die Britse koloniale bewind begin, maar rassesegregasie is deur die Nasionale Party se oorwinning in 1948 en hul toepassing van apartheid, verskans. Apartheid het 87% van die land aan die blankes besorg terwyl die swartes, ongeveer 75% van die bevolking, in tuislande geleef het wat omtrent 13 % van die land beslaan het.

Die swart bevolking in hierdie gebiede het hulself gehandhaaf deur middel van landbou, plaaslike diensindustrieë en trekarbeid in myne en nywerhede wat in die besit van blankes was.

Vanaf 1960 tot 1980 het die Regering 1,75 miljoen mense wat hulself na die kansellering van arbeid-huurderkontrakte, in stedelike plakkerskampe en plattelandse dorpies neergelaat het, na die tuislande gedwing. Dit het bygedra tot:

  • kwasi-stedelike gemeenskappe op die grense van die tuislande;
  • meer mense wat in enkel-geslagkoshuise naby nywerhede gewoon het;
  • ‘n waarneembare apartheidsopset wat vandag nog bestaan: natuurlike omgewingseienskappe soos riviere, klowe en rante, of mensgemaakte versperrings soos industriële gebiede, nywerheidsgordels en spoorlyne skei die verskillende rassegroepe van mekaar;
  • ‘n ongelyke verdeling van stedelike grond, met die swartes wat te min grond gekry het om hulle almal te huisves en die grond ook swakker geposisioneer (ver van die stadsentrum af, naby industriële gebiede) met ‘n ontoereikende infrastruktuur (swak rioolstelsels, water- en elektrisiteitsvoorsiening).

Die gevolg van hierdie ontwikkeling is dat die stedelike swartbevolking toenemend op die plaaslike omgewing aangewese geraak het vir hulle dag-tot-dag behoeftes en dat die omgewings vinnig agteruit gegaan het.

Hierdie verstedelikingsprobleem het meegebring dat die toenmalige regering van apartheid af begin wegbeweeg het.

Die voorverkiesingstydperk (vanaf 1990 met die vrylating van Mandela tot die algemene verkiesing in 1994) was gekenmerk deur geweld. Die ANC en Inkhata Vryheidparty (IVP) was verwikkeld in ‘n stryd om die beheer van die staat.

Die voorverkiesingstydperk is verder gekompliseer deur ekonomiese probleme. Die afname in ekonomiese groei wat in 1980 reeds begin het, het negatiewe syfers gehaal toe die ekonomie begin krimp het, en dit terwyl die bevolking met 2,5% per jaar gegroei het. Die getal mense wat werk moes vind, het gegroei terwyl werksgeleenthede afgeneem het. Na raming was meer as een uit elke drie mense werkloos.

Die nuwe regering het die sogenaamde Heropbouings- en Ontwikkelingsprogram (HOP) geïmplementeer. Hierdie program was en is steeds gerig op die mobilisering van die land se mense en hulpbronne om apartheid weg te werk en ‘n demokratiese, nie-rassige en nieseksistiese toekoms te bou.

In 1994 het die ekonomie met 2,3% gegroei. Baie mense het geglo dat die nuwe regering se ekonomiese beleid en dissipline die ontwikkelingsprioriteite van Suid-Afrika spoedig sou aanspreek. Die gevolge van apartheid soos vroeër genoem, bly egter ‘n faktor wat gaan bepaal in welke mate die staat en samelewing daarin slaag om die doelwitte van die HOP te behaal.

3. Omgewingstekorte en gewelddadige konflik

Daar is drie soorte omgewingstekorte:

  • Beskikbaarheid-gedrewe tekorte wat veroorsaak word deur die verarming en uitputting van ‘n omgewingshulpbron, byvoorbeeld die erosie van grond wat geskik is vir akkerbou.
  • Aanvraag-gedrewe tekorte wat veroorsaak word deur bevolkingsgroei in ‘n bepaalde gebied of die groeiende per capita verbruik van ‘n hulpbron, wat dan lei tot verhoogde aanvraag vir die hulpbron.
  • Strukturele tekorte wat ontstaan as die benutting van ‘n hulpbron deur ‘n klein groepie mense beheer word terwyl die res van die bevolking onder ‘n ernstige tekort gebuk gaan.

Die drie soorte tekorte kom dikwels gelyktydig voor en is in interaksie met mekaar. Gevolge hiervan wat algemeen voorkom sluit in:

  • verlaagde landbouproduktiwiteit;
  • ekonomiese agteruitgang;
  • migrasies weg van gebiede waar omgewingstekorte bestaan; en
  • verswakte instellings.

Sodanige tekorte en hul uitwerkings op die samelewing kan tot ongelukkigheid en griewe lei, wat uiteindelik op burgerlike geweld kan uitloop indien twee bykomende faktore teenwoordig is:

  • Groepe met sterk kollektiewe of verenigende identiteite wat gesamentlik die staat kan uitdaag.
  • Geleenthede vir gewelddadige optrede teen die owerhede wat duidelik voordele inhou.

Dit beteken dat griewe tot burgerlike opstand kan lei indien die gegriefdes hulself sien as lede van groepe wat kan saamstaan, en hulle glo dat die beste geleenthede om hulle griewe suksesvol aan te spreek, geweld insluit.

Griewe kan meebring dat mense begin saamstaan omdat hulle met mekaar identifiseer aangesien hulle dieselfde griewe ervaar.

Burgerlike geweld is ‘n aanduiding van spanning tussen die staat en die samelewing. Indien groeperinge in die samelewing van mening is dat die staat op hulle eise reageer, bly die vlak van gegriefdheid jeens die staat laag.

Omgewingstekorte bedreig hierdie delikate balans tussen die staat en samelewing. Verlaagde landbouproduksie, verstedeliking en ekonomiese agteruitgang lei dikwels tot ontberinge. Aan die anderkant verlaag dit ook die staat se vermoë om die griewe suksesvol aan te spreek vanweë verlaagde staatsinkomste. Die gevolg hiervan is verswakte kommunikasie en interaksie tussen die samelewing en staat, en uiteindelik neem die legitimiteit van die staat af, is die staat nie meer verteenwoordigend van die samelewing nie en reageer die staat ook nie meer sensitief teenoor die samelewing nie.

Indien hierdie toestand voortduur, bly die griewe bestaan en kan daar uiting daaraan gegee word deur byvoorbeeld misdaad.

Collection Navigation

Content actions

Download:

Collection as:

EPUB (?)

What is an EPUB file?

EPUB is an electronic book format that can be read on a variety of mobile devices.

Downloading to a reading device

For detailed instructions on how to download this content's EPUB to your specific device, click the "(?)" link.

| More downloads ...

Module as:

PDF | EPUB (?)

Add:

Collection to:

My Favorites (?)

'My Favorites' is a special kind of lens which you can use to bookmark modules and collections. 'My Favorites' can only be seen by you, and collections saved in 'My Favorites' can remember the last module you were on. You need an account to use 'My Favorites'.

| A lens I own (?)

Definition of a lens

Lenses

A lens is a custom view of the content in the repository. You can think of it as a fancy kind of list that will let you see content through the eyes of organizations and people you trust.

What is in a lens?

Lens makers point to materials (modules and collections), creating a guide that includes their own comments and descriptive tags about the content.

Who can create a lens?

Any individual member, a community, or a respected organization.

What are tags? tag icon

Tags are descriptors added by lens makers to help label content, attaching a vocabulary that is meaningful in the context of the lens.

| External bookmarks

Module to:

Reuse / Edit:

Reuse or edit collection (?)

Check out and edit

If you have permission to edit this content, using the "Reuse / Edit" action will allow you to check the content out into your Personal Workspace or a shared Workgroup and then make your edits.

Derive a copy

If you don't have permission to edit the content, you can still use "Reuse / Edit" to adapt the content by creating a derived copy of it and then editing and publishing the copy.

| Reuse or edit module (?)