Skip to content Skip to navigation Skip to collection information

Connexions

You are here: Home » Content » Aardrykskunde Graad 9 » Sosiale gevolge van omgewingstekorte

Navigation

Lenses

What is a lens?

Definition of a lens

Lenses

A lens is a custom view of the content in the repository. You can think of it as a fancy kind of list that will let you see content through the eyes of organizations and people you trust.

What is in a lens?

Lens makers point to materials (modules and collections), creating a guide that includes their own comments and descriptive tags about the content.

Who can create a lens?

Any individual member, a community, or a respected organization.

What are tags? tag icon

Tags are descriptors added by lens makers to help label content, attaching a vocabulary that is meaningful in the context of the lens.

This content is ...

In these lenses

  • GETSenPhaseSS display tagshide tags

    This collection is included inLens: Siyavula: Social Sciences (Gr. 7-9)
    By: Siyavula

    Collection Review Status: In Review

    Click the "GETSenPhaseSS" link to see all content selected in this lens.

    Click the tag icon tag icon to display tags associated with this content.

Recently Viewed

This feature requires Javascript to be enabled.

Tags

(What is a tag?)

These tags come from the endorsement, affiliation, and other lenses that include this content.
 

Sosiale gevolge van omgewingstekorte

Module by: Siyavula Uploaders. E-mail the author

SOSIALE WETENSKAPPE: AARDRYKSKUNDE

Graad 9

SOSIALE EN OMGEWINGSKONFLIK IN SUID-AFRIKA

Module 10

Sosiale gevolge van omgewingstekorte

  • Vier belangrike sosiale gevolge kan geïdentifiseer word as gevolg van die invloed van omgewingstekorte op die gemeenskap.
  • Afname in landbouproduksie
  • Afname in die ekonomie
  • Verskuiwing van die bevolking
  • Die verswakking van instellings (organisasies)
  • Verduidelik in jou eie woorde waarom en hoe die bogenoemde gevolge ontstaan, en gee voorbeelde uit jou eie streek.

1. Afname in landbouproduksie

  • In die tuislande het landboupotensiaal afgeneem as gevolg van ‘n toename in bevolkingsdigtheid, watertekorte en gronderosie. In Bophuthatswana het boere in die 1940’s 110 kilogram mielies vir elke persoon geproduseer. Teen die 1970’s het dit tot 50 kg per persoon gedaal.
  • Die gevolg hiervan is siektes wat aan wanvoeding toegeskryf kan word, soos kwasjiorkor by kinders en tuberkulose by volwassenes. Namate die beskikbare bronne vir landbou en woude afneem, word baie mense gedwing om die landbou te verlaat. Hulle word verplig om na dorpe en stede te gaan en om laag besoldigde werk te aanvaar. (Wat beteken dié term?)
  • Gemarginaliseerde (benadeelde) plattelandse en stedelike swartmense word die slagoffers van toenemende tekorte en onvoldoende alternatiewe (ander) werksgeleenthede. Die resultaat hiervan is kroniese armoede (wat beteken “kronies” hier?).

2. Afname in die ekonomie

  • Namate daar ‘n afname in die produksie van voedsel is, het dit ook tot ‘n negatiewe invloed op die ekonomie. Landbou speel ‘n belangrike rol in die verkryging van buitelandse inkomste, wat ons valuta noem. Dit beteken dat indien landbouprodukte uitgevoer word, daar geld uit die buiteland na Suid-Afrika kom. Dit help om die ekonomie van die land te stimuleer.
  • Indien produksie egter afneem as gevolg van omgewingsfaktore, word daar nie genoeg geproduseer om uit te voer nie. Dit strem dan die ekonomie en lei tot afdankings en werkloosheid in sektore wat nou betrokke is by die landbou. Noem van hierdie sektore in jou en ander omgewings wat kan ly as die produksie

3. Migrasie (verskuiwing van die bevolking)

  • Die afgelope paar jaar was daar ‘n toename in die verskuiwing van inwoners uit plattelandse na stedelike gebiede. In die 1990’s is die tempo waarteen verstedeliking plaasgevind het, geskat op 750 000 per jaar. Hierdie mense beland meestal in informele nedersettings. Nie almal slaag daarin om ‘n werk in die stede te kry nie.
  • Hierdie migrante ervaar dieselfde ekologiese benadeling in die stede as waaraan hulle in die plattelandse gebiede blootgestel was. Die konsentrasie van ‘n groot aantal mense in ‘n gebied wat oor beperkte hulpbronne beskik, lei tot die beheer van bronne deur sekere groepe.
  • Plaaslike magstrukture ontstaan waar die leiers die mag verkry deur die beheer van die basiese hulpbronne soos grond, en die toekenning van huise en dienste. Dit kan lei tot spanning en wanpraktyke.
  • Migrasie lei ook tot ‘n toename in die getal informele nedersettings. Tans verteenwoordig die inwoners van die nedersettings meer as 30% van die totale stedelike bevolking. Hierdie nedersettings word in die meeste groot stede in Suid-Afrika aangetref. In Kaapstad is talle huise wat uit enige materiaal, van sinkplaat en hout tot plastiek, bestaan, langs die snelweg opgerig. Wat is hierdie inwoners se grootste probleem? Wat beskou jy as ‘n moontlike oplossing?

Aktiwiteit 1:

Om afleidings oor diensverskaffing in plakkerskampe te maak

[LU 2.1]

In pare

  • Bestudeer die volgende illustrasie en beantwoord die vrae:

Figure 1
Figure 1 (Picture 1.png)

a) Watter basiese dienste ontbreek in hierdie informele nedersetting?

b) Sou jy sê dat die omstandighede waaronder die inwoners van hierdie nedersettings leef gesond is? Gee ‘n rede vir jou antwoord.

c) Watter gevolge sou die uitbreek van ‘n brand inhou vir die inwoners van hierdie informele nedersettings?

4. Verswakking van kapasiteit in instellings soos rade, organisasies en dienste

  • Die groot toestroming van mense uit die platteland na stedelike gebiede lei tot ‘n afname in dienslewering aan alle inwoners en om in hul behoeftes te kan voorsien. Aanvanklik word slegs druk op die verskaffing van basiese dienste in die woonbuurte ervaar, maar uiteindelik word die behoefte aan diensvoorsiening onmoontlik. Kan jy voorbeelde noem?
  • Gevolglik raak sommige inwoners ontevrede met die instroming van persone uit ander gebiede en uiteindelik lei dit tot konflik. Sekere groepe onttrek hulle en sorg dat hulle slegs eie belange beskerm. Dit gee aanleiding tot ‘n atmosfeer van wantroue onder die bevolking.
  • Dit is dit nie net mense wat binne die grense van die land migreer nie. Persone uit ander lande in Afrika stroom ook na Suid-Afrikaanse stede. Dit lei tot botsings met die plaaslike inwoners. Hierdie persone plaas druk op reeds beperkte hulpbronne. Dit lei tot xenofobie (haat teenoor vreemdelinge), waar alle persone buite die grense van die land met agterdog bejeën word. Immigrante veral uit Nigerië kom na Suid Afrika om geld te verdien in die informele sektor. Sommige raak betrokke by onwettige aktiwiteite soos dwelmhandel. Dit lei tot ‘n toename in misdaad. Dra jy kennis van immigrante en hul bedrywighede? Wat is jou mening hieroor? Gesels met mense wat hiervan weet, en dink aan oplossings.

Aktiwiteit 2:

Om inligting oor sosiale en omgewingskonflik in Afrikalande te versamel

[LU 3.1]

In groepe

  • Soek inligting in die biblioteek oor die rol wat sosiale en omgewingskonflik speel in EEN van die volgende Afrikalande:

1. Zimbabwe

2. Angola

3. Burundi

4. Kongo

5. Mosambiek

Aktiwiteit 3:

Om ‘n bewuswording en begrip van sosiale en omgewingskonflikte in Suid-Afrika te ontwikkel, spesifiek die rol van regeringsbeleid in diè verband

[LU 3.1, 3.3]

Bespreek en beantwoord die volgende vrae in groepsverband:

a) Beskryf die verskille in landeienaarskap tussen swartes en blankes in Suid-Afrika.

b) Wat het die swart mense in die Bantoetuislande gedoen om te oorleef?

c) In die jare sestig het swart mense hoofsaaklik in die tuislande en “townships” naby stede geleef. Maak ‘n lys van al die negatiewe dinge wat as gevolg hiervan met hulle gebeur het.

d) Noem en bespreek VYF redes hoekom jy dink dat swart mense ongelukkig was oor die regering van die Nasionale Party.

e) Hoekom het geweld na Nelson Mandela se vrylating die hoogte ingeskiet?

f) Hoekom het die SA ekonomie tussen 1980 en 1990 stilgestaan?

h) Verwys na die antwoorde op vrae a – g en gee dan VYF goeie redes vir die verstedeliking van swart mense (skryf eers jou eie gedagtes neer, deel dit dan met die groep, en laat die groep die VYF belangrikstes kies).

Assessering

Table 1
LU 2
AARDRYKSKUNDIGE KENNIS EN BEGRIPDie leerder is in staat om aardrykskundige en omgewingskennis en -begrip te toon.
Dit is duidelik wanneer die leerder:
2.1 ‘n beredeneerde verduideliking van sommige benaderings tot ontwikkeling verskaf [mense en plekke];
  1. 2.21. maniere waardeur Wetenskap en Tegnologie ‘n positiewe en negatiewe invloed op ontwikkeling het, identifiseer [mense en hulpbronne];
2.3 verduidelik hoe volhoubare ontwikkeling ‘n positiewe uitwerking op mense, plekke en omgewings kan hê [mense en omgewing
LU 3
VERKENNING VAN VRAAGSTUKKEDie leerder is in staat om ingeligte besluite oor sosiale en omgewingsvraagstukke en –probleme te neem.
Dit is duidelik wanneer die leerder:
  1. 3.11. maatskaplike en omgewingskonflikte in Suid-Afrika identifiseer en dit met ander kontekste vergelyk [identifiseer die vraagstuk];
3.2 faktore wat ‘n uitwerking op geselekteerde maatskaplike en omgewingsgeskille het identifiseer, insluitend regte, geslag, maatskaplike, ekonomiese en politieke eise in ‘n spesifieke konteks [faktore wat die vraagstuk affekteer];
  1. 3.31. die oorsaak van geskille of konflikte ontleed [maak keuses];
3.4 ingeligte besluite neem oor verskeie oplossings vir sosiale en omgewingskonflikte [maak keuses].

Collection Navigation

Content actions

Download:

Collection as:

EPUB (?)

What is an EPUB file?

EPUB is an electronic book format that can be read on a variety of mobile devices.

Downloading to a reading device

For detailed instructions on how to download this content's EPUB to your specific device, click the "(?)" link.

| More downloads ...

Module as:

PDF | EPUB (?)

What is an EPUB file?

EPUB is an electronic book format that can be read on a variety of mobile devices.

Downloading to a reading device

For detailed instructions on how to download this content's EPUB to your specific device, click the "(?)" link.

| More downloads ...

Add:

Collection to:

My Favorites (?)

'My Favorites' is a special kind of lens which you can use to bookmark modules and collections. 'My Favorites' can only be seen by you, and collections saved in 'My Favorites' can remember the last module you were on. You need an account to use 'My Favorites'.

| A lens I own (?)

Definition of a lens

Lenses

A lens is a custom view of the content in the repository. You can think of it as a fancy kind of list that will let you see content through the eyes of organizations and people you trust.

What is in a lens?

Lens makers point to materials (modules and collections), creating a guide that includes their own comments and descriptive tags about the content.

Who can create a lens?

Any individual member, a community, or a respected organization.

What are tags? tag icon

Tags are descriptors added by lens makers to help label content, attaching a vocabulary that is meaningful in the context of the lens.

| External bookmarks

Module to:

My Favorites (?)

'My Favorites' is a special kind of lens which you can use to bookmark modules and collections. 'My Favorites' can only be seen by you, and collections saved in 'My Favorites' can remember the last module you were on. You need an account to use 'My Favorites'.

| A lens I own (?)

Definition of a lens

Lenses

A lens is a custom view of the content in the repository. You can think of it as a fancy kind of list that will let you see content through the eyes of organizations and people you trust.

What is in a lens?

Lens makers point to materials (modules and collections), creating a guide that includes their own comments and descriptive tags about the content.

Who can create a lens?

Any individual member, a community, or a respected organization.

What are tags? tag icon

Tags are descriptors added by lens makers to help label content, attaching a vocabulary that is meaningful in the context of the lens.

| External bookmarks