Skip to content Skip to navigation Skip to collection information

Connexions

You are here: Home » Content » Sosiale Wetenskappe: Aardrykskunde Graad 5 » Hulpbronne en rykdom

Navigation

Lenses

What is a lens?

Definition of a lens

Lenses

A lens is a custom view of the content in the repository. You can think of it as a fancy kind of list that will let you see content through the eyes of organizations and people you trust.

What is in a lens?

Lens makers point to materials (modules and collections), creating a guide that includes their own comments and descriptive tags about the content.

Who can create a lens?

Any individual member, a community, or a respected organization.

What are tags? tag icon

Tags are descriptors added by lens makers to help label content, attaching a vocabulary that is meaningful in the context of the lens.

This content is ...

In these lenses

  • GETIntPhaseSS display tagshide tags

    This collection is included inLens: Siyavula: Social Sciences (Gr. 4-6)
    By: Siyavula

    Collection Review Status: In Review

    Click the "GETIntPhaseSS" link to see all content selected in this lens.

    Click the tag icon tag icon to display tags associated with this content.

Recently Viewed

This feature requires Javascript to be enabled.

Tags

(What is a tag?)

These tags come from the endorsement, affiliation, and other lenses that include this content.
 
Hulpbronne en rykdom

Module by: Siyavula Uploaders. E-mail the author

AARDRYKSKUNDE

Graad 5

HULPBRONNE

Module 21

HULPBRONNE EN RYKDOM

  • Navorsing het bewys dat Gauteng die rykste provinsie in Suid-Afrika is, met Kwazulu-Natal in die tweede plek. Die Wes-Kaap lê derde. Die rykdom van ‘n dorp/provinsie/land word gemeet aan die bedrag geld wat al die fabrieke, myne en sakeondernemings saam verdien as hul produkte verkoop word. As ons weer na die kaart op bl. 7 kyk wat die verspreiding van minerale in Suid-Afrika aandui, is dit maklik om te verstaan waarom Gauteng en Kwazulu-Natal eerste en tweede lê. Byna al die minerale rykdom van ons land is in hierdie twee provinsies gekonsentreer.

As die Wes-Kaap dan nie rykdom in minerale het nie, wat het hy dan?

Waarin lê sy rykdom?

  1. (a) Weens die vrugbare grond en die bestendige winterreënval, is die landbou die grootste enkele bron van inkomste vir die provinsie.
  2. (b) In talle fabrieke verwerk mense natuurlike hulpbronne uit die omgewing, uit ander provinsies en van die buiteland afkomstig.
  3. (c) Nog ‘n groot verdiener van geld is toerisme. Dit is die strande, die natuurskoon en die kulturele skatte van Kaapstad en omgewing wat Suid-Afrikaanse sowel as buitelandse toeriste na die Wes-Kaap lok.
  4. (d) Om die Wes-Kaap se hulpbronne te benut, is mense nodig, en omdat 94% van die Wes-Kaap se mense geletterd is, kan hulle makliker opgelei word om nuwe werk te doen. (92% van Gauteng se mense is geletterd, en 72% van die Oos-Kaap s’n.) Die Wes-Kaap se goed opgeleide mense is dus ‘n vierde belangrike hulpbron.

‘n Land word op sy beste bevoordeel as sy produkte na ander lande uitgevoer kan word. Die meeste landbouprodukte, veral vrugte en verwerkte vrugte, word uitgevoer, en so ook baie ander soorte produkte wat in fabrieke vervaardig word.

Baie toeriste kom ook uit die buiteland. ‘n Mens kan amper sê die Wes-Kaap se “natuurskoon word uitgevoer”.

AKTIWITEIT 1

OM MY DORP/STREEK AS 'N TOERISTE-AANTREKLIKHEID TE BEMARK

[LU 1.7]

Versamel pamflette, berigte en foto’s van interessanthede in jou omgewing.

Gaan doen navorsing oor jou dorp of area se toeriste-aantreklikhede en skryf ‘n kort inligtingstuk daaroor wat aan voornemende besoekers en toeriste gegee kan word.

Teken ‘n eenvoudige sketskaart van die roete wat gevolg moet word om by hierdie aantreklikhede in jou dorp uit te kom. (Onthou wat jy in kaartwerk geleer het. Pas daardie kennis ook hier toe.)

Groepwerk

Wat kan gedoen word om toerisme in julle dorp of area te bevorder? Probeer om minstens drie voorstelle te maak.

Die Wes-Kaap se 10 belangrikste uitvoerbedrywe (jaar 2000)

Table 1
  (R miljoen) Persentasie
Vars vrugte 2 240 15,25
Wyn en sterk drank 1 600 10,00
Vis 1 300 8,18
Yster- en staalprodukte 1 100 6,88
Verwerkte vrugte en groente (bv. vrugtesap) 1 020 6,38
Plofstowwe en verwante produkte 720 4,50
Juwele en verwerkte halfedelgesteentes 430 2,69
Klerasie 410 2,56
Leer en leerprodukte 400 2,50
Tekstielstowwe 390 2,44
Res: groot verskeidenheid kleiner groepe ** 6 190 38,67
Totaal 16 000 100,00

** Onder die kleiner groepe produkte is bote, plastiekgoedere, elektroniese toerusting, meubels, vleis en chemiese stowwe.

Kom ons ondersoek hierdie lys van uitvoerprodukte:

Watter persentasie van die Wes-Kaap se inkomste kom direk of indirek uit die vrugtebedryf?

%

Onderstreep die korrekte antwoord: Die belangrikste rede vir dié groot persentasie-inkomste uit vrugte is (die klimaat / ingevoerde hulpbronne).

Die landbou as belangrike werkgewer

Die landbousektor is ‘n baie belangrike werkgewer in die Wes-Kaap. Sowat 163 000 mense werk op plase. Saam verdien hulle naastenby R180 miljoen per maand en onderhou amper 700 000 afhanklikes. Boonop verskaf die landbou geweldig baie produkte aan die fabrieke waar dit verwerk word en verdere werkgeleenthede skep. Daar is ook ‘n groot aantal fabrieke waar gereedskap en ander hulpmiddele vir die landbou vervaardig word. Nog meer werkgeleenthede word so verseker.

Ongelukkig eis die ontwikkeling van die (landbou-) tegnologie in die laaste tyd ‘n groot tol. Weens die gebruik van masjiene wat in ‘n al hoe groter mate gebruik word, het werkgeleenthede op plase tussen 1997 en 2001 met nagenoeg 5 000 afgeneem.

AKTIWITEIT 2

OM DIE SOSIALE PROBLEME WAT DEUR WERKLOOSHEID VEROORSAAK WORD, TE ONDERSOEK

[LU 1.6; 2.2]

Table 2
     
  Verdeel in groepe en bespreek die sosiale probleme wat werkloosheid veroorsaak. Probeer ook nuusberigte hieroor versamel en bespreek dit in die klas. Maak ook voorstelle vir maniere om die probleme van werklose mense op te los.

Assessering

LU 1

AARDRYKSKUNDIGE ONDERSOEK

Die leerder is in staat om ondersoekvaardighede te gebruik om aardrykskundige en omgewingsbegrippe en -prosesse te ondersoek.

Dit is duidelik wanneer die leerder:

  • bronne met nuttige aardrykskundige inligting kan kies en gebruik;
  • tussen feite en menings onderskei [werk met bronne];
  • inligting kategoriseer;
  • sketskaarte en/of planne na aanleiding van veldwaarnemings en afmetings teken [werk met bronne];

1.6 moontlike oplossings vir probleme identifiseer en ondersoek [beantwoord die vraag];

  • deur projekte, bespreking, debat en diagramme, kennis en begrip van die vraagstuk toon [dra die antwoord oor].

LU 2

AARDRYKSKUNDIGE KENNIS EN BEGRIP

Die leerder is in staat om aardrykskundige en omgewingskennis en -begrip te toon.

Dit is duidelik wanneer die leerder:

2.2 die skakels tussen natuurlike hulpbronne en ekonomiese bedrywighede identifiseer;

2.3 maniere waarop die fisiese omgewing menslike bedrywighede beïnvloed en hoe menslike bedrywighede die fisiese omgewing beïnvloed, beskryf.

Memorandum

AKTIWITEIT 1

Uitvoerprodukte:

  • 31,63%
  • Klimaat

AKTIWITEIT 2

  • Bende-aktiwiteite – dwelms, diefstal, geweld
  • Frustrasie – familiegeweld

Collection Navigation

Content actions

Download:

Collection as:

PDF | EPUB (?)

What is an EPUB file?

EPUB is an electronic book format that can be read on a variety of mobile devices.

Downloading to a reading device

For detailed instructions on how to download this content's EPUB to your specific device, click the "(?)" link.

| More downloads ...

Module as:

Add:

Collection to:

My Favorites (?)

'My Favorites' is a special kind of lens which you can use to bookmark modules and collections. 'My Favorites' can only be seen by you, and collections saved in 'My Favorites' can remember the last module you were on. You need an account to use 'My Favorites'.

| A lens I own (?)

Definition of a lens

Lenses

A lens is a custom view of the content in the repository. You can think of it as a fancy kind of list that will let you see content through the eyes of organizations and people you trust.

What is in a lens?

Lens makers point to materials (modules and collections), creating a guide that includes their own comments and descriptive tags about the content.

Who can create a lens?

Any individual member, a community, or a respected organization.

What are tags? tag icon

Tags are descriptors added by lens makers to help label content, attaching a vocabulary that is meaningful in the context of the lens.

| External bookmarks

Module to: