Skip to content Skip to navigation Skip to collection information

Connexions

You are here: Home » Content » Sosiale Wetenskappe: Aardrykskunde Graad 5 » Menslike hulpbronne: Produksie en Nywerheid

Navigation

Lenses

What is a lens?

Definition of a lens

Lenses

A lens is a custom view of the content in the repository. You can think of it as a fancy kind of list that will let you see content through the eyes of organizations and people you trust.

What is in a lens?

Lens makers point to materials (modules and collections), creating a guide that includes their own comments and descriptive tags about the content.

Who can create a lens?

Any individual member, a community, or a respected organization.

What are tags? tag icon

Tags are descriptors added by lens makers to help label content, attaching a vocabulary that is meaningful in the context of the lens.

This content is ...

In these lenses

  • GETIntPhaseSS display tagshide tags

    This collection is included inLens: Siyavula: Social Sciences (Gr. 4-6)
    By: Siyavula

    Collection Review Status: In Review

    Click the "GETIntPhaseSS" link to see all content selected in this lens.

    Click the tag icon tag icon to display tags associated with this content.

Recently Viewed

This feature requires Javascript to be enabled.

Tags

(What is a tag?)

These tags come from the endorsement, affiliation, and other lenses that include this content.
 
Menslike hulpbronne: Produksie en Nywerheid

Module by: Siyavula Uploaders. E-mail the author

AARDRYKSKUNDE

Graad 5

HULPBRONNE

Module 20

MENSLIKE HULPBRONNE: PRODUKSIE EN NYWERHEID

AKTIWITEIT 1

OM PATRONE IN 'N TIPIESE PRODUKSIELYN TE IDENTIFISEER

[LU 1.3]

Figure 1
Figure 1 (graphics1.png)

Bestudeer die kaart en beantwoord die vrae deur die korrekte woorde uit dié tussen hakies te onderstreep:

  1. Die groot vragmotor (15 ton) neem die vrag kool na die mark in die (groot stad / klein dorpie).

  2. Die vragmotor met die 8 ton kruideniersware gaan na die (groothandelaar in die dorp/plaaswinkeltjie).

  3. Die vragmotor uit die plantasie neem die vrag hout na die (saagmeul op die dorp/besproeiingsplaas) waar daar houtkratte vir groente gemaak word.

  4. Die beste plek vir ’n vulstasie is by (1 / 2)

  5. Die grootste en mooiste winkels is by (3 / 4)

  6. Ongelukkig pla die fabrieksgeraas die mense by (5 / 6)

  7. Die mense van (7 / 8) stap Saterdae ver om by die winkels uit te kom.

  8. Daar ry baie (meer/minder) motors en vragmotors op pad A as op pad B.

AKTIWITEIT 2

OM MOONTLIKE OORSAKE EN GEVOLGE MET GEPAARDGAANDE OPLOSSINGS TE ONDERSOEK

[LU 1.6]

Dinktaak

Dikwels tref ongelukke mense wat met die vervoer van hulpbronne besig is. ’n Trein is daar om te vervoer, en wat anders as hulpbronne kan daar vervoer word? Dit is mense, of algemene vrag, of steenkool, of ystererts, of graan.

Het julle al gehoor van ’n trein wat ontspoor het en dat die ongeluk as ’n treinramp beskryf word? Die gevolge is altyd nadelig en veroorsaak groot skade. Mense kan sterf of baie seer kry, en daar is groot skade aan die trein en die treinspoor. So kan ’n mens heelwat dinge opnoem.

Lees die koerantberiggie, kyk na die treinspoor op die kaart op die vorige bladsy en dink ’n bietjie na oor die gevolge van so ’n groot treinramp. Voltooi dan die taak.

TREINRAMP IN NOORDE KAN ERNSTIGE GEVOLGE INHOU

Omgewingsverslaggewer

Pretoria: ‘n Goederetrein met ‘n groot hoeveelheid diesel, gifstowwe en algemene vrag het eergisternag tussen Mussina en Polokwane ontspoor. Die treinbrug oor die Sandrivier is ernstig beskadig en die spoor sal vir ongeveer ses weke gesluit wees.

Die diesel in die twintig tenks het aan die brand geslaan en die gifstowwe het in die rivier beland. Die res van die vrag is ook verwoes.

Mnr. Mike Smit van Spoornet sê treinverkeer tussen Suid-Afrika en Zimbabwe sal vir die volgende paar weke deur Botswana gaan. Dit is ‘n ompad van ongeveer 300 kilometer. Spoornet sal die bykomende koste dra.

Die veldbrand wat ontstaan het, woed steeds voort in die digte bosse. Dit is moeilik vir brandslaners om die brand in die bergagtige omgewing te bereik.

‘n Ondersoekspan van die Departement Natuurbewaring vertrek vandag uit Pretoria na die ramptoneel om ondersoek in te stel na die uitwerking van die treinramp op die natuur. Die span wil veral vasstel of daar ‘n verband is tussen die groot aantal visvrektes wat in die Sandrivier voorkom, en die gif wat in die water beland het.

Bespreek en beskryf:

  • Moontlike beserings aan die mense en die gevolge oor ’n lang tyd

  • Spoornet se skade

  • Die skade aan die omgewing

  • Wat dink jy kan die oorsake van so ’n ramp wees?

Kyk nou na die kaart op bladsy 14 en beantwoord die vrae:

  • Watter soort oorgang sal die heel beste wees daar waar die treinspoor en pad A by die stasie kruis?

  • Watter goue veiligheidsreël kan jy maak vir die kinders van woonbuurt 7?

  • Jy is die eerste persoon wat sien dat ’n groot treinramp plaasgevind het. Noem drie groepe mense by wie jy heel eerste die ongeluk sal aanmeld:

AKTIWITEIT 3

OM 'N GEVALLESTUDIE TE DOEN OM TE ILLUSTREER HOE NOU NATUURLIKE EN MENSLIKE HULPBRONNE VERWEEF IS IN DIE EKONOMIESE PROSES

[LU 1.4; 1.7]

  • Bestudeer die sketse wat die produksiestappe in die vervaardiging van ingemaakte perskes verduidelik en toon jou begrip van die proses deur ‘n vloeidiagram saam te stel. Onderskei duidelik tussen natuurlike en menslike hulpbronne.
Figure 2
Figure 2 (graphics2.png)

Assessering

LU 2

AARDRYKSKUNDIGE KENNIS EN BEGRIP

Die leerder is in staat om aardrykskundige en omgewingskennis en -begrip te toon.

Dit is duidelik wanneer die leerder:

2.2 die skakels tussen natuurlike hulpbronne en ekonomiese bedrywighede identifiseer;

2.3 maniere waarop die fisiese omgewing menslike bedrywighede beïnvloed en hoe menslike bedrywighede die fisiese omgewing beïnvloed, beskryf.

Memorandum

AKTIWITEIT 2

  • Masjinis – mediese eise, nuwe persoon opgelei, uitbetaling aan gesin in geval van sterfte
  • Verlies aan vrag, skade aan spoor en trein, addisionele koste vir ompad
  • Rivier – plante en diere vrek Water na see – ook daar vrektes Brandskade – plante en diere Lugbesoedeling
  • Sabotasie
  • Brug / duikweg
  • Moenie naby die treinspoor speel of dit oorsteek by ‘n onbewaakte oorgang nie

AKTIWITEIT 3

  • Perskeboord (N)
  • Pluk (M)
  • Verpak (M)
  • Krat (M)
  • Vervoer (M)
  • Sorteer (M)
  • Was (M)
  • Water (N)
  • Verwerk (N)
  • Blik (yster) (N)
  • Etiket (papier) (N)
  • Versprei (M)
  • Verkoop (M)
  • Eet (M)

Collection Navigation

Content actions

Download:

Collection as:

PDF | EPUB (?)

What is an EPUB file?

EPUB is an electronic book format that can be read on a variety of mobile devices.

Downloading to a reading device

For detailed instructions on how to download this content's EPUB to your specific device, click the "(?)" link.

| More downloads ...

Module as:

Add:

Collection to:

My Favorites (?)

'My Favorites' is a special kind of lens which you can use to bookmark modules and collections. 'My Favorites' can only be seen by you, and collections saved in 'My Favorites' can remember the last module you were on. You need an account to use 'My Favorites'.

| A lens I own (?)

Definition of a lens

Lenses

A lens is a custom view of the content in the repository. You can think of it as a fancy kind of list that will let you see content through the eyes of organizations and people you trust.

What is in a lens?

Lens makers point to materials (modules and collections), creating a guide that includes their own comments and descriptive tags about the content.

Who can create a lens?

Any individual member, a community, or a respected organization.

What are tags? tag icon

Tags are descriptors added by lens makers to help label content, attaching a vocabulary that is meaningful in the context of the lens.

| External bookmarks

Module to: