Skip to content Skip to navigation

Connexions

You are here: Home » Content » Siektes: Malaria, Tuberkulose, Cholera

Navigation

Lenses

What is a lens?

Definition of a lens

Lenses

A lens is a custom view of the content in the repository. You can think of it as a fancy kind of list that will let you see content through the eyes of organizations and people you trust.

What is in a lens?

Lens makers point to materials (modules and collections), creating a guide that includes their own comments and descriptive tags about the content.

Who can create a lens?

Any individual member, a community, or a respected organization.

What are tags? tag icon

Tags are descriptors added by lens makers to help label content, attaching a vocabulary that is meaningful in the context of the lens.

This content is ...

In these lenses

  • GETIntPhaseSS display tagshide tags

    This module is included inLens: Siyavula: Social Sciences (Gr. 4-6)
    By: SiyavulaAs a part of collection: "Sosiale Wetenskappe: Aardrykskunde Graad 5"

    Collection Review Status: In Review

    Click the "GETIntPhaseSS" link to see all content selected in this lens.

    Click the tag icon tag icon to display tags associated with this content.

Recently Viewed

This feature requires Javascript to be enabled.

Tags

(What is a tag?)

These tags come from the endorsement, affiliation, and other lenses that include this content.
 

Siektes: Malaria, Tuberkulose, Cholera

Module by: Siyavula Uploaders. E-mail the author

AARDRYKSKUNDE

Graad 5

GESONDHEID EN WELSYN

Module 33

SIEKTES: MALARIA, TUBERKULOSE, CHOLERA

Soorte siektes

Ons kyk vervolgens na ‘n paar ernstige siektes wat wêreldwyd aangetref word en dikwels tot ‘n groot getal sterftes lei.

Malaria

  • Oorsprong en aard:Malaria is ‘n siekte wat in die tropiese en subtropiese klimaatstreke aangetref word (hoofsaaklik die noordelike dele van Suid-Afrika). Dit word veroorsaak deur ‘n klein parasiet wat in die mens se bloedstroom beland wanneer ‘n vroulike muskiet ‘n mens byt. Die parasiet spandeer ‘n gedeelte van sy lewensiklus in die mens se liggaam en vermeerder vinnig. Dit val die liggaam se rooibloedselle aan, wat dan die mens se liggaam baie swak maak. Dit kan ook tot die dood lei. Dikwels herhaal die siekte homself jare lank na die aanvanklike siekte.
  • Tipes simptome:
  • erge hoofpyne;
  • kouekoors;
  • rooibruin urine;
  • hoë koors en baie sweet.
  • Behandeling:

‘n Pasiënt word dadelik gehospitaliseer en die gebied word gefynkam vir nog gevalle van die siekte. Indien daar baie ander gevalle in dieselfde area is, word die broeiplek van die muskiete gesoek en bespuit. Die huise van die pasiënte word ook bespuit.

  • Voorkoming:AKTIWITEIT 1OM MEER UIT TE VIND OOR VOORSORGMAATREËLS IN DIE VOORKOMING VAN MALARIA[LU 1.6]
  • Gebruik jou eie bronne en skryf ‘n kort paragraaf oor ‘n paar dinge wat mense in malaria-gebiede kan doen om te keer dat hulle die siekte kry.

Tuberkulose (TB)

  • Oorsprong en aard:Tuberkulose is ‘n baie ernstige aansteeklike siekte wat veral voorkom in myne en in gebiede waar mense dig op mekaar woon en ‘n lae vlak van higiëne handhaaf. Dit hang ook saam met armoede, d.w.s. wanneer mense nie genoeg geld het om voldoende gesonde kos te koop nie.

IS DAAR IN JOU ONMIDDELLIKE OMGEWING SULKE GEVARE? GESELS IN JUL GROEPE HIEROOR.

Die menslike liggaam word swak en is dan maklik vatbaar vir sulke siektes. Dit gebeur ook dikwels dat baie mense uit dieselfde gebied op dieselfde tyd die siekte het, en dan verwys ons daarna as ‘n epidemie. Die kieme van hierdie siekte versprei baie maklik en iemand wat die siekte onder lede het, kan net naby jou hoes om sodoende die siekte oor te dra.

  • Tipes simptome:‘n TB-pasiënt:
  • hoes baie;
  • kla dikwels van ‘n seer bors;
  • het ‘n baie swak eetlus en eet baie min;
  • het gereeld ‘n hoë koors en sweet snags baie;
  • verloor baie gewig;
  • het geswelde kliere.
  • Behandeling:

TB-pasiënte gebruik pille as medikasie. Die siekte kan genees word, indien die pasiënt getrou die pille gebruik en ook voortgaan daarmee nadat die simptome reeds verdwyn het.

  • Voorkoming:

‘n Gesonde daaglikse dieet met goeie sanitêre gewoontes is noodsaaklik. Babas behoort ook teen TB ingeënt te word sodat hul liggame ‘n weerstand teen die siekte kan opbou.

Cholera

  • Oorsprong en aard:Hierdie baie ernstige siekte kom gewoonlik in warm, nat toestande voor, soos byvoorbeeld die subtropiese dele aan die Ooskus van ons land. Ons tref dit aan in areas waar daar nie vars lopende water, kraanwater en riolering is nie (waar baie mense saam woon met swak sanitêre geriewe). In so ‘n gebied beland menslike riool dikwels in waterstrome en opgaarwater en word dit besmet. AKTIWITEIT 2OM ‘N SITUASIE TE ONTLEED TEN EINDE VAS TE STEL OF DIE OMSTANDIGHEDE BEVORDERLIK IS VIR DIE UITBREEK VAN ‘N CHOLERA-EPIDEMIE[LU 1.7; 3.2]

Bestudeer die koerantberig uit Die Burger van 31 Desember 2004 en:

  • Bespreek in julle groepe die moontlikheid van ‘n cholera epidemie na hierdie natuurramp.
  • Maak voorstelle oor hoe so ‘n epidemie in hierdie geval moontlik voorkom kan word.
  • Lewer terugvoering aan die klas en skryf ‘n kort verslag oor julle bevindinge.

120 000 +

André Gouws en Reuters

KAAPSTAD - Waarskuwings van nóg ‘n tsoenami wat die kus van Asië gister kon tref, het veroorsaak dat paniekerige mense in Sri Lanka, Indië en Thailand die heuwels ingevlug het terwyl die dodetal in die skrikwekkende tsoenamiramp van die week tot meer as 120 000 gestyg het.

Een van die Suid-Afrikaanse slagoffers, mnr. Morris Isaacson (51) van Seepunt, is gister begrawe, maar talle families weet nog nie wat van hul geliefdes geword het nie. Luidens ‘n verklaring van die departement van buitelandse sake is daar nog 14 bevestigde vermiste Suid-Afrikaners in Thailand en 2 in Indië.

Mev. Dilly Findlay (45) van Simonstad word steeds in Thailand vermis.

Met die ramp wat sulke groot afmetings begin aanneem dat ‘n mens dit byna nie meer kan begryp nie, het die Wêreldgesondheidsorganisasie gister in ‘n verklaring gesê 5 miljoen mense in die ramplande het nie meer toegang tot basiese lewensmiddele nie.

Gister se waarskuwings oor nog ‘n tsoenami het gevolg nadat ‘n aardbewing onder die see wat 5,2 op die Richterskaal geregistreer het, aan die kus van Sumatra voorgekom het.

Mnr. Mario Adamo, oud-Durbanviller wat nou ‘n restaurant in Phoeket besit, het gesê die tsoenami-waarskuwings is op televisie uitgesaai.

Daar was algehele paniek. Die owerhede het almal uit die strandgebied verwyder en baie het op heuwels gaan skuil, het hy gesê. “Daar is ‘n onheilspellende atmosfeer hier. Die weer is snaaks en dit lyk asof dit enige oomblik kan reën.” Volgens hom is daar mense wat al van Sondag af op heuwels sit en weier om af te kom omdat hulle bang is.

Adamo en sy vrou, mev. Annette Adamo, het talle Suid-Afrikaners gehelp om met hulle families herenig te raak, onder wie dr. Philip Finestone (42), en hul vier kinders, Sarah (9), Emma (7), Isabella (5) en Sophia (2). Hulle het op eergister se noodvlug in Suid-Afrika aangekom. Mev. Rickie Finestone (38) is te erg beseer en is nog op Phoeket, waar sy behandeling ontvang, het mnr. Brett Finestone, dr. Finestone se broer, gesê.

Adamo het gesê sover hy weet, is al die oorlewendes van die eiland Phi Phi verwyder, waar die tsoenami veral erge verwoesting gesaai het. Daar is nou net soldate op Phi Phi wat lyke begrawe.

Volgens Adamo het die owerhede begin om ‘n ondergrondse supermark op Phoeket wat oorstroom is, leeg te pomp en lyke te verwyder.

Die meeste sterfgevalle was in Indonesië, waar meer as 80 000 mense dood is. Duisende lyke is in massagrafte begrawe, met die reuk van verrotting wat swaar in die lug hang.

Sowat 5 000 buitelandse vakansiegangers – die helfte van hulle van Swede en Duitsland – word nog vermis, veral in Thailand. Thaise owerhede het bevestig 2 230 buitelanders het gesterf.

Die werklike omvang van die ramp kan eers oor weke bekend wees, met talle afgeleë gebiede wat nog nie eens bereik is nie.

Uit: Die Burger, 31 Desember 2004

  • Tipes simptome:
  • naar met braking;
  • maagkrampe;
  • beenkrampe;
  • diarree met ‘n baie droë vel.
  • Behandeling:

Die moontlikheid van ontwatering moet teengewerk word. Maak ‘n soutoplossing met behandelde water en gee dit deurlopend aan die pasiënt.

  • Voorkoming:
  • vermy kontak met water in damme, mere of riviere in cholera-gebiede;
  • indien jy onseker is oor die gehalte van die water, moet jy dit kook of ‘n klein hoeveelheid bleikmiddel byvoeg;
  • was groente en vrugte goed af en/of kook dit in behandelde water;
  • pas deurentyd goeie sanitêre gewoontes toe.

AKTIWITEIT 3

OM ‘N KONSEP TE OMSKRYF

[LU 3.2; 3.3]

  • Beskryf kortliks wat jy onder die konsep “sanitêre gewoontes” verstaan.

Assessering

LU 3

VERKENNING VAN VRAAGSTUKKE

Die leerder is in staat om ingeligte besluite oor sosiale en omgewingsvraagstukke en –probleme te neem.

Dit is duidelik wanneer die leerder:

3.1 vraagstukke wat met hulpbronne en dienste in ‘n spesifieke konteks gepaardgaan, identifiseer [identifiseer die vraagstuk];

3.2 faktore wat veroorsaak dat sommige mense in ‘n spesifieke konteks groter toegang tot hulpbronne as ander het, identifiseer [faktore wat die vraagstuk affekteer];

3.3 maniere voorstel om toegang tot hulpbronne in ‘n spesifieke konteks te verbeter [maak keuses].

Memorandum

AKTIWITEIT 2

  • Baie goed; nat; stilstaande water; sanitêre geriewe vernietig; geen vars water
  • Aanry van vars water; monitor simptome; isoleer gevalle; verwyder mense uit gevaarareas

AKTIWITEIT 3

  • Badkameraktiwiteite
  • Liggaamsafval (vas of vloeistof) deur middel van gevestigde geslote sisteme weggevoer en gesuiwer

Content actions

Download module as:

Add module to:

My Favorites (?)

'My Favorites' is a special kind of lens which you can use to bookmark modules and collections. 'My Favorites' can only be seen by you, and collections saved in 'My Favorites' can remember the last module you were on. You need an account to use 'My Favorites'.

| A lens I own (?)

Definition of a lens

Lenses

A lens is a custom view of the content in the repository. You can think of it as a fancy kind of list that will let you see content through the eyes of organizations and people you trust.

What is in a lens?

Lens makers point to materials (modules and collections), creating a guide that includes their own comments and descriptive tags about the content.

Who can create a lens?

Any individual member, a community, or a respected organization.

What are tags? tag icon

Tags are descriptors added by lens makers to help label content, attaching a vocabulary that is meaningful in the context of the lens.

| External bookmarks