Skip to content Skip to navigation

Connexions

You are here: Home » Content » Siektes: MIV/Vigs

Navigation

Lenses

What is a lens?

Definition of a lens

Lenses

A lens is a custom view of the content in the repository. You can think of it as a fancy kind of list that will let you see content through the eyes of organizations and people you trust.

What is in a lens?

Lens makers point to materials (modules and collections), creating a guide that includes their own comments and descriptive tags about the content.

Who can create a lens?

Any individual member, a community, or a respected organization.

What are tags? tag icon

Tags are descriptors added by lens makers to help label content, attaching a vocabulary that is meaningful in the context of the lens.

This content is ...

In these lenses

  • GETIntPhaseSS display tagshide tags

    This module is included inLens: Siyavula: Social Sciences (Gr. 4-6)
    By: SiyavulaAs a part of collection: "Sosiale Wetenskappe: Aardrykskunde Graad 5"

    Collection Review Status: In Review

    Click the "GETIntPhaseSS" link to see all content selected in this lens.

    Click the tag icon tag icon to display tags associated with this content.

Recently Viewed

This feature requires Javascript to be enabled.

Tags

(What is a tag?)

These tags come from the endorsement, affiliation, and other lenses that include this content.
Download
x

Download module as:

  • PDF
  • EPUB (what's this?)

    What is an EPUB file?

    EPUB is an electronic book format that can be read on a variety of mobile devices.

    Downloading to a reading device

    For detailed instructions on how to download this content's EPUB to your specific device, click the "(what's this?)" link.

  • More downloads ...
Reuse / Edit
x

Module:

Add to a lens
x

Add module to:

Add to Favorites
x

Add module to:

 

Siektes: MIV/Vigs

Module by: Siyavula Uploaders. E-mail the author

AARDRYKSKUNDE

Graad 5

GESONDHEID EN WELSYN

Module 34

SIEKTES: MIV/VIGS

Figure 1
Figure 1 (graphics1.png)
MIV / VIGS-EMBLEEM

AKTIWITEIT 1

OM ‘N KONSEP TE DEFINIEER

[LU 1.3]

  • Na ‘n deeglike groepgesprek, formuleer kortliks ‘n definisie vir MIV, asook vir VIGS om die verskil duidelik te maak.

Miv:______________

Vigs:________________

Hierdie siekte het ‘n uitwerking op miljoene mense op ons kontinent alleen – so ook dwarsoor die wêreld. Die feit dat daar nog geen geneesmiddel hiervoor ontdek is nie, maak dit ‘n baie gevreesde siekte.

DIE MIV-VIRUS VEROORSAAK DIE SIEKTE VIGS

Die letters VIGS staan vir

Verworwe

Immuniteits-

Gebrek-

Sindroom

  • Oorsprong en aard:‘n Mens se liggaam het ‘n ingeboude immuniteitstelsel wat hom teen siektes en infeksies help beskerm. Die MIV-virus tas hierdie stelsel aan en verhoed dat dit effektief funksioneer. Die virus kom in die mens se liggaamsvloeistowwe voor en verswak die immuniteitstelsel sodat die liggaam dit moeilik vind om teen siektes soos TB, longontsteking en diarree te baklei. Daar kan slegs deur middel van ‘n bloedtoets vasgestel word of iemand met die virus besmet is.Soos met baie van die ander siektes, versprei Vigs makliker in digbevolkte gebiede, veral waar mense nie gesonde kos inneem nie. Die MIV-virus kan op die volgende maniere van een persoon na ‘n ander oorgedra word:
  • Wanneer ‘n persoon wat met die virus besmet is, onbeskermde seks (sonder die gebruik van ‘n kondoom) met iemand anders het en die semen of vaginale vloeistof met dié van ‘n ander meng.
  • Wanneer die bloed van ‘n besmette persoon met dié van ander meng. Dit kan tydens bloedoortappings gebeur, of as besmette spuitnaalde of skeermeslemme gebruik word.
  • ‘n Swanger vrou wat met die virus besmet is, kan dit na haar baba oordra.

Sedert hierdie gevreesde siekte in ongeveer 1980 vir die eerste keer gediagnoseer is, het dit baie vinnig versprei.

AKTIWITEIT 2

OM STATISTIEK MET BEHULP VAN ‘N GRAFIEK UIT TE BEELD

[LU 1.1; 1.7]

  • Gebruik die volgende statistiese gegewens en stel ‘n blokgrafiek saam om die toename in MIV-gevalle tussen 1990 en 1999 uit te beeld.
Table 1
Jaar Persentasie mense wat na raming met MIV besmet is
1990 0,7 %
1991 1,7 %
1992 2,2 %
1993 4 %
1994 7,6 %
1995 10,4 %
Table 2
1996 14,2 %
1997 17 %
1998 22,8 %
1999 22,4 %

(Onthou om duidelike askalibrering en byskrifte, asook ‘n verklarende opskrif, vir jou grafiek te verskaf.)

  • Tipes simptome:
  • ‘n verswakte liggaam wat baie vatbaar is vir ander siektes.
  • Behandeling:

Hoewel vigs nog ‘n ongeneeslike siekte is, kan lyers wel sekere medikasie neem om die simptome te verlig. Die medikasie is egter baie duur.

  • Deurbraak:

Die MIV-virus is ‘n baie slim kalant wat die liggaam stilletjies binnedring en dan die eienskappe van ander liggaamselle aanneem. Sodoende kan dit ongemerk in die liggaam rondbeweeg en die menslike immuniteitselle infekteer. Navorsers aan die Pasteur-instituut in Frankryk voel dat hulle baie naby aan ‘n deurbraak is. Lees die koerantberig en bespreek die inhoud daarvan in jul groepe.

deurbraak in stryd teen vigs kom dalk binnekort

(SAPA-AFP)

In ‘n moontlike deurbraak in die stryd teen MIV/vigs is teenliggaampies gestimuleer wat die MI-virus dalk kan keer om menslike immuniteitselle te infekteer, het Franse navorsers onlangs bekend gemaak.

Die bevinding “open interessante moontlikhede vir die ontwikkeling van ‘n vigsentstof,” het navorsers van die Pasteur-instituut en Frankryk se nasionale sentrum vir wetenskaplike navorsing in ‘n verklaring gesê.

Teenliggaampies is die voorste vegters in die liggaam se verdedigingstelsel, en is ontwerp om ‘n virus of bakterium te “merk” sodat dit deur immuniteitselle vernietig kan word. Baie entstowwe, soos dié teen griep, polio en masels, is op teenliggaampies gegrond en gebruik ‘n stuk van die virus om die immuunstelsel te leer om voortaan die indringervirus uit te ken.

Uit: Die Burger, 1 Desember 2004

  • Vigs en die land se ekonomie:

Suid-Afrika is een van die lande met die hoogste MIV-infeksiekoers (die tempo waarteen die virus versprei) in die wêreld. Statistiek dui daarop dat ongeveer 10 miljoen Suid-Afrikaners in die volgende 15 jaar aan Vigs-verwante siektes kan sterf. Die meeste van hierdie slagoffers sal jonger as 50 jaar oud wees.

Hierdie syfers moet eenvoudig die ekonomie van ons land seermaak.

AKTIWITEIT 3

OM ‘N STELLING KRITIES TE BESPREEK EN AFLEIDINGS TE MAAK

[LU 1.7]

Debatteer oor die stelling onderaan die vorige bladsy, met spesifieke verwysing na die volgende aspekte. Skryf dan ‘n kort paragraaf oor die invloed van Vigs op ‘n land se ekonomie.

  • gesondheidsorg (uitputting van hulpbronne)
  • personeelvervanging / -opleiding

Hulp in stryd teen MIV

Wêreldwyd word daar deur vele organisasies gefokus op die bewusmaking van die

virus se werking en verspreiding, asook op die uitreiking na slagoffers.

Lees die koerantberig oor die Mandela-stigting se rol in die bekamping van Vigs. Maak dan ‘n lys van ander bewegings / organisasies waarvan jy bewus is wat ‘n rol speel in die bekamping van Vigs.

help in stryd teen virus, vra sexwale

Waldimar Pelser

As meer as 5 miljoen van jou land se mense aan vigsverwante oorsake sterf, moet die boodskap teen dié virus nuwe lewe kry.

Só het die sakeman, mnr. Tokyo Sexwale, onlangs gesê.

Sexwale het as trustee van die Nelson Mandela-stigting sy gewig ingegooi by die stigting se poging om duisende Suid-Afrikaanse vrywilligers na loopgrawe in die stryd teen MIV / Vigs te lok.

In dié jongste veldtog onder die vaandel van oudpres. Nelson Mandela se 46664-tronknommer, is ‘n oproepsentrum bekend gestel waar “gewone mans en vroue” hulle tyd en vaardigheid kan aanbied om teen Vigs te veg. Die nommer is  08000 46664 en oproepe is gratis. Sexwale het gesê die probleem met MIV / Vigs is een van “gedrag”.

“Die regering het ‘n reuse-rol te speel, maar is nie alleen nie. Ons vra meer hande, in die naam van Nelson Mandela,” het hy gesê. Volgens mnr. John Samuel van die stigting sal die oproepsentrum aanbiedings van hulp na organisasies herlei wat vrywilligers kort.

Die stigting sal pamflette oor sy projek in taxi’s, banke en supermarkte versprei en sakereuse soos Absa, Ou Mutual, Anglo American, BMW en Spar is betrek.

  • Die akteur Brad Pitt verskyn in ‘n televisie-advertensie wat rondom Wêreldvigsdag (1 Desember) uitgesaai gaan word om die 46664-projek aan te vuur.

Uit: Die Burger, 1 Desember 2004

  • Ander organisasies:

Assessering

LU 1

AARDRYKSKUNDIGE ONDERSOEK

Die leerder is in staat om ondersoekvaardighede te gebruik om aardrykskundige en omgewingsbegrippe en prosesse te ondersoek.

Dit is duidelik wanneer die leerder:

  • bronne met nuttige aardrykskundige inligting kan kies en gebruik [vind bronne];
  • inligting kategoriseer [werk met bronne];

1.6 moontlike oplossings vir probleme identifiseer en ondersoek [beantwoord die vraag];

1.7 deur projekte, bespreking, debat en diagramme, kennis en begrip van die vraagstuk toon [dra die antwoord oor].

AKTIWITEIT 1

  • MIV: virus
  • VIGS: siekte veroorsaak deur MIV-virus

AKTIWITEIT 2

  • Persentasie mense wat na beraming met MIV besmet is
Figure 2
Figure 2 (graphics2.png)

AKTIWITEIT 3

  • Baie mense siek – benodig gesondheidsorg
  • Regering moet hulpbronne voorsien
  • Baie geskoolde werkers sterf
  • Maatskappye moet hul vervang – nuwe werkers
  • Minder werkers oor – laer produksie
  • Minder hulpbronne (geld) oor vir ander behoeftes soos opvoeding, behuising, ens.

Content actions

Download module as:

PDF | EPUB (?)

What is an EPUB file?

EPUB is an electronic book format that can be read on a variety of mobile devices.

Downloading to a reading device

For detailed instructions on how to download this content's EPUB to your specific device, click the "(?)" link.

| More downloads ...

Add module to:

My Favorites (?)

'My Favorites' is a special kind of lens which you can use to bookmark modules and collections. 'My Favorites' can only be seen by you, and collections saved in 'My Favorites' can remember the last module you were on. You need an account to use 'My Favorites'.

| A lens I own (?)

Definition of a lens

Lenses

A lens is a custom view of the content in the repository. You can think of it as a fancy kind of list that will let you see content through the eyes of organizations and people you trust.

What is in a lens?

Lens makers point to materials (modules and collections), creating a guide that includes their own comments and descriptive tags about the content.

Who can create a lens?

Any individual member, a community, or a respected organization.

What are tags? tag icon

Tags are descriptors added by lens makers to help label content, attaching a vocabulary that is meaningful in the context of the lens.

| External bookmarks

Reuse / Edit:

Reuse or edit module (?)

Check out and edit

If you have permission to edit this content, using the "Reuse / Edit" action will allow you to check the content out into your Personal Workspace or a shared Workgroup and then make your edits.

Derive a copy

If you don't have permission to edit the content, you can still use "Reuse / Edit" to adapt the content by creating a derived copy of it and then editing and publishing the copy.