AKTIWITEIT: OM 'N GESONDE SPYSKAART OP TE STEL.
[LU 1.1]
‘n Ryk, gesondheidsbewuste sakeman het vir jou en jou spanmaats genooi om die kinderspyskaart vir ‘n nuwe baie “cool” groen (dit beteken ‘omgewingsvriendelike’) restaurant te beplan. Wat sal julle keuse vir die spyskaart wees en hoekom? Dink ook aan nagereg en drinkgoed wat op die spyskaart kan wees. As daar genoeg tyd is, kan julle gerus so ‘n spyskaart ontwerp en illustreer. Moenie die pryse vergeet nie. Dink sommer ook ‘n interessante naam uit vir die restaurant.
LU 1
GESONDHEIDSBEVORDERING
Die leerder is in staat om ingeligte besluite oor persoonlike,gemeenskaps-en omgewingsgesondheid te neem.
Dit is duidelik wanneer die leerder:
1.1 ondersoek en verslag doen oor maniere om die gehalte van kos en water in verskeie kontekste te bewaar;
1.2 ’n plaaslike omgewingsgesondheidsprobleem ondersoek deur verskillende databronne te gebruik en beplan ’n strategie om die probleem die hoof te bied;
1.3 die simptome herken en oorsake van siektes wat plaaslik voorkom bespreek en strategieë om dit te voorkom;
1.4 die uitwerking van dwelmmisbruik verduidelik op ’n individu se gesondheid en sosiale verhoudings.