Dit is baie belangrik dat leerders in ‘n klasgroep vir mekaar omgee en ook weet wat in hulle klasmaats se lewens gebeur wat vir hulle moeilik is, maar ook wat vir hulle gelukkig maak.
Die werkopdrag wat hieronder uiteengesit word, kan gerus ‘n deurlopende jaarprojek word. Op die manier kan julle almal in voeling bly met mekaar se lekker en moeilike tye en mekaar ondersteun,
AKTIWITEIT:
OM 'N SPESIALE “EK”-PAKKIE TE MAAK
[LU 2.3]
LU 2
SOSIALE ONTWIKKELING
Die leerder is in staat om begrip van en toewyding aan grondwetlike regte en sosiale verantwoordelikhede,asook begrip vir diverse kulture en gelowe te toon.
Dit is duidelik wanneer die leerder:
2.1 kinders se regte en verantwoordelikhede op ’n verskeidenheid probleemsituasies toepas;
2.2 gevalle van stereotipering, diskriminasie en partydigheid bespreek en ‘n plan voorstel om dit in die plaaslike konteks te hanteer;
2.3 die belangrikheid van maats ten tyde van tragedie en verandering bespreek;
2.4 vroue en mans se bydrae in ’n verskeidenheid kulturele kontekste bespreek;
2.5 feesdae en gebruike in ’n verskeidenheid gelowe in Suid-Afrika bespreek.