Skip to content Skip to navigation

OpenStax_CNX

You are here: Home » Content » Luister, lees en punktuasie

Navigation

Lenses

What is a lens?

Definition of a lens

Lenses

A lens is a custom view of the content in the repository. You can think of it as a fancy kind of list that will let you see content through the eyes of organizations and people you trust.

What is in a lens?

Lens makers point to materials (modules and collections), creating a guide that includes their own comments and descriptive tags about the content.

Who can create a lens?

Any individual member, a community, or a respected organization.

What are tags? tag icon

Tags are descriptors added by lens makers to help label content, attaching a vocabulary that is meaningful in the context of the lens.

This content is ...

In these lenses

  • GETIntPhaseLang display tagshide tags

    This module is included inLens: Siyavula: Languages (Gr. 4-6)
    By: Siyavula

    Review Status: In Review

    Click the "GETIntPhaseLang" link to see all content selected in this lens.

    Click the tag icon tag icon to display tags associated with this content.

Recently Viewed

This feature requires Javascript to be enabled.

Tags

(What is a tag?)

These tags come from the endorsement, affiliation, and other lenses that include this content.
 

Luister, lees en punktuasie

Module by: Siyavula Uploaders. E-mail the author

AFRIKAANS HUISTAAL

Graad 4

Module 5

LUISTER, LEES EN PUNKTUASIE

Ek wens ek......................................................................

Daar is baie wense wat jy op die stippellyn kan invul. Dalk wens jy jy kan êrens heen reis of miskien is daar iemand wat jy graag wil ontmoet. Andersins wil jy dalk baie geld hê of op 'n ander plek gaan bly. Jy wens moontlik ook dat jy baie beroemd is of iemand anders kan wees.

Ons gaan in modules 5 tot 9 allerhande wense wens. Gee jou verbeelding vrye teuels!

Figuur 1
Figuur 1 (fairy.png)

Aktiwiteit 1

Om antwoorde uit die inhoud van ‘n gedig af te lei [LU 1.2]

1. Luister aandagtig na die gediggie wat jou leerkrag vir jou voorlees. Kies dan die regte feite uit elke sin. Maak ‘n in die korrekte blokkie.

Wat ek wil wees

Ek wil so graag ‘n dokter wees

dan word almal gou gesond

of was ek nou ‘n reisiger

dan reis ek orals rond.

Of anders wil ek koning wees

van ‘n groot en magtig land

dan heers ek oor my koninkryk

met wysheid en verstand.

‘n Meester wil ek ook graag wees

dan sou ek kinders leer -

is ek in ‘n slegte bui -

om my nie te tempteer!

Dan dink ek soms ‘n olifant

of anders ‘n malmokkie!

‘n Tier is darem mooi, weet jy?

Of anders ‘n toktokkie!

Maar kon ek al die dinge wees

dan sê hul: “Hy is gek!”

Dus – as ek alles reg oordink

dan bly ek liewers ek!

Henriette Pienaar

Tabel 1
  verpleeg-ster genees-heer tandarts
1.1 Die persoon wat jou gou met medisyne gesond kan maak, is ‘n …      
  slim wees ryk wees lank en sterk wees
1.2 ‘n Koning moet ...      
  onder-wyser predikant boer
1.3 ‘n Moderne woord vir ‘n meester is ‘n ...      
  olifant toktokkie beer
1.4 Hierdie kind dink diere is mooi. Watter dier uit hierdie lysie is nie in die gediggie genoem nie?      
  ‘n seun of ‘n dogter?  
1.5 Is die kind wat hier praat ...      

Ek wens ek kon op ‘n ruimtereis gaan.Heel eerste wil ek gaan land op die maan.Daarna sal ek reis na ‘n ander planeet,Soos Jupiter, Mars, dalk Venus, wie weet?

Lees nou die volgende leesstuk aandagtig deur en beantwoord die vrae.

EK WENS EK WAS 'N RUIMTEREISIGER.

Het jy ook al saans na die maan en sterre gekyk en gewens jy kan op 'n ruimtereis gaan? Dalk wens jy dat jy op die maan kan gaan land, of op 'n ster. Ek wonder of jy geweet het dat die sterre eintlik planete is en dat die son ook 'n ster is. Daar is egter nog miljoene sterre wat ons nie eens met 'n teleskoop kan waarneem nie omdat hulle te ver van die aarde af is.

Die son is soos 'n groot bol vuur en straal lig en warmte uit. Die son is ook geweldig groot, maar lyk klein omdat hy miljoene kilometer ver van die aarde af is. Die aarde is 'n planeet wat om die son draai of wentel. Dit neem die aarde 'n hele jaar om een keer om die son te wentel. Daar is nog agt ander planete wat ook om die son wentel, waarvan Venus en Jupiter twee is.

Daar is al baie bemande en onbemande ruimtetuie die ruimte in gelanseer. Wetenskaplikes kom op hierdie manier meer te wete van ander planete en probeer so vasstel of daar enige tekens van lewe op hulle is.

Aktiwiteit 2

Om voorspellings en afleidings uit gelese teks te maak [LU 3.1.1]

  1. (a) Beantwoord nou die volgende vrae:
  1. (i) Waarvoor dink jy word 'n teleskoop gebruik?

.....................................................................................................

.....................................................................................................

(1)

  1. (i) Wat dink jy sou met ons gebeur het as die aarde nader aan die son was? Gee 'n rede vir jou antwoord.

.....................................................................................................

.....................................................................................................

.....................................................................................................

.....................................................................................................

(2)

  1. (i) Hoeveel jaar sal dit vir die aarde neem om twee maal om die son te wentel?

.....................................................................................................

.....................................................................................................

(1)

  1. (a) Omkring die regte antwoord.

Daar is ( 8 ; 9 ; 10 ) planete wat om die son wentel.

(1)

  1. (a) Hoekom word Jupiter met 'n hoofletter geskryf?

................................................................................................................

................................................................................................................

(1)

  1. (a) Watter woord sê vir ons dat daar mense aan boord van die ruimtetuig was?

...............................................................................................................

...............................................................................................................

(1)

  1. (a) Wat is die betekenis van die woord lanseer?

................................................................................................................

................................................................................................................

(1)

  1. (a) Waarom sal Neil Armstrong vir altyd 'n beroemde man wees?

................................................................................................................

................................................................................................................

................................................................................................................

(2)

Totaal: 10

Aktiwiteit 3

Om hoofletters en punktuasie korrek te gebruik [LU 6.2.10]

“Ai, ek wens ek kon hierdie paragraaf verstaan!”“Dink jy nie dit sou meer sin maak as jy die regte hoofletters en leestekens invul nie?”“Kom, probeer,” sê my vriendelike onderwyser.

Figuur 2
Figuur 2 (ruimtetuig_op_maan.png)
  1. (a) dit was ‘n geskiedkundige gebeurtenis toe die amerikaners hul eerste, bemande ruimtetuig maan toe lanseer het sy naam was die apollo II. Op 21 julie 1969 het die heel eerste mens, neil armstrong, sy eerste treë op die maan gegee. Ai sal ek ook eendag so-iets kan doen vra theuns smit. Hoekom nie vra sy ma. ‘n suid-afrikaner, Mark Shuttleworth, wat in durbanville naby kaapstad woon, is juis nou besig om hom vir sy eerste ruimtereis voor te berei.

(20 x ½ = 10)

Assessering

LEERUITKOMS 1: LUISTERDie leerder is in staat om vir inligting en genot te luister en gepas en krities binne ‘n wye verskeidenheid situasies te reageer.

Assesseringstandaard

Dis duidelik wanneer die leerder:

1.2 die sentrale idee en spesifieke besonderhede van die teks bespreek en dit in verband bring met eie ervaring.

LEERUITKOMS 3: LEES EN KYK

Die leerder is in staat om vir inligting en genot te lees en te kyk en krities op die estetiese, kulturele en emosionele waardes in tekste te reageer.

Assesseringstandaard

Dis duidelik wanneer die leerder:

3.1 ‘n verskeidenheid fiksie- en nie-fiksie-tekste vir verskillende doeleindes lees (soos gedigte, stories, mites, brosjures, naslaanboeke en handboeke):

  • onafhanklik lees deur ‘n verskeidenheid lees- en begripstrategieë gepas vir verskillende doeleindes te gebruik.
  • vir spesifieke besonderhede soeklees;
  • voorspellings maak deur kontekstuele leidrade te gebruik om betekenis vas te stel en afleidings maak.

LEERUITKOMS 6: TAALSTRUKTUUR EN –GEBRUIK

Die leerder ken en is in staat om die klanke, woordeskat en grammatika van die taal te gebruik om tekste te skep en te interpreteer

Assesseringstandaard

Dis duidelik wanneer die leerder:

6.2 met sinne werk:

  • hoofletters en punktuasie korrek gebruik: punt, komma, vraagteken, uitroep, aanhalingstekens.

Memorandum

EK WENS EK…

Aktiwiteit 1

1.1 geneesheer

1.2 slim wees

1.3 onderwyser (leerkrag)

1.4 leeu

1.5 seun

Aktiwiteit 2

(a) (i) Om na die sterre te kyk.

(ii) Dit sou baie warm wees; ons sou seer brand; plante verskroei.

(iii) 2 jaar

(b) 9

(c) Dit is ‘n eienaam / naam van ‘n planeet.

(d) bemande

(e) Om in die lug opgeskiet te word.

(f) Hy was die eerste mens wat op die oppervlakte van die maan geloop het.

Aktiwiteit 3

Dit was ‘n geskiedkundige gebeurtenis toe die Amerikaners hul eerste bemande ruimtetuig maan toe lanseer het. Sy naam was die Apollo II. Op 21 Julie 1969 het die heel eerste mens, Niel Armstrong, sy eerste tree op die maan gegee. “Ai, sal ek ook eendag so-iets kan doen?” vra Theuns Smit.

“Hoekom nie?” vra sy ma. ‘n Suid-Afrikaner, Mark Shuttleworth, wat in Durbanville, naby Kaapstad woon, is juis nou besig om hom vir sy eerste ruimtereis voor te berei.

Content actions

Download module as:

PDF | EPUB (?)

What is an EPUB file?

EPUB is an electronic book format that can be read on a variety of mobile devices.

Downloading to a reading device

For detailed instructions on how to download this content's EPUB to your specific device, click the "(?)" link.

| More downloads ...

Add module to:

My Favorites (?)

'My Favorites' is a special kind of lens which you can use to bookmark modules and collections. 'My Favorites' can only be seen by you, and collections saved in 'My Favorites' can remember the last module you were on. You need an account to use 'My Favorites'.

| A lens I own (?)

Definition of a lens

Lenses

A lens is a custom view of the content in the repository. You can think of it as a fancy kind of list that will let you see content through the eyes of organizations and people you trust.

What is in a lens?

Lens makers point to materials (modules and collections), creating a guide that includes their own comments and descriptive tags about the content.

Who can create a lens?

Any individual member, a community, or a respected organization.

What are tags? tag icon

Tags are descriptors added by lens makers to help label content, attaching a vocabulary that is meaningful in the context of the lens.

| External bookmarks