WONINGS
As jy op 'n wêreldreis sou gaan, sal jy sien hoeveel verskillende soorte wonings daar is. Daar is regtig duisende verskillende wonings en 'n baie groot verskeidenheid boumateriaal wat gebruik word.
In die meeste lande van Afrika is daar baie mense wat hulle huise van modder bou. Kenia is ook 'n land in Afrika. Hier kry ons 'n groep mense wat die Masai genoem word. Hulle maak hulle huise se rame van takke en pleister dit dan met beesmis. Die son bak die beesmis hard en maak die huise ook waterdig.
Daar is baie oerwoude, of reënwoude, in Suid-Amerika. Dis baie warm en klam in oerwoude en hulle is ook dig begroei met plante en geweldige groot bome. Hier bind die inwoners stokke aan mekaar vas om 'n houtraam te vorm en bedek dit dan met palmblare.
Die Arabiere wat deur die woestyn trek met hulle bokke, kamele en skape, bly in tente. Hulle weef die materiaal hiervoor van bokhaar. Hierdie tente word in twee dele verdeel met 'n gordyn. Die een deel is 'n slaapkamer en kombuis en die ander deel die sitkamer. Hulle het geen meubels nie en gebruik slegs tapyte en kussings.
Die Eskimo's bly in Alaska, naby die Noordpool, waar dit ysig is. Baie van hulle jag walvisse en robbe. Deesdae bly hulle in tente of hutte, maar vroeër jare het hulle igloes gebou. Igloes is gebou met blokke ys of sneeu. Die ysmure is met pelskomberse bedek en dit was nogal warm binne-in 'n igloe. Olielampe is ook gebruik om lig en ook terselfdertyd hitte te verskaf.
Daar is nog baie ander soorte wonings. Dit maak egter nie saak waarvan jou woning gebou is of hoe dit lyk nie. Jou woning is jou tuiste waar jy gelukkig saam met jou ouers, broers en susters woon.
Besluit of die volgende stellings WAAR of ONWAAR is.
| Waar | Onwaar | |
|
||
|
||
|
||
|
||
|
(5)
Aktiwiteit 2
Om gepaste byskrifte te skryf [LU 4.4.1]
Op die volgende bladsy is daar sketse van die vier verskillende wonings waarvan jy nou gelees het. Daar is egter geen byskrifte nie. Jy moet die korrekte byskrifte uit die volgende kies en dit onder die regte woning neerskryf.
- Igloe in Alaska
- Tent in die woestyn
- Masai in Kenia
- Palmhut in Suid-Amerika
![]() |
| .................................................................................................................................................................................................................................................. | |
| .................................................................................................................................................................................................................................................. | |
| .................................................................................................................................................................................................................................................. | |
| .................................................................................................................................................................................................................................................. |
Aktiwiteit 3
Om verbeeldingryk ‘n bepaalde situasie te beskryf [LU 5.4.2]
ONGEWONE WONINGS
Kom ons dink aan 'n paar ongewone wonings. Die klas verdeel in groepe van vier. Elke groep kies een van die volgende wonings:
'n huis in die ruimte;
'n vuurtoring;
'n huis onder die see; en
'n ondergrondse huis.
Elk van hierdie wonings het vier vertrekke. Jy en jou drie maats moet elkeen 'n vertrek beplan. Jy moet die volgende onthou wanneer jy jou vertrek beplan:
- Hoe groot is die vertrek?
- Waarvoor word dit gebruik?
- Watter tipe meubels kry 'n mens daar?
- Is daar enige ingeboude meubels/artikels?
Elke groep moet aan die res van die klas sy woning en die verskillende vertrekke kan verduidelik.
Jy kan 'n skets van jou vertrek in die raampie maak.
Gee nou terugvoer aan die groepe ten opsigte van hul aanbieding.
| Wat assesseer ek?: Praat / Lees/ SkryfMaatassessering (Portuur)/ Opvoederassessering / Groepassessering | ||||||||||
| KRITERIA |
|
|||||||||
| Dit is hoorbaar vir almal. | ||||||||||
| Goeie taalgebruik | ||||||||||
| Praat onderhoudend. | ||||||||||
| Idees volg logies op mekaar. | ||||||||||
| Hou by die onderwerp. | ||||||||||
| Ek / ons / die groep moet die volgende verbeter: | .................................................................................. | |||||||||
| ............................................................................................................................................................................................................................................................ | ||||||||||
Assessering
LEERUITKOMS 1: LUISTER
Die leerder is in staat om vir inligting en genot te luister en gepas en krities binne ‘n wye verskeidenheid situasies te reageer.
Assesseringstandaard
Dis duidelik wanneer die leerder:
1.1 dit geniet om na verskillende soorte mondelinge tekste te luister (soos stories, fabels, limerieke, kort verslae) en gepas reageer.
LEERUITKOMS 4: SKRYFDie leerder is in staat om verskillende soorte feitelike en verbeeldingstekste vir ‘n wye verskeidenheid doeleindes te skryf.
Assesseringstandaard
Dis duidelik wanneer die leerder:
4.4 kennis van taal op verskeie vlakke toepas:
- woordvlak:
- kies en gebruik ‘n wye verskeidenheid woorde uit eie taalervaring.
LEERUITKOMS 5: DINK EN REDENEERDie leerder is in staat om taal vir dink en redeneer te gebruik en inligting vir leer te verkry, verwerk en gebruik.
Assesseringstandaard
Dis duidelik wanneer die leerder:
- taal gebruik om skeppend te dink:
- verskillende moontlikhede of scenario’s vir ‘n gegewe situasie ontwikkel.
Memorandum
Aktiwiteit 1
(i) Waar
(ii) Onwaar
(iii) Onwaar
(iv) Waar
(v) Waar (5)
Aktiwiteit 2 A. Igloe
B. Palmhut in Suid-Amerika
C. Masai in Kenia
D. Tent in die woestyn
Aktiwiteit 3 ONGEWONE WONINGS
Eie pogings









