DIE SAN
Een van die eerste groepe mense wat Suid-Afrika hul tuiste genoem het, was die San. Soos jy reeds weet, bly die jagter-versamelaarsgroepe al meer as 20 miljoen jaar lank in Suider-Afrika. Reeds 10 000 jaar gelede het die eerste groep hul hier kom vestig. Hulle het in klein gesinsgroepe rondgetrek op soek na kos en water om te oorleef. Die mans moes meestal jag en die vrouens veldkosse (saad, vrugte, bolle, bessies en wortels) versamel. Party het ook visgevang in plaas van om te jag.
Die San is net ‘n ander naam vir die Boesman. Europeërs het hulle die bynaam van Boesman (bosmense) gegee.
Soos in vorige modules, gaan jy volop geleenthede kry om die verlede van die San en Khoina te rekonstrueer.
AKTIWITEIT 1:
OM DIE VERLEDE VAN DIE SAN EN KHOINA TE REKONSTRUEER
[LU 3.3]
![]() |
Voorkoms
Klein geelbruin mensies van omtrent (1) lank.
Die meeste (2) word in die agterste deel van die liggaam geberg.
Hulle dra min klere, net ‘n (3).
Gewoontes
Hulle aanbid ,(4) sterre, son en die hottentotsgot.
As iemand sterf, word hy in (5) posisie begrawe met sy besittings.
Gereedskap
Gereedskap is van verskillende stowwe gemaak.
b _ _ n, s _ _ l _ _ d _ p, bl _ _ r,
h _ _ t, k _ _ p (6)
Hoe het hulle klippe só hol gekry?
Wonings
Hulle het geen vaste wonings nie. Rede?
Die San-kinders het in ‘n heel ander skool as julle geleer – bedags in die veld en saans rondom die vuur. Hulle het die diere se gewoontes só goed geken dat hulle dit selfs kon naboots.
![]() |
Die mans was jagters. Hul vernaamste wapen was die (1) en (2) wat baie styf gespan is.
Pylpunte is gemaak van (3) en (4) en die steel van (5).
Gif van (6) en (7) is net agter die punt van die pyl gesmeer.
Die San het hulle pyle in (8) gedra.
Kleinwild en voëls is in (9) gevang en grootwild in
(10).
![]() |
“Baie welkom by die Khoina. Dit was die Europeërs wat ons naam verander het na Hottentotte, omdat ons dikwels ‘n woord gebruik wat net so klink! Blykbaar beteken Khoina “man van manne”! Ons beter dieet het veroorsaak dat ons ‘n groter liggaamsbou het as die San.
Ons het ongeveer 2 000 jaar gelede uit die noorde hier aangekom. Voordat ons suidwaarts getrek het, het ons gewoon waar Botswana vandag is. Ons het by swart mense wat deur ons gebied getrek het, meer geleer oor ruilhandel en hoe om met vee te boer ter wille van oorlewing. Die groot verskil tussen ons en die San is geleë in die feit dat ons veeboere en hulle jagter-versamelaars is. Ons voorkoms, taal en gebruike stem egter baie ooreen met dié van die San. Anders as die San, wat in klein jaggroepe rondtrek, trek die Khoina in groot groepe.
Nadat die Nederlanders onder leiding van Jan van Riebeeck in 1652 aan die Kaap geland het, het ons al hoe meer weivelde verloor. In 1713 het baie Khoina weens ‘n pokke-epidemie gesterf en het ons ook baie vee weens siektes verloor. Om te oorleef, moes baie op plase en in dorpe gaan werk en het hulle geleidelik met ander groepe ondertrou. Vandag is daar baie min Khoina oor. Die meeste bly in klein groepies in die Richtersveld, asook in Namibië (Namas).”
![]() |
![]() |
Gewoontes
Hulle het (1) aanbid vir reën.
Hulle was baie lief vir (2) en musiekinstrumente.
Voorkoms
Hulle was sterker gebou as (3).
Hulle klere was van skaapvelle of velle van (4) diere gemaak.
Hulle was lief vir versierings wat van (5)
X!Hau gemaak is.
Wonings
Hulle hutte was rondom die (6) se hut gebou.
In die middel was ‘n oop ruimte vir (7) snags.
Rietmatte is oor ‘n raamwerk van gebuigde (8) gegooi.
Voedsel
Al hoe meer het oorgeslaan na (9) boerdery.
Hulle het nie hulle (10) geslag nie, maar wel skape.
(11) (tipe melk) was van hulle lekkernye.
![]() |
Kies nou die regte antwoorde oor hulle boerdery uit die raampie.
![]() |
Die Khoina het (1) of kuddes (2) aangehou. Hulle het besef mens kan diere (3) en in kampe aanhou.
Die Khoina het (4) en (5) gehad. Dié diere het (6) en (7) aan hulle verskaf.
(8) is deur hulle gebruik om vragte aan te (9). Beeste was vir die Khoina ‘n teken van (10).
Wat gebeur in die skets?
Wanneer en waar het dit gebeur?
Waarom het dit gebeur?
Herken jy die mense op die skets? Kan jy hulle name uitvind?
Hoe weet ons dat dit alles wel gebeur het?
![]() |
Hoekom het die Khoina meer besittings gehad as die San?
Hoe is hulle hutte gebou? Waarvan is die vloere gemaak? Waarvan is die vloere in julle huis gemaak?
Hoekom is die hutte rondom die hoofman se hut gebou?
Waarop het hulle snags geslaap? Waarop slaap jy?
Waarvandaan het hulle water gekom? Hoe word julle huis en skool van water voorsien?
![]() |
[LU 3.3]
| LU 3.3 |
LEERUITKOMS 3: HISTORIESE INTERPRETASIE – DIE LEERDER IS IN STAAT OM ASPEKTE VAN GESKIEDENIS TE INTERPRETEER
3.1 Wees bewus van meer as een siening van die verlede.
Verstaan dat verskillende sienings oor dieselfde saak reg of verkeerd kan wees
3.2 Onderskei tussen feite en menings.
Kan inligting vanaf kaarte, diagramme en grafieke bekom.
3.3 Rekonstrueer verlede. Kan ‘n eenvoudige rekonstruksie van gebeurtenisse maak en verstaan hoe die mense daaroor voel.
Memorandum
Aktiwiteit
(a)
(i) 5
(ii) 5
(iii) 4
(iv) 1
(b) Voorkoms: (1) ± 153 cm (2) vet (3) lendekleed (mans),
leervoorskoot (vroue)
Gewoontes: (4) maan (5) sittend
Gereedskap: (6) been, skilpaddop, blaar, hout, klip
(c)
(d) Gewoontes: (1) maan
(2) dans / sang
Voorkoms: (3) San
(4) wilde diere
(5) sade, bessies, volstruiseierdoppe, klei
Wonings: (6) hoofman
(7) die vee (om te slaap)
(8) doringtakke en pale / latte
Voedsel: (9) vee
(10) beeste
(11) dikmelk (uit kalbasse)
(e)