AFRIKAANS HUISTAAL
Graad 4
Module 12
TRAPPE VAN VERGELYKING
Aktiwiteit
Om meer van trappe van vergelyking te leer [LU 6.2.13]
Hier onder is ‘n paar wonings wat ons met mekaar gaan vergelyk.
(a)
groot groter grootste
Ons sien die dubbelverdieping is groter as die huis en die kasteel is die grootste.
klein kleiner kleinste
Die tent is kleiner as die hut en die takskerm is die kleinste.
hoog hoër hoogste
Hier sien ons dat die woonstelblok hoër as die dubbelverdiepingwinkel is en die toringgebou is die hoogste.
- Watter letters word by die middelste woord gevoeg? .................
- Watter letters word by die laaste woord gevoeg? ........................
- (a) Ons noem dit Trappe van Vergelyking. Die middelste trap word die vergrotende trap genoem en die laaste trap die oortreffende trap. Wat beteken hierdie twee vetgedrukte woorde?
Vul die vergrotende en oortreffende trappe van die woorde op die volgende bladsy in. Wees egter versigtig by die vergrotende trap. Soms word ‘n klinker weggelaat of word daar ‘n medeklinker bygevoeg. Deeltekens word ook in sommige gevalle gebruik.
- (a) mooi .......................... ...........................
stout .......................... ...........................
geel .......................... ...........................
gehoorsaam .......................... ...........................
kwaad .......................... ...........................
slim .......................... ...........................
dun .......................... ...........................
sag .......................... ...........................
los ............................ ...............................
Assessering
Die leerder ken en is in staat om die klanke, woordeskat en grammatika van die taal te gebruik om tekste te skep en te interpreteer.
Dis duidelik wanneer die leerder:
6.2 met sinne werk:
- alledaagse adjektiewe verstaan en gebruik: verbuiging, trappe van vergelyking, intensiewe vorme.
Memorandum
Aktiwiteit
(a) er
(b) ste
(d)
Tabel 1
| mooi |
mooier |
mooiste |
| stout |
stouter |
stoutste |
| geel |
geler |
geelste |
| gehoorsaam |
gehoorsamer |
gehoorsaamste |
| kwaad |
kwater |
kwaadste |
| slim |
slimmer |
slimste |
| dun |
dunner |
dunste |
| sag |
sagter |
sagste |
| los |
losser |
losste |
| breed |
breër |
breedste |
| moeg |
moeër |
moegste |
| laag |
laer |
laagste |
| koud |
kouer |
koudste |
| lank |
langer |
langste |
| goed |
beter |
beste |