Inside Collection (Course): Afrikaans Huistaal Graad 4
Luister aandagtig na die feiteverhaal wat jou opvoeder gaan voorlees. Onderstreep dan die korrekte feit op die volgende bladsy wat die stelling sal waar maak.
DIE VERHAAL VAN HELEN KELLER
Helen Keller was 'n slim en pragtige babadogtertjie. Sy kon alreeds voor haar tweede verjaardag baie goed praat en was 'n opgewekte en lewenslustige dogtertjie. Haar ouers, meneer en mevrou Keller, was baie trots op haar.
Helen het eendag skielik baie siek geword. Haar ouers het die dokter laat kom en hy het gesê sy het skarlakenkoors. Destyds het dokters nog nie geweet hoe om dit te behandel nie en hulle was bang dat sy sou sterf.
Sy was weke lank baie ernstig siek, maar het geleidelik beter geword. Die gevolge van die siekte was egter verskriklik. Hoewel sy herstel het, het die siekte Helen doof en blind gemaak. Sy het in alles vasgeloop en omdat sy nie kon hoor nie, het sy later glad nie meer gepraat nie. Arme Helen was 'n eensame en ongelukkige kind wat in 'n donker stilte geleef het.
Helen se pa het eendag 'n onderwyseres, mejuffrou Anne Sullivan, na hulle huis gebring sodat sy Helen kon onderrig. Dit het maar moeilik gegaan, want Helen kon glad nie verstaan wat die juffrou haar wou leer nie. Sy het haar dikwels weggestamp of weggehardloop van haar af. Juffrou Anne het aangehou en uiteindelik het Helen verstaan dat die juffrou met haar vingers vir haar 'n teken wou leer vir elke ding. Gou-gou kon sy met handgebare verduidelik wat sy wou hê.
Helen het al hoe beter begin praat deur middel van handgebare en toe sy dit onder die knie gehad het, het juffrou Anne haar geleer om Brailleskrif te lees. Braille is opstaanletters en -syfers wat 'n mens met jou vingers voel. Helen het dit baie vinnig geleer en kon nou lees van mense en dinge wat sy nie kon sien nie. Sy was nou 'n baie gelukkiger mensie.
Juffrou Anne was vasberade om Helen te leer praat. Sy het dit gedoen deur vir Helen met een hand teen haar lippe en die ander teen haar keel te laat voel terwyl sy 'n woord hardop sê. Daarna moes Helen die woord herhaal totdat sy dit reggekry het.
Toe Helen tien jaar oud was, kon sy praat. Sy kon 'n gesprek voer deur met haar vingers teen die ander persoon se lippe te voel wat hy sê en dan kon sy antwoord. Haar vingerpunte was, met ander woorde, haar oë en ore.
Dit het harde werk en deursettingsvermoë gekos, maar Helen was nou so 'n gelukkige kind, want sy kon kommunikeer en lees. Sy was nie meer 'n eensame kind nie.
(10)
Hieronder volg nou 'n paar afkortings vir woorde in die leesstuk oor Helen Keller. Soek die woorde in die leesstuk en vul hulle in langs die ooreenstemmende afkortings:
(a) mnr. ............................................
(b) mev. ............................................
(c) dr. ............................................
(d) mej. ……………………………….
(e) d.m.v. …………………………………………………
(f) m.a.w. …………………………………………………
Die volgende afkortings kom nie in die leesstuk voor nie, maar word ook dikwels gebruik. Slaan hulle in die woordeboek na as jy hulle nie ken nie.
(a) asb. .................................................
(b) no. of nr. ..........................................
(c) ens. ...................................................
VERRYKING: BRAILLE- ALFABET EN NOMMERS
![]() |
![]() |
![]() |
(a) Braille is 'n stelsel van opstaanlettertjies wat bestaan uit verskillende kombinasies van ses kolletjies. Hierbo is die alfabet en die syfers van Braille. 'n Hoofletter word aangedui deur 'n kolletjie heel links onder voor die letter.
| A is dus |
|
B is dus |
|
C is dus |
|
| Ensovoorts | |||||
Skryf nou jou naam, van en ouderdom in Braille.
............................................................................................................................
..................................................................................................................
![]() |
Verdeel in groepe van vier. Elke groep moet 'n nuwe vrugtesoort of groentesoort ontdek of skep. Maak 'n skets daarvan.
.........................................................................................................................
.........................................................................................................................
.........................................................................................................................
.........................................................................................................................
.........................................................................................................................
...............................................................................................................
Lees hierdie aanwysings aandagtig deur.
Wanneer jy ‘n blinde persoon ontmoet ...
![]() |
Die volgende wenke kan nuttig wees wanneer jy ‘n blinde persoon ontmoet:
![]() |
Kies vir jou 'n maat om die volgende aktiwiteite mee saam te doen:
(e) Een van julle twee word geblinddoek en is die blinde persoon wat by 'n verkeerslig wag. Die siende persoon help nou die blinde om 'n straat oor te steek. Daar is ook 'n stel trappe wat jy hom moet help om te klim.
(f) Ruil nou om. Die siende persoon lei die blinde in 'n vreemde vertrek in. Beskryf vir hom die vertrek voordat jy hom na 'n sitplek of verwysingspunt lei.
![]() |
Die leerder is in staat om vir inligting en genot te luister en gepas en krities binne ‘n wye verskeidenheid situasies te reageer.
Dis duidelik wanneer die leerder:
1.1 dit geniet om na verskillende soorte mondelinge tekste te luister (soos stories, fabels, limerieke, kort verslae) en gepas reageer.
LEERUITKOMS 2: PRAATDie leerder is in staat om vrymoedig en doeltreffend in gesproke taal binne ‘n wye verskeidenheid situasies te kommunikeer.
Dis duidelik wanneer die leerder:
2.1 ervaringe, idees en inligting in verskillende kontekste vir verskillende teikengroepe en doeleindes oordra:
LEERUITKOMS 4: SKRYFDie leerder is in staat om verskillende soorte feitelike en verbeeldingstekste vir ‘n wye verskeidenheid doeleindes te skryf.
Dis duidelik wanneer die leerder:
4.1 verskeie soorte tekste vir verskillende doeleindes en teikengroepe skryf:
LEERUITKOMS 6: TAALSTRUKTUUR EN -GEBRUIKDie leerder is in staat om die klanke, woordeskat en grammatika van die taal te gebruik om tekste te skep en te interpreteer.
Dis duidelik wanneer die leerder:
6.1 met woorde werk:
6.1.12 alledaagse afkortings gebruik.
Aktiwiteit 1 Luistervaardigheid
Aktiwiteit 2
Verryking
Aktiwiteit 3 Eie skeppings
Aktiwiteit 4 Leesvaardigheid