Ons hoor geweldig baie verskillende geluide in die natuur en rondom ons. Kom ons noem hulle geluidwoorde. Kyk of jy al die geluidwoorde in die onderstaande paragraaf kan opspoor. Onderstreep hulle en maak seker jy kry almal. Daar is vyf.
Buite woed daar 'n kwaai storm. Die wind suis deur die bome. Ek hoor hoe die blare ritsel en dan begin die reëndruppels val. Eers val hulle sag,maar dit raak al hoe harder totdat hulle baie hard op die dak kletter. Ek sit voor die kaggelvuur en staar na die houtstompe wat knetter terwyl hulle brand. Die storm woed al erger en die wind huil om die hoeke van die huis.
![]() |
DIERE SE GELUIDE
Voltooi die onderstaande sinne deur die diergeluid in te vul waar hy pas:
brul blêr kekkel
bulk kwetter koer
trompetter runnik balk
kraai loei
Soms wil 'n mens vinnig vasstel of jy 'n sekere leesstuk deeglik wil lees. Jy kan die stuk eers verken voordat jy dit dan goed lees. Ons sê jy verkenlees dit eers.
Wanneer 'n mens verkenlees, lees jy slegs die opskrifte, die eerste en laaste paragrawe, en die eerste sin van al die ander paragrawe deeglik. Jy lees dus bogenoemde gedeeltes om 'n goeie idee van die leesstuk te kry. Daarna kan jy besluit of jy dit deeglik en volledig wil lees.
DIE BEROEMDE BEETHOVEN WORD DOOF
Die seuntjie Beethoven se bittere lewe
Daar is seker nie nog 'n komponis of skrywer van musiek wie se naam so bekend en so beroemd is as dié van Beethoven nie. Reeds toe hy vier jaar oud was, was dit duidelik dat dié seuntjie baie musikaal en talentvol was. Van daardie oomblik af het die swaarkry ook begin.
Beethoven se vader was 'n sanger in die kerk en hy wou graag hê sy seun moes 'n wonderkind van die musiek word. Klein soos hy toe nog was, moes Beethoven musiek leer: hy moes ure lank op die klavier en viool oefen sonder dat hy eintlik tyd vir speletjies gehad het. Sy pa was ook 'n dronklap. Hy het hom laat in die nag uit die bed geruk, 'n pak slae gegee en hom tot die volgende oggend op die klavier laat oefen. Ná so 'n slapelose nag moes hy weer die volgende oggend skool toe gaan. Geen wonder hy het musiek soms gehaat nie.
Tog het Beethoven later 'n uitstekende musiekskrywer (komponis) en klavierspeler (pianis) geword. As jong man, ná sy vader se dood, het hy 'n paar gelukkige jare in sy lewe gehad. Hy het baie musiek geskryf en het beroemd geword.
'n Ramp tref Beethoven
Toe hy dertig jaar oud geword het, het 'n ramp hom getref: hy het begin doof word. 'n Groot vrees het hom beetgepak dat hy heeltemal doof sou word, daarom het hy steeds harder en harder gewerk. Toe hy veertig jaar oud was, kon hy byna niks meer hoor nie. Dit het hom baie ongelukkig gemaak - hy het nie meer by sy vriende gaan kuier nie en hy het nooit getrou nie. Hy het baie eensaam geword.
Omdat hy doof was, het Beethoven byna nooit meer uitgegaan nie. Toe een van sy beste musiekstukke vir die eerste keer uitgevoer is, het hy wel besluit om daarheen te gaan, maar hy kon nie eens hoor hoe die mense ná die tyd hande klap nie. Iemand moes hom op die skouer tik en na die klappende gehoor wys voordat hy kon agterkom dat die mense gedink het sy musiek is uitstekend.
[Verwerk uit Die Afrikaanse Kinderensiklopedie, hersiene uitgawe, bl. 136.]
Beantwoord die volgende vrae. Kies die regte antwoord en onderstreep dit.
Kan jy sien dat jy nou 'n goeie idee van die leesstuk het? Besluit self of jy dit deeglik en volledig wil lees.
Bring ‘n suurlemoen skool toe. (Ek is seker daar is iemand met ‘n suurlemoenboom in die omgewing, as julle nie self ‘n boom het nie.)
(a) Skryf een woord neer wat beskryf hoe die suurlemoen lyk
..............................................
(b) Hoe voel die skil? (Slegs een woord.)
......................................................
(c) Skil die suurlemoen af. Hoe ruik dit? (Een woord)
..................................................................
(d) Byt ‘n stukkie van ‘n skyfie af. Kou dit en sluk dit in. Wat was jou eerste gewaarwording? (‘n Kort sinnetjie)
................................................................................
(e) Wat gebeur met jou tong? (‘n Kort sinnetjie)
..............................................................
(f) Hoe voel jou tande? (Een woord)
...........................................
As klas kies julle gesamentlik 'n vrug wat nou in seisoen is. Daarna teken elk van julle hierdie spesifieke vrug op papier.
Skryf dan 'n gediggie binne-in hierdie vrug, knip dit uit en plak dit op 'n groot plakkaat waarop die spesifieke vrugteboom geteken is. Hierdie plakkaat met almal se vrugte op kan op die klas se aansteekbord vasgesteek word.
Die gediggie bestaan uit vyf reëls. Jy moet byna al jou sintuie gebruik om dit te skryf.
Reël 1: Titel (een woord)
Reël 2: Beskryf hoe dit lyk (twee woorde).
Reël 3: Beskryf hoe dit voel (drie woorde).
Reël 4: Beskryf hoe dit smaak (vier woorde).
Reël 5: Jou mening oor die vrug (enkele woorde).
Hier is 'n voorbeeld van 'n gedig oor 'n tamatie.
![]() |
Die leerder is in staat om vir inligting en genot te lees en te kyk en krities op die estetiese, kulturele en emosionele waardes in tekste te reageer.
Dis duidelik wanneer die leerder:
3.1 ‘n verskeidenheid fiksie- en nie-fiksie-tekste vir verskillende doeleindes lees (soos gedigte, stories, mites, brosjures, naslaanboeke en handboeke):
LEERUITKOMS 4: SKRYFDie leerder is in staat om verskillende soorte feitelike en verbeeldingstekste vir ‘n wye verskeidenheid doeleindes te skryf.
Dis duidelik wanneer die leerder:
4.1 verskeie soorte tekste vir verskillende doeleindes en teikengroepe skryf:
4.1.3 verskeie mediatekste vir verskillende teikengroepe skryf en ontwerp (soos plakkate, strokiesverhale, eenvoudige brosjures);
Die leerder ken en is in staat om die klanke, woordeskat en grammatika van die taal te gebruik om tekste te skep en te interpreteer.
Dis duidelik wanneer die leerder:
6.1.8 woordeskat ontwikkel deur woordfamilies en woorde uit dieselfde veld te herken.
Aktiwiteit 1 Denkontwikkeling en redenering (Taalaspek : geluidwoorde)
ritsel
kletter
knetter
huil
(b) Diere se geluide
(i) brul
(ii) trompetter
(iii) loei
(iv) balk
(v) koer, kwetter
(vi) blêr
(vii) kraai
(viii) runnik
(ix) kekkel
(x) bulk
Aktiwiteit 2 Leesvaardigheid (Verkenlees)
Aktiwiteit 3 Skryfvaardigheid (Eie poging)
Aktiwiteit 4 Skryfvaardigheid (Eie poging)