Skip to content Skip to navigation Skip to collection information

Connexions

You are here: Home » Content » Sosiale Wetenskappe: Geskiedenis Graad 5 » Romeinse Ryk: Ontstaan en leefwyse

Navigation

Lenses

What is a lens?

Definition of a lens

Lenses

A lens is a custom view of the content in the repository. You can think of it as a fancy kind of list that will let you see content through the eyes of organizations and people you trust.

What is in a lens?

Lens makers point to materials (modules and collections), creating a guide that includes their own comments and descriptive tags about the content.

Who can create a lens?

Any individual member, a community, or a respected organization.

What are tags? tag icon

Tags are descriptors added by lens makers to help label content, attaching a vocabulary that is meaningful in the context of the lens.

This content is ...

In these lenses

  • GETIntPhaseSS display tagshide tags

    This module and collection are included inLens: Siyavula: Social Sciences (Gr. 4-6)
    By: Siyavula

    Module Review Status: In Review
    Collection Review Status: In Review

    Click the "GETIntPhaseSS" link to see all content selected in this lens.

    Click the tag icon tag icon to display tags associated with this content.

Recently Viewed

This feature requires Javascript to be enabled.

Tags

(What is a tag?)

These tags come from the endorsement, affiliation, and other lenses that include this content.
 

Romeinse Ryk: Ontstaan en leefwyse

Module by: Siyavula Uploaders. E-mail the author

SOSIALE WETENSKAPPE: GESKIEDENIS

Graad 5

DIE ANTIEKE ROMEINSE RYK: 500 v.C. – 500 n.C.

Module 13

ONTSTAAN EN LEEFWYSE

DIE ONTSTAAN VAN DIE RYK EN DIE LEEFWYSE VAN SY MENSE

Voordat ons begin, is dit belangrik om te verstaan wat ‘n antieke beskawing is.

Tydperke wat die verste van ons af is, noem ons antiek. Dié wat naby ons is, noem ons hedendaags.

Ons praat van 'n BESKAWING wanneer die getuienis daarop dui dat daardie mense se leefwyse kenmerke van ontwikkeling en verfyndheid toon.

DIE MENSE VAN DIE ANTIEKE BESKAWINGS HET DIE FONDAMENTE VAN ONS MODERNE BESKAWING GELÊ.

Figure 1
Figure 1 (graphics1.png)

Hierdie module vertel die interessante verhaal van die Romeinse Ryk – een van die vroeë grootste beskawings wat die wêreld nog ooit geken het! Hul geskiedenis strek oor meer as 1 000 jaar en oor die grootste deel van daardie tyd se bekende beskawings! Dis nie al nie. Hul ongelooflike bydraes tot die samelewing strek tot in ons moderne tyd.

Baie welkom in die romeinse ryk!

AKTIWITEIT 1

OM BEWUS TE WEES VAN VERSKILLENDE SIENINGE OOR DIE ONTSTAAN VAN DIE RYK

[LU 1.3]

HOE DIE ROMEINSE RYK ONTSTAAN HET

Teen 800 v.C. was daar slegs 'n aantal rietdakhutte op die heuwels wat die Tiberrivier omring. Die inwoners was meestal boere wat veral koring, olywe en druiwe in die vrugbare deel gekweek het en ook beeste en skape aangehou het. Mettertyd het die groeiende dorpies op die sewe heuwels begin handel dryf en saamsmelt. Teen 753 v.C. het Romulus volgens oorlewering die stad Rome gestig. Toe kon die Romeine mekaar op militêre gebied beskerm teen vyandige aanvalle, veral van die Etruriërs. Hulle het ook gemeenskaplike gode saam aanbid.

Die Ryk het daarna soos volg ontwikkel:

Figure 2
Figure 2 (graphics2.png)
  1. In die begin het die priesters namens die inwoners offers aan hul gode gebring. Teen 50 v.C. is Rome deur die Etruriërs verower. Die koning van Etrurië is egter later deur die Romeine uit Rome verjaag.
Figure 3
Figure 3 (graphics3.png)
  1. Die Romeine besluit toe om nooit weer 'n koning te hê nie, en Rome het 'n REPUBLIEK geword. Twee konsuls is jaarliks gekies om te regeer. Hulle is bygestaan deur 'n senaat van ouer, wyser manne.
Figure 4
Figure 4 (graphics4.png)
  1. Rome het geweldig uitgebrei. Die een na die ander groep is oorwin en 'n magtige ryk is na die weste en die ooste en in Noord-Afrika opgebou. Generaals, soos Julius Caesar, het die provinsies beheer. Die konsuls het mettertyd beheer verloor oor die generaals. Opstande en oorloë het gevolg.
Figure 5
Figure 5 (graphics5.png)
  1. Toe Julius Caesar Rome aanval en self wou koning word oor die Ryk, het sy teenstanders hom in 44 v.C. in die senaatsaal doodgesteek. So het die Republiek ineengestort. Teen 31 v.C. het Octavianus (genoem Augustus) die eerste keiser van die groot Romeinse Ryk geword.

Maar voortdurende oorloë het later die magtige Romeinse Ryk lamgelê. In 455 n.C. is die Ryk deur 'n sterk stam, die Vandale, binnegeval en verower....

a) Nou weet jy hoe die Romeinse Ryk uitgebrei het. Lees die volgende legende om uit te vind hoe die hoofstad, Rome, aan sy naam gekom het ....

Mars, die oorlogsgod, moes sy twee seuns (Romulus en Remus) in 'n wiegie langs die Tiberrivier agterlaat. Daar het 'n wyfiewolf die twee babas gekry en met haar melk begin voed. Eendag het 'n skaapwagter die babas egter alleen in die veld gekry. Hy het hul saamgeneem en as sy eie seuns grootgemaak. Toe hulle groot was, het hulle op die plek waar die skaapwagter hulle gekry het, 'n stad aangelê. Die tweeling het stry gekry, en Romulus het vir Remus in 'n woedevlaag doodgemaak. Daarna het Romulus Rome na homself vernoem.

Figure 6
Figure 6 (graphics6.png)

AKTIWITEIT 2

OM BEWUS TE WEES VAN DIE VERSKILLENDE SIENINGS VAN DIE LEWE IN ROME

[LU 1.3]

Dit is interessant om te weet dat ryk en arm Romeine se leefwyse baie verskil het. Julle sal dit veral oplet by hul (a) tipe werk, (b) eetgewoontes en (c) wonings.

Die rykmense het skatryk geword, onder meer uit handeldryf, (bv. in slawe of voedsel vir die leër) en mynbou. Hul vrouens het slawe gebruik, selfs om hul hare te doen, te grimeer en aan te trek.

Daarenteen is manlike en vroulike slawe is by slawemarkte gekoop en verkoop. Soms is 'n hele verowerde stad se inwoners as slawe verkoop. Hulle is dan op 'n veiling nakend vertoon met kennisgewings om die nek. Jong seuns en geleerde slawe was die gewildste. (Hoekom?) Enigiemand met genoeg geld kon slawe koop. Soms is slawe mishandel en selfs doodgemaak as hul probeer wegloop het. Slawe is gebruik om die volgende take te verrig:

Vroue is gebruik as haarkappers, kleremakers, kokke en bediendes.

Mans moes silwerware, potte, panne en wapens in klein werkswinkels vervaardig.

Party slawe moes harde werk in myne verrig. Die omstandighede ondergronds was haglik, met talle veiligheidsrisiko's.

Op die landgoedere moes slawe spit, ploeg en ander noodsaaklike take verrig.

Publieke slawe moes help paaie bou, belastings invorder, akwadukteherstel en ook as klerke optree.

a) Voltooi onderstaande strokiesprent om aan te dui dat slawe of ryk mense 'n besonder belangrike rol in die Ryk vervul het. (Jy kan ook jou eie prent saamstel!)

Figure 7
Figure 7 (graphics7.png)

Die Romeine se stapelvoedsel was koringbrood met kaas en bier of pap met kruie, groente en olywe aangevul met ander geurmiddels. Verder was hulle ook lief vir vrugte, heuning, eiers, dadels en wyn. As hulle dit so verkies het, kon hulle hul eie kos by die openbare bakkery laat gaarmaak. Vir besondere geleenthede is spesiale gaste uitgenooi na 'n dinee waar sewe verskillende soorte vleis, asook vis, vrugte en uitsoekwyne deur slawe bedien is. By sulke geleenthede kon hulle vir ure aaneen eet en gesels terwyl slawe die vlieë met pouveerwaaiers moes weghou. Bestudeer meegaande spyskaart vir ‘n Romeinse dinee!

Figure 8
Figure 8 (graphics8.png)

b) Stel nou jou eie SPYSKAART vir 'n gewone of ryk gesin vir ‘n dag op. Jy kan self besluit vir watter etes.

c) Ryk mense kon weelderige villas in die dorpe of op 'n landgoed besit. Bestudeer eers in pare meegaande rekonstruksie van 'n herehuis in Pompeii – 'n Romeinse stad wat in 79 n.C. na 'n vulkaniese uitbarsting onder lawa begrawe is. Verbind die nommers met die korrekte beskrywing.

Figure 9
Figure 9 (graphics9.png)
Table 1
  Trap wat na slaapkamer lei (Slaapkamers was meestal klein met min meubels.)
  Slaapkamers
  Bo-vertrek
  Binneplaas met blombeddings/struike (Argeoloë het tydens opgrawings selfs sade van die oorspronklike plante hier gevind.)
  Ontvangs- of studeerkamer
  Winkel
  Vernaamste woonvertrek met 'n slaapkamer langsaan
  Eetvertrek met 3/4 rusbanke waarop eters gesteun/gelê het
  Ingangsportaal (mosaïek op vloer uitgewerk)
  Kombuis (oonde met houtskool gestook)

Die armer mense in Rome het in houthuisies, huurkamers (teen 27 v.C. was daar omtrent 45 000) of in vertrekke bokant winkels – soms tot vyf verdiepings hoog – gebly. Party plekke het inmekaargeval omdat bouers swak materiaal gebruik het. Die boonsteverdiepings het nie water gehad nie. (Hoekom?) Meubels het meestal bestaan uit een of twee lamlendige beddens en 'n sitbank en stoele. Huurders moes openbare toilette gebruik. In die winter is daar met houtskool vuur gemaak. Vrouens het hul eie klere geweef nadat hulle garedraad daarvoor op 'n spinwiel gespin het. Die meeste huise het slegs 'n venstertuin gehad.

d) Gestel jy is 'n slaaf wat in beheer is van die herehuis of die inwoner van ‘n huurkamer. Vertel hoe jou dag/aand sal verloop indien 'n belangrike besoeker kom oorbly.

Assessering

LEERUITKOMS 1: HISTORIESE ONDERSOEK – Die leerder is in staat om ondersoekvaardighede te gebruik om die verlede en die hede te ondersoek

1.1 Bekom die bronne. Begin om ekstra vrae oor gebeure, artefakte, plekke, mense te vra wat in moeilikheidsgraad wissel

1.2 Gebruik die bronne. Kan bladsyverwysings gebruik

Weet watter bronne (boeke) oor spesifieke onderwerpe inligting verskaf vir ‘n taak/uitstalling

  • Kommunikeer inligting uit bronne (verslaggewing).

Kan inligting op ‘n diagram, kaart, skets verduidelik

Kan mondeling of skriftelik ‘n gebeurtenis uit die verlede verduidelik

Memorandum

AKTIWITEIT 2

(c) 1, 7, 10, 3, 6, 8, 2, 4, 9, 5

Collection Navigation

Content actions

Download:

Collection as:

PDF | EPUB (?)

What is an EPUB file?

EPUB is an electronic book format that can be read on a variety of mobile devices.

Downloading to a reading device

For detailed instructions on how to download this content's EPUB to your specific device, click the "(?)" link.

| More downloads ...

Module as:

PDF | EPUB (?)

What is an EPUB file?

EPUB is an electronic book format that can be read on a variety of mobile devices.

Downloading to a reading device

For detailed instructions on how to download this content's EPUB to your specific device, click the "(?)" link.

| More downloads ...

Add:

Collection to:

My Favorites (?)

'My Favorites' is a special kind of lens which you can use to bookmark modules and collections. 'My Favorites' can only be seen by you, and collections saved in 'My Favorites' can remember the last module you were on. You need an account to use 'My Favorites'.

| A lens I own (?)

Definition of a lens

Lenses

A lens is a custom view of the content in the repository. You can think of it as a fancy kind of list that will let you see content through the eyes of organizations and people you trust.

What is in a lens?

Lens makers point to materials (modules and collections), creating a guide that includes their own comments and descriptive tags about the content.

Who can create a lens?

Any individual member, a community, or a respected organization.

What are tags? tag icon

Tags are descriptors added by lens makers to help label content, attaching a vocabulary that is meaningful in the context of the lens.

| External bookmarks

Module to:

My Favorites (?)

'My Favorites' is a special kind of lens which you can use to bookmark modules and collections. 'My Favorites' can only be seen by you, and collections saved in 'My Favorites' can remember the last module you were on. You need an account to use 'My Favorites'.

| A lens I own (?)

Definition of a lens

Lenses

A lens is a custom view of the content in the repository. You can think of it as a fancy kind of list that will let you see content through the eyes of organizations and people you trust.

What is in a lens?

Lens makers point to materials (modules and collections), creating a guide that includes their own comments and descriptive tags about the content.

Who can create a lens?

Any individual member, a community, or a respected organization.

What are tags? tag icon

Tags are descriptors added by lens makers to help label content, attaching a vocabulary that is meaningful in the context of the lens.

| External bookmarks