AFRIKAANS HUISTAAL
Graad 4
DIE GEDRUKTE WOORD
Module 23
SOORTE SINNE EN KOMPONENTE VAN SINNE
Aktiwiteit 1
Om ‘n advertensie te skryf [LU 4.1.3]
Om kernsinne te skryf [LU 4.4.3]
(a) Skryf nou jou eie geklassifiseerde advertensie waarin jy jou fiets adverteer. (Raadpleeg die koerant.)
.............................................................................................................

Ek het die volgende berig gister in die koerant gelees. Verdeel in groepe van twee en dan lees jy en jou maat die berig hardop vir mekaar.
Tienjarige Beseer na Val op Berg
Daar was gister weer 'n bergklimongeluk op Tafelberg. Vyf kinders tussen die ouderdom van 10 en 14 jaar het die berg geklim sonder volwasse toesig. 'n Seun, die tienjarige Wian Vosloo, het gegly en 5 meter ver geval! Hy het sy linkerbeen gebreek en is vol snye en kneusplekke.
"Ons was amper bo toe Wian se voet gegly het", vertel Susan Reyneke, 14, en leier van die groep. Ek het vir hom geskree: "Pasop! Jy gaan val! Hou vas aan die takke!" Sy het egter te laat gewaarsku. 'n Ander seun, Eldrid Pieterse, het gaan hulp soek. Lede van die Bergklimklub en 'n dokter van Metro het die nag by Wian deurgebring, aangesien dit te laat was om hom berg-af te bring. Hy is in die hospitaal opgeneem en sy toestand is bevredigend. Behoort sulke jong kinders toegelaat te word op so 'n gevaarlike uitstappie? Hoekom laat ouers dit toe, of weet hulle nie waar hulle kinders is nie?
Aktiwiteit 2
Om uitroep-, bevel- en vraagsinne te identifiseer [LU 6.2.1]
Om punktuasie korrek te gebruik [LU 6.2.10]
(a) In hierdie berig maak die verslaggewer van verskillende leestekens gebruik:
(i) 'n Punt (.) aan die einde van 'n sin;
(ii) 'n Komma (,) om 'n effense ruspouse aan te dui; voor want, maar en omdat; wanneer jy 'n klomp dinge opnoem.
(iii) Aanhalingstekens (" ") word gebruik om die direkte woorde van 'n persoon aan te dui.
(iv) 'n Uitroepteken (!) aan die einde van 'n sin wanneer jy iets uitroep, soos byvoorbeeld: Pasop! Help my! Ons noem so 'n sin 'n uitroepsin. Wanneer jy vir iemand sê wat hy moet doen, gebruik jy 'n bevelsin en word daar ook 'n uitroepteken geplaas, soos byvoorbeeld: Gaan sit!
(b) Onderstreep die volgende soorte sinne in die berig en nommer hulle ook:
(i) 'n sin met 'n punt aan die einde;
(ii) 'n uitroepsin;
(iii) 'n bevelsin; en
(iv) 'n vraagsin.
(c) Voorsien die volgende sinne van 'n vraagteken of 'n uitroepteken en skryf onder die sin of dit 'n vraagsin, bevelsin of uitroepsin is.
(i) Moenie so raas nie
.....................................................................................................

(ii) Help, ek sit vas
.....................................................................................................
.....................................................................................................
(iii) Watter een is joune
.....................................................................................................
.....................................................................................................
(iv) Sit en bly nou stil
.....................................................................................................
.....................................................................................................
(v) Lees jy elke dag 'n koerant
.....................................................................................................
.....................................................................................................
(vi) Sjoe, die warm teer brand my voete
...................................................................................................

Aktiwiteit 3
Om woorde te verdeel [LU 6.1.7]
Die sportredakteur het die volgende beriggie gekry om na te sien. Ek is seker jy sien ook die foute raak.
Pieter le Roux is tans die vinn-
igste 400m hekkiesatleet nada-
t hy Saterdag die rekord verb-
eter het. Hy het die rekord twe-
e keer verbeter die afgelope seis-
oen. Daar word nog hoë verwag-
tinge van hom gekoester.
Pieter Pietersen
(a) Wanneer ons woorde in kleiner deeltjies verdeel, verdeel ons dit in lettergrepe. Dit help ons om 'n woord makliker te spel en dui ook vir ons aan waar jy 'n woord kan afbreek. Verdeel die volgende woorde in lettergrepe sodat hulle reg afgebreek kan word. Ons verdeel 'n woord in lettergrepe met skuins strepe, bv. hek/kies/at/leet.
(i) vinnigste
(ii) nadat
(iii) verbeter
(iv) twee
(v) seisoen
(vi) verwagtinge
Aktiwiteit 4
Om kennis te maak met die verskillende komponente waaruit sinne bestaan [LU 6.2.2]
Hier volg 'n paar koerantopskrifte. Ek gaan vir julle wie-, wat-, waar-, hoe-, waarom- en wanneer-vrae stel oor die opskrifte.
Hier is twee voorbeelde:
Belowende spelers besoek tenniskliniek
WIE? - belowende spelers
WAT? - besoek tenniskliniek
Halfbewustelose man gevind ná nag op berg
WIE? - halfbewustelose man
WAT? - gevind
WANNEER? - na nag
WAAR? - op berg
(a) NAMIBIË-kind ná vyf dae weer met sy ouers herenig
WIE? - .........................................................................................
..........................................................................................
WAT? - ..........................................................................................

WANNEER? ..........................................................................................

(b) Jaarlikse somertoernooi aanstaande maand in die Kaap gehou
WIE? - ..........................................................................................
..........................................................................................
WAT? - ..........................................................................................
..........................................................................................
WANNEER? ..........................................................................................
..........................................................................................
(c) Vir dié mooies van oor die wêreld kan jy op Afrikaans dagsê
VIR WIE? - ...........................................................................................
...........................................................................................
VAN WAAR? .........................................................................................
...........................................................................................
WAT? ...........................................................................................
...........................................................................................
HOE? ...........................................................................................
...........................................................................................
(d) Groep betoog oor diereregte
WIE? - ...........................................................................................
...........................................................................................
WAT? - ...........................................................................................
...........................................................................................
HOEKOM? ...........................................................................................
...........................................................................................
Het jy geweet dat jy deur middel van koerante baie sakgeld kan verdien? As jy soggens die koerant by die lesers se huise gaan aflewer, kan jy 'n hele klomp geld verdien. 'n Mens kan by die koerant se plaaslike kantoor navraag doen. Kyk ook by die geklassifiseerde advertensies of so 'n vakature geadverteer word. ('n Vakature is 'n werk wat geadverteer word.)
Assessering
LEERUITKOMS 4: SKRYF
Die leerder is in staat om verskillende soorte feitelike en verbeeldingstekste vir ‘n wye verskeidenheid doeleindes te skryf.
Dis duidelik wanneer die leerder:
4.1 verskeie soorte tekste vir verskillende doeleindes en teikengroepe skryf:
4.1.3 verskeie mediatekste vir verskillende teikengroepe skryf en ontwerp (soos plakkate, strokiesverhale, eenvoudige brosjures);
4.4 kennis van taal op verskeie vlakke toepas:
4.4.3 kern- en ondergeskikte sinne gebruik om ‘n samehangende paragraaf te skryf.
LEERUITKOMS 6: TAALSTRUKTUUR EN –GEBRUIK
Die leerder ken en is in staat om die klanke, woordeskat en grammatika van die taal te gebruik om tekste te skep en te interpreteer.
Dis duidelik wanneer die leerder:
6.1 werk met woorde:
6.1.7 korrekte woordverdelings herken;
6.2 werk met sinne:
6.2.1 stel-, vraag- bevelsinne en uitroepe korrek gebruik;
6.2.2 begryp dat sinne uit verskillende komponente bestaan (onderwerp, voorwerp, gesegde) en verstaan die funksie van elk;
6.2.10 hoofletters en punktuasie korrek gebruik: punt, komma, vraagteken, uitroep, aanhalingstekens.
Memorandum
Aktiwiteit 1 Eie advertensie
Aktiwiteit 2(c) (i) Moenie so raas nie! (uitroep)
- (i) Help, ek sit vas! (uitroep)
- (ii) Watter een is joune? (vraag)
- (iii) Sit en bly nou stil! (uitroep)
- (iv) Lees jy elke dag koerant? (vraag)
- (v) Sjoe, die warm teer brand my voete! (uitroep)
Aktiwiteit 3 (i) vin/nig/ste
- (i) na/dat
- (ii) ver/be/ter
- (iii) twee
- (iv) sei/soen
- (v) ver/wag/ting/e
Aktiwiteit 4(a)
- Namibië-kind
- weer met sy ouers herenig
- ná vyf dae
(b)
- Jaarlikse somertoernooi (gehou)
- aanstaande maand
- in die Kaap
(c)
- van oor die wêreld
- Kan jy dagsê
(d)