Die leerder is in staat om taal vir dink en redeneer te gebruik en inligting vir leer te verkry, verwerk en gebruik.
Assesseringstandaard
Dis duidelik wanneer die leerder:
- inligting verwerk:
- oordeel baseer op inligting en gevolgtrekkings maak.
AFRIKAANS HUISTAAL
Graad 4
DIE GEDRUKTE WOORD
Module 29
ONS MOOI TAAL
Aktiwiteit 1
Om gevolgtrekkings te maak op grond van inligting [LU 5.3.6]
Verdeel in groepe van vier. Elkeen kry 'n beurt om 'n strofe te lees totdat die gedig een keer gelees is. Daarna lees elkeen die gedig een keer hardop.
Wolk-ry
'n Warrelwind skep my op in die lug
en los my op 'n wolk se rug.
Daar seil ek, en die mense onder
staan hulle boognek en verwonder.
Van Somersetstrand tot Rondebosch
het al wat leef sy werk gelos.
Oor Tafelberg breek my wolk in twee
en ek duik doemeloem in die see.
'n Visserskuit het my opgelaai
en teruggevat na Gordonsbaai.
Telefoon, radio en koerante
versprei my storie na alle kante.
Maar Pa het my aan die nek gevat
en uitgelooi met 'n kweperlat.
'Verstaan', sê hy, ' 'n mansmenskind
laat hom nie rondsmyt deur die wind.
'Nog minder loop hy rond en spog
met radio- en koerantebog.'
Ulrich Gerryts
(a) Beantwoord die volgende vrae noukeurig:
(i) Watter woordjie in die gedig sê vir ons dat 'n seun hier praat?
...................................................................................................................

(ii) Wat is 'n warrelwind?

(iii) Waar dink jy bly hierdie seuntjie?
...................................................................................................................
...................................................................................................................
...................................................................................................................
(iv) Hulle sê die telefoon, radio en koerante versprei die storie. Hoe weet ons dat hierdie gedig lank gelede geskryf is?
...................................................................................................................
...................................................................................................................
...................................................................................................................
(v) As hierdie gedig 'n berig in die koerant was, wat sou die opskrif van die berig kon wees?
...................................................................................................................
...................................................................................................................
...................................................................................................................
![]() |
IETS OM TE DOEN
HERWINNING
Wat doen julle huisgesin met die koerante en tydskrifte wat julle klaar gelees het?
Het jy geweet jy kan daarmee geld verdien? Daar is 'n hele paar maatskappye wat gebruikte papier koop om dit weer te verwerk.
Jy en jou maats kan een keer per week ou koerante en tydskrifte in julle woonbuurt bymekaar maak. Vra dan vir iemand (miskien een van julle pa's) met 'n bakkie om dit vir julle na so 'n maatskappy te vervoer.
'n VRAGIE aan jou: Is jy al lid van julle dorp se biblioteek? Indien nie, moet jy so gou moontlik gaan aansluit!
![]() |
Aktiwiteit 2
Om idiomatiese taal te leer gebruik [LU 6.4.4]
IDIOMATIESE TAALGEBRUIK
![]() |
Gebruik die sketse van diere as leidrade om IDIOME van af te lei.
![]() |
(a) (blaf; byt)
![]() |
(b) (weg; baas)
![]() |
(c) (dik; koring)
![]() |
(d) (semels; vreet)
![]() |
(e) (agteros)
![]() |
(f) (fluit)
![]() |
(g) (gegewe; bek)
(a) .....................................................................................................................
(b) .....................................................................................................................
(c) .....................................................................................................................
(d) .....................................................................................................................
(e) .....................................................................................................................
(f) .......................................................................................................................
(g) .....................................................................................................................
Assessering
Die leerder is in staat om taal vir dink en redeneer te gebruik en inligting vir leer te verkry, verwerk en gebruik.
Dis duidelik wanneer die leerder:
Die leerder ken en is in staat om die klanke, woordeskat en grammatika van die taal te gebruik om tekste te skep en te interpreteer.
Dis duidelik wanneer die leerder:
Memorandum
Aktiwiteit 1
(i) mansmenskind
Seun kry ‘n rit op ‘n wolk
Aktiwiteit 2(a)
(i) Blaffende hond byt nie.
(ii) As die kat weg is, is die muis baas.
(iii) As die muis dik is, is die koring bitter.
(iv) Meng jou met die semels, dan vreet die varke jou.
(v) Agteros kom ook in die kraal.
(vi) Fluit-fluit, my storie is uit.
(vii) Moenie ‘n gegewe perd in die bek kyk nie.
(b) (i) Iemand wat baie praat, kry nie veel gedoen nie.
(ii) As die grootmense nie tuis is nie, doen die kinders net wat hulle wil.
(iii) As jy genoeg geëet het, smaak die lekkerste kos nie meer lekker nie.
(iv) As jy met slegte mense meng, moet jy verwag om teëspoed te kry.
(v) Die stadigste kry ook klaar.
(vi) My werk is klaar.
(vii) Moenie iets wat jy present gekry het, kritiseer nie.