Ons land benodig entrepreneurs. Die regering en die eienaars van groter besighede kan nie aan alle inwoners van ons land werk voorsien nie. Mense moet hul eie werk skep en hulle eie talente gebruik om werksgeleenthede vir hulself en ook ander te skep.
Om vir jouself te werk, hou baie voordele in. Kan jy aan ‘n paar dink? Bespreek dit gerus eers in die kleiner groepe.
............................................................................................................................

Ja, as entrepreneur kan jy:
- vir jouself werk;
- werk wanneer jy wil;
- jou talente en vaardighede tot voordeel van jouself gebruik;
- ondervinding in jou belangstellingsrigting opdoen;
- goeie geld verdien, indien jy jou besigheid reg bestuur.
Jy moet bereid wees om hard te werk en jou besigheid reg te bestuur ten einde ‘n sukses daarvan te maak.
- Voorbeeld van ‘n entrepreneur
Aktiwiteit 1
Om te leer hoe wins gemaak word {LU 4.2, 4.3]
Sonja is ‘n graad 4-leerder wat daarvan hou om haar eie sierpapier te maak. Sy verkoop dit dan by haar skool se markdag en maak ook spesifieke tipes papier op bestelling. Sonja het geld by haar ma geleen om haar eerste benodigdhede aan te koop.
Kom ons help Sonja om te besluit of haar “besigheid” die moeite werd is, en of sy genoeg geld daaruit gaan verdien.
Vir 100 velle skryfpapier benodig sy:
6 rolle toiletpapier @ ± R1,45 per rol
2 filtreerlappe @ ± R0,60 per lappie
water
½ koppie Jik @ ± R0,50
Sy verpak die papier in pakkies van 10 velle met koeverte, wat sy ook van die papier maak. Sy vra R5 vir een pakkie wat ook met ‘n lint (50c) versier is.
- (a) Wat kos dit haar om 100 velle papier met koeverte te maak en in pakkies van 10 te verpak?
......................................................................................................
- (a) Watter bedrag ontvang sy, indien sy al 10 pakkies verkoop?
......................................................................................................
- (a) Het sy enige geld oor nadat sy aan haar ma die geld terug betaal het wat sy aan die begin geleen het? Hoeveel het sy oor?
Dit wil voorkom asof Sonja heel goed kan vaar met haar besigheid, indien sy alles goed beplan. Sou jy nie ook graag ‘n entrepreneur wil word nie?