Skip to content Skip to navigation

Connexions

You are here: Home » Content » Stoffel se uitspringkaartjie

Navigation

Lenses

What is a lens?

Definition of a lens

Lenses

A lens is a custom view of the content in the repository. You can think of it as a fancy kind of list that will let you see content through the eyes of organizations and people you trust.

What is in a lens?

Lens makers point to materials (modules and collections), creating a guide that includes their own comments and descriptive tags about the content.

Who can create a lens?

Any individual member, a community, or a respected organization.

What are tags? tag icon

Tags are descriptors added by lens makers to help label content, attaching a vocabulary that is meaningful in the context of the lens.

This content is ...

In these lenses

  • GETIntPhaseTech display tagshide tags

    This module is included inLens: Siyavula: Technology (Gr. 4-6)
    By: Siyavula

    Review Status: In Review

    Click the "GETIntPhaseTech" link to see all content selected in this lens.

    Click the tag icon tag icon to display tags associated with this content.

Recently Viewed

This feature requires Javascript to be enabled.

Tags

(What is a tag?)

These tags come from the endorsement, affiliation, and other lenses that include this content.
 

Stoffel se uitspringkaartjie

Module by: Siyavula Uploaders. E-mail the author

TEGNOLOGIE

Graad 4

MY EIE UITSPRINGKAARTJIE

Module 15

STOFFEL SE UITSPRINGKAARTJIE

Aktiwiteit 1

Om die tegnologieproses volledig toe te pas [LU 1.1]

In hierdie leereenheid gaan ons uitspringkaartjies ondersoek (1.1), ontwerp (1.2), maak (1.3) en evalueer (1.4).

  • Ondersoek
Figuur 1
Figuur 1 (graphics1.png)

A.Wat is julle behoefte?

Julle moet eers jul behoefte bepaal, ‘n ontwerpvoorstel daaroor skryf en die probleem verder ontleed en finale spesifikasies saamstel.

B.Maak ‘n voorstel oor wat julle gaan ontwerp (ontwerpvoorstel)

Ek gaan ‘n ........................................................................ (soort kaartjie) vir

................................................................(gebruiker) ontwerp om in of by die

........................................ (plek) te gebruik om .............................................

................................................................................................(nut daarvan).

C.Ontleed jul probleem verder

Die volgende W-vrae gaan julle baie help. Vra ook jou eie vrae.

Figuur 2
Figuur 2 (graphics2.png)

D.Stel 'n finale lys van SPESIFIKASIES saam. Oorweeg die volgende:

  • Hoe grootmoet die kaartjie wees?
  • Watter materiale gaan ek gebruik?
  • Wat gaan die goedkoopste wees?
  • Kan ek dit binne die beskikbaretyd maak?
  • Hoe gaan dit lyk? (Voorkoms)
  • Gaan ek iets kreatiefs/unieks maak?
  • Duursaamheid: gaan die kaartjie sterk genoeg wees?
  • Ek moet dit self kan maak.
  • Hoe gaan die vorm van die kaartjie lyk?
  • Hoe gaan ek dit afwerk?
  • Gaan my kaartjie aan sy doel beantwoord?
  • Sal ek my kaartjie kan bemark of verkoop?

Nou kan ons begin om die kaartjie te ontwerp!

  • Ontwerp
Figuur 3
Figuur 3 (graphics3.png)

A.Gesels weer oor jul idees

  • Dink op papier. Baie moontlikhede gee jou mos ‘n beter kans om ‘n werklike goeie oplossing te vind.
  • Dit is baie onwaarskynlik dat jou eerste idee die beste sal wees. Probeer om minstens DRIE moontlike oplossings (idees) te teken.
    Figuur 4
    Figuur 4 (graphics4.png)
    Figuur 5
    Figuur 5 (graphics5.png)

B.Besluit op jou beste idee!

Wenke

  • Kommunikeer julle idees met mekaar. Maak seker dit voldoen aan jou ontwerpvoorstel.
  • Gebruik vryhandsketse met byskrifte. Verander gedurig. (Maak gerus van kleur gebruik as jy wil.)

Vra voortdurend kritiese vrae terwyl jy teken:

  • Kan dit eenvoudiger wees?
  • Watter bewegende dele gaan daar wees?
  • Hoe verbind ek die verskillende onderdele met mekaar?
  • Gebruik ek die beste materiale?
  • Is dit bekostigbaar?
  • Hoe lyk dit?
  • Kan ek dit self maak (betyds)?

Teken jou finale idee netjies oor en versier dit in kleur. Jy mag tekengereedskap gebruik as jy wil.

  • Maak

Figuur 6
Figuur 6 (graphics6.png)

Hoe maak mens ‘n uitspring (“pop-up”)-meganisme?

Figuur 7
Figuur 7 (graphics7.png)
Figuur 8
Figuur 8 (graphics8.png)
Figuur 9
Figuur 9 (graphics9.png)
  • Vou ‘n wit, ongelinieerde A4-bladsy sodat dit uit twee ewe groot dele bestaan.
  • Maak twee snitte parallel aan mekaar in die papier.
  • Vou die papier oop met die gesnyde strook papier wat ‘n 90°-hoek na binne vorm.
  • Plak nou ‘n gesiggie of enige ander prentjie op die voorkant van die strook.

A.Hoe om deeglik te beplan

Wanneer ‘n mens misluk om te beplan, beplan jy om te misluk!

TYD is baie belangrik – daarom moet ons deeglik beplan.

Aangesien soveel dinge amper gelyk gedoen moet word, moet jy jou werk so organiseer dat dit voltooi word sonder om tyd en energie te vermors. Daarom gaan ons vooraf ‘n skema opstel sodat jy jou tyd effektief kan benut. Dit maak natuurlik ook jou werk makliker! Goeie beplanning bespaar tyd en verseker ‘n beter eindproduk.

Aksies.........Materiale........Gereedskap

(i)Watter aksies moet ek voltooi?

Voorbeelde. Merk af sodra dit afgehandel is.

sekere dele maak

afwerk

verf

gom

afrond

uittoets

  1. (i) Watter materiale gaan ek gebruik?

Evalueer en vergelyk die verskillende materiale wat jy wil gebruik met mekaar, veral ten opsigte van:

  • beskikbaarheid daarvan;
  • koste daaraan verbonde;
  • maklik hanteerbaar of nie;
  • duursaamheid;
  • kleure.

(iii) Watter gereedskap gaan ek gebruik?

  • Werk veilig!
Figuur 10
Figuur 10 (graphics10.png)

Veiligheidsmessie

Figuur 11
Figuur 11 (graphics11.png)

Wees baie versigtig wanneer jy die papier of karton sny. Gebruik ‘n veiligheidsliniaal saam met die veiligheidsmessie.

1.4 Evalueer jou produkte en werk

Wees eerlik oor jou foute. Leer daaruit.

A. Voer eers ‘n gesprek met jou maat oor die volgende vraelys:

  • Het ek goeie navorsing en beplanning gedoen?

............................................................................................................

  • Kan ek die problemewat tydens die maakproses opgeduik het, maklik hanteer en oplos?

............................................................................................................

  • Voldoen my kaartjie aan sy spesifikasies?

............................................................................................................

  • Wat is die sterk en die swak punte van my kaartjie?

............................................................................................................

  • Sal ek volgende keer op dieselfde manier te werk gaan, indien ek weer dieselfde projek moet aanpak?

...........................................................................................................

  • Hoe kan ek my ontwerp wel verbeter?

............................................................................................................

  • Is ek tevrede met my “uitspring”-kaartjie? Hoekom?

............................................................................................................

  • Watter nut het my kaartjie vir ander mense?

............................................................................................................

  • Het ek dit geniet om die kaartjie te maak?

............................................................................................................

  • Watter probleme gaan ‘n minderbevoorregte outjie dalk hê om so ‘n kaartjie te maak?

.............................................................................................................

  • Watter nadele hou kaartjies in?

.............................................................................................................

Assessering

LEERUITKOMS 1: Tegnologiese Prosesse en Vaardighede

Die leerder is in staat om tegnologiese prosesse en vaardighede eties en verantwoordelik toe te pas deur toepaslike inligtings- en kommunikasietegnologie te gebruik.

Assesseringstandaard

Dis duidelik wanneer die leerder:

1.1 uitvind, met hulp, oor die agtergrondkonteks (bv. mense, omgewing) wanneer ‘n probleem, behoefte of geleentheid gegee word.

Content actions

Download module as:

PDF | EPUB (?)

What is an EPUB file?

EPUB is an electronic book format that can be read on a variety of mobile devices.

Downloading to a reading device

For detailed instructions on how to download this content's EPUB to your specific device, click the "(?)" link.

| More downloads ...

Add module to:

My Favorites (?)

'My Favorites' is a special kind of lens which you can use to bookmark modules and collections. 'My Favorites' can only be seen by you, and collections saved in 'My Favorites' can remember the last module you were on. You need an account to use 'My Favorites'.

| A lens I own (?)

Definition of a lens

Lenses

A lens is a custom view of the content in the repository. You can think of it as a fancy kind of list that will let you see content through the eyes of organizations and people you trust.

What is in a lens?

Lens makers point to materials (modules and collections), creating a guide that includes their own comments and descriptive tags about the content.

Who can create a lens?

Any individual member, a community, or a respected organization.

What are tags? tag icon

Tags are descriptors added by lens makers to help label content, attaching a vocabulary that is meaningful in the context of the lens.

| External bookmarks