Musiek
Aktiwiteit 1:
Om eenvoudige melodieë te lees
[LU 1.6]
Stap 1
Luister na gedeeltes van “I just can’t wait to be king” en “Can you feel the love tonight?“ uit “Lion King”.
Stap 2
Kan jy die volgende twee frases saamsing?
“ I’m gonna be a mighty king, so enemies beware!” en
“ Can you feel the love tonight, the peace the evening brings?”
Stap 3
Trek ‘n grafiek van die twee melodieë om styging en daling (toonhoogte) uit te beeld:
| I’m gonna be a mighty king, so enemies beware! |
| Can you feel the love tonight, the peace the evening brings? |
Stap 4
![]() |
Gee die lettername van die note op die lyne:
Gee die lettername van die note in die spasies:
Stap 5
Bestudeer die gegewe notasie en voer dan die opdragte uit:
(i) Teken grafieke van die gegewe notasie-voorbeelde.
Is daar enige ooreenkomste met die grafieke in STAP 3?
Stap 6
(ii) Kies die regte titel vir elke notasie-voorbeeld.
Stap 7
(iii) Voeg die lettername van die note by.
![]() |
TITEL:
![]() |
| Grafiek | ||||
| Lettername |
TITEL:
![]() |
| Grafiek | ||||
| Lettername |
Aktiwiteit 2:
Om handtegnieke vir trom te ondersoek
[LU 1.6]
![]() |
Speel op ‘n Djembe! As jy nie een tot jou beskikking het nie.............
![]() |
Hoe verkry ons klank op strykinstrumente?
Hoe verkry ons klank op ‘n blaasinstrument?
Hoe verkry ons klank op ‘n trom?
- In die middel – laer basklank
- By die kant – hoër klank
- Met die volhand, oop en plat, (kap-aksie) in die middel van die tromkop: lae klank (“bass”)
- Met al die vingers aan die kant van die tromkop: hoë klank (“tone”).
![]() |
Handtegiek en Vingertegniek
Oefen die volgende moontlikhede:
| R | L | r | l |
| - Regterhand (plathand). - Middel van trom (lae klank). | - Linkerhand (plathand). - Middel van trom (lae klank). | - Regterhand (vingers). - Kant van tromkop (hoë klank). | - Linkerhand (vingers). - Kant van tromkop (hoë klank). |
Aktiwiteit 3:
Om eenvoudige ritme-patrone op trom te speel
[LU 1.6]
![]() |
Hoe klink ‘n mens se hartklop? (laaank-kort)
Aktiwiteit 4:
Om musikale frases te improviseer
[LU 1.6]
Stap 1 (inleidend)
![]() |
PATRONE
Kan jy die volgende ontsyfer EN speel?
| 1 | 2 | 3 | 4 | 1 | 2 | 3 | 4 |
| R | R | ||||||
| R | L | R | L | ||||
| R | L | R | L | ||||
| l | R | l | r | L | R | l | r |
| l | l | r | L | l | r | ||
| l | r | l | l | r | l | ||
| l | R | l | R | ||||
| R | l | r | l | R | l | r | l |
Probeer nou twee patrone kombineer:
| 1 | 2 | 3 | 4 | 1 | 2 | 3 | 4 |
| R | L | l | r | l | |||
| l | R | L | R | l | r | ||
| l | r | l | R | L | |||
| R | L | R | L | ||||
| R | l | r | l | R | l | r | l |
| R | l | R |
Lied van die Dobbelsteen:
Benodigdhede:
![]() |
Voorbereiding:
Verdeel in ses groepe: nommers 1 tot 6.
Elke groep skep ‘n ritme-patroon in vier maatslag (agt tellings in totaal).
Besluit watter handtegnieke julle gaan gebruik.
Besluit waar julle dinamiek gaan gebruik: hard of sag, crescendo (geleidelik harder) of diminuendo (geleidelik sagter).
OEFEN die patroon totdat julle dit ken! Tel hardop saam.
Die komposisie:
Juffrou (of leerders) gooi die dobbelsteen ‘n paar maal en skryf die volgorde van die nommers op die bord neer.
Die groepe speel nou in die volgorde wat deur die dobbelsteen bepaal is. Bv. 1 6 4 1 2 5 1 ens.
Hierdie tipe musiek is in werklikheid Kansmusiek, een van die genres van 20ste eeu se klassieke musiek. Daar word ook selfs beweer dat Mozart soms hierdie metode gebruik het!
Moenie tussenin stop nie! Tel nog steeds 1 – 2 – 3 – 4 – 1 – 2 – 3 – 4 – ens.
Om te eindig: Al die groepe speel saam hulle patrone twee maal. Luister na jou opvoeder – sy sal aandui hoe om geleidelik vinniger en harder te speel om sodoende op ‘n hoogtepunt te eindig. Almal eindig met hulle hande in die lug!
| Leeruitkomstes(LUs) |
| LU 1 |
| SKEPPING, INTERPRETERING EN PRESENTERINGDie leerder kan in elk van die kunsvorme skep, interpreteer en werk presenteer. |
| Assesseringstandaarde(ASe) |
| Dit is duidelik wanneer die leerder: |
| MUSIEK |
| 1.6 fokus op ‘n verskeidenheid Suid-Afrikaanse musiekvorms; |
|
|
|
|